Kan dié verslag mediese sorg regruk?
Die privaat gesondheidsorg mark is onder skoot in ’n ondersoek – is finansiële verligting vir siekes nou in sig?
SIEK of gesond, die koste van mediese dienste is op almal se lippe noudat die voorgestelde Nasionale Gesondheid s versekering ( NGV) druk bespreek word. En terwyl privaat hospitale, dokters in privaat praktyk en mediese skemas onder die vergrootglas is, maak ’n plofbare verslag opslae.
In’ n ondersoek deur die Mededinging skommissie na die privaat gesondheidsorg mark is gevind mededinging is skaars in dié bedryf waar te veel privaat hospitale in die besit is van net ’n hand vol groot hospitaalgroepe. ’n Opspraakwekkende bevinding in die voorlopige verslag is dat privaat hospitale dokters aanmoedig om pasiënte selfs onnodig te laat hospitaliseer. Nog ’n turksvy is die magdom opsies wat mediese skemas aan verbruikers bied – iets wat dit bitter moeilik maak om die regte een te kies.
Die privaat gesondheidsorg mark word gekenmerk deur ’n hoë en stygende koste van mediese sorg, lui die verslag.
Hoe skrikwekkend hoog dié koste kan styg, het Joan Malan (67) ontdek toe sy verlede jaar ’ n rekening van ’ n volle R24 000 van ’ n spesialis- chirurgiese gastroënteroloog ontvang het wat by ’n privaat hospitaal in Kaapstad praktiseer.
“En dit was nog net vir die ondersoek,” vertel dié pensioentrekker. “Sy tarief was 500% duurder as die gewone mediese tarief. En toe wil hulle die geld binne 30 dae hê.”
Sy het haar “morsdood geskrik”, want sy het geweet haar mediese skema sou nie dié rekening betaal nie. Ná raad van haar prokureur het sy daarop aangedring om die rekening maandeliks af te betaal. “Hulle was nie gelukkig nie, maar ek het van Mei verlede jaar tot Januarie vanjaar afbetaal. Ek het gedink dit is regtig daylight robbery.”
Nog ’ n skok het op haar gewag toe sy daarna ’n nuwe bril moes kry. “Toe ek die bril gaan haal, ontdek ek my skema betaal net R2 200 en my deel is R3 400. Toe’s ek amper weer lam.”
Wat beteken die verslag se bevindings vir verbruikers soos Joan wat al lank kla oor duur privaat mediese sorg? En beteken dit billiker privaat mediese sorg is dalk op die horison?
WAAROM DIE ONDERSOEK?
Die Mededinging s kommissie het hul ondersoek, met oudhoofregter Sandile Ngcobo as voorsitter, onderneem uit kommer oor die hoë en stygende koste van privaat gesondheidsorg in SuidAfrika, sê die ondersoekpaneel in hul verslag. Daarby raak gesondheid sversekering( mediese skemas) luidens die verslag “onbekostigbaar”. Voorts heers kommer oor spesialis teen gesondheid s geriewe wa tin stedelike gebiede gekonsentreer is, terwyl mense op die platteland moeilik by dié dienste kan uitkom.
In sy uitsprake oor die beplande NGV het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, al dikwels verwys na die hoë koste van privaat gesondheidsorg. Dit het die vermoede laat ontstaan dat die ondersoek na privaat sorg dalk die weg vir die NGV moes help baan.
Tog meen dr. Paula Armstrong, ’n senior ekonoom en gesondheidsorgkenner van die Wes-Kaapse konsultasiegroep Econex, dis blote toeval dat dié verslag ná vele vertragings in dieselfde tyd uitgereik is as wanneer die NGV- en medieseskema-wetsontwerpe vir openbare kommentaar voorgelê word. “Die ondersoek is spesifiek ingestel om die stand van mededinging in die privaat gesondheidsorg sektor te ondersoek ,” sê sy.
Die paneel beskryf hul ontleding van
‘Sy tarief was 500% duurder as die gewone tarief’
‘Pasiënte word ál meer vir ál langer tye opgeneem’
onder onde meer sowat 90% van die inligting van mediese skemas oor ’n periode van vyf jaar as die “omvattendste dste on ondersoek tot nog toe om privaat bes besteding in gesondheidsorg te verk verklaar”. Onder die paneellede is prof. Sharon Fonn van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se fakulteit gesondheidswetenskappe, die buitelandse gesondheidsorgken- ner Cees van Gent, wat by ’n soort- gelyke ondersoek in Nederland be- trokke was, en adv. Clint Oellermann, n, ondersoekdirekteur. Alle belanghebb bers – van hospitaalgroepe en mediese skemas tot medici en verrbruikers – kon insette lewer.
WAT HET DIE KOMMISSIE BEVIND?
Terwyl mediese skemas se premies en ook bybetalings bly styg, neem die dienste wat daardeur gedek word af, is onder meer bevind. Watter dienste gedek word en tot watter mate, verskil van een opsie tot ’n ander. Lede van skemas kan uit ’n magdom opsies kies, “almal moeilik om volkome te verstaan”.
Die verbruikers van mediese dienste word in die verslag as “oningelig’’ en “ontmagtig” bestempel. Hul keuse van mediese dienste berus nie noodwendig op waarde vir geld nie. Hulle trek ook aan die kortste end weens ’n gebrek aan doeltreffende maatreëls om te voorkom dat mediese dienste onnodig aan hulle gelewer word.
Van die verdoemende bevindings is:
Daar is oormatige dienslewering, oftewel onnodige behandelings, wat mediese rekenings opjaag. Pasiënte word ál meer in hospitale opgeneem vir ál langer tye en ontvang intensiewer en duurder vorme van behandeli behandeling as wat nodig is.
Die gemiddelde koste vir lede van “oop” mediese skemas (skemas wat nie beperk is tot die werknemers van ’n sekere maatskappy nie) het byvoorbeeld van 2010 tot ’14 jaarliks met 9,2% gestyg. Die “onverklaarbare deel” van die styging wat nie aan normale faktore soos inflasie toegeskryf kan word nie, is dikwels aan hospitaalkoste te wyte.
Ngcobo het ook die vinger gewys na dokters wat mense onnodig verwys. “Dit gebeur byvoorbeeld wanneer ’n dokter pasiënte meer toetse laat ondergaan as wat nodig is; ’n keisersnee uitvoer wanneer dit nie absoluut nodig is nie; pasiënte in hospitale laat opneem wanneer hul toestand buite die hospitaal behandel kan word; of in ’n waakeenheid wanneer dit gepas sou wees om hulle in ’n algemene saal op te neem,” het hy verduidelik.
Daar is te veel en verwarrende opsies. Die “doelbewuste” manier waarop mediese skemas hul baie opsies verpak, groepeer en die pryse vasstel, maak dit moeilik vir verbruikers om produkte te vergelyk. Enkele groepe beheer privaat sorg. Volgens die verslag beheer die hospitaalgroepe Netcare, Mediclinic en Life Healthcare 83% van geriewe wat die getal beddens betref, en 90% van die opnames in privaat hospitale is by hulle.
Daar is te min mededinging onder skemas. Discovery Health palm byvoorbeeld 55% van die mark in. Die verslag het Discovery uitgesonder oor sy volgehoue winste wat heelwat hoër is as sy naaste mededingers s’n. Die paneel meen Discovery se “goeie bestuur” kan nie al verklaring vir sy wegholsukses wees nie; daar skort ook iets met die mark.
Onnodige verwysings word toegelaat. Mediese skemas misluk daarin om hul lede te beskerm teen verwysings vir onnodige dienste, al is hulle veronderstel om in hul belang op te tree.
WAT IS DIE AANBEVELINGS?
Die paneel wil groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in die privaat gesondheidsorgmark bevorder. Hulle beveel onder meer veranderings aan in die manier waarop opsies gestruktureer word sodat opsies makliker met mekaar vergelyk kan word.
Van hul ander aanbevelings is:
Prysbeheer en standaardisering van tariewe vir dokters. Standaardisering van skemaopsies. Die behoefte aan gesondheidsdienste
(Van vorige bladsy) in ’n bepaalde gebied moet die deurslag gee wanneer die owerheid ’n lisensie toestaan vir ’n nuwe hospitaal om sy deure daar te open. Dit moet ook vir instellings soos daghospitale, klinieke, spreekkamers en tandartspraktyke geld.
’n Moontlike moratorium moet op nuwe hospitaal lisensies vir die drie groot hospitaalgroepe geplaas word. Hulle moet selfs verplig kan word om van hul hospitale te verkoop.
’n Reguleerder vir gesondheid s diensverskaffers moet aangestel word–nes mediese skemas byvoorbeeld die Raad op Mediese Skemas het.
Skemaopsies moet vereenvoudig word – ’n opspraakwekkende aanbeveling hier is een basiese opsie wat dieselfde vir alle skemas sal wees en “katastrofiese” (lewensbedreigende) mediese uitgawes dek, asook die bestaande voorgeskrewe minimum voordele, en voorkomende en primêre gesondheidsorg buite hospitale. Belanghebbers het nou eers kans om kommentaar te lewer op die voorlopige verslag. Daarna sal die finale verslag met die ondersoekpaneel se bevindings en aanbevelings gepubliseer word – hopelik teen 30 November vanjaar, sê Paula.
Daarna moet die regering besluit watter aanbevelings in werking gestel word. Daarvoor sal wetgewing en regulasies waarskynlik verander moet word.
“Waarskynlik die belangrikste implikasie vir verbruikers – as die aanbevelings aanvaar sou word – is dat mediese skemas ’n basiese opsie moet hê wat regdeur die bedryf gestandaardiseer sal wees,” sê Paula.
Die idee daaragter is om dit vir verbruikers makliker te maak om die skemas met mekaar te vergelyk.
“Skemas ding nou mee deur produkte en dienste aan te bied om lede met die beste risikoprofiel ( jong, gesonde lede) te lok. Hulle bied ’n wye en verwarrende reeks opsies.”
As die aanbevelings aanvaar word, sal verbruikers volgens Laetitia Rispel, professor in openbare gesondheid aan Wits, ook op die volgende maniere daarby baat vind:
Groter deursigtigheid – inligting oor die verskillende opsies en ook hul vooren nadele sal op ’n verstaanbare manier aan pasiënte verskaf en verduidelik word.
Groter aanspreeklikheid vir mediese skemas en individuele mediese praktisyns of hospitale.
Die verlaging van koste, minder onnodige toetse en dienste en ’n kleiner risiko dat lede van skemas bybetalings uit hul eie sak moet doen of hulle voordele kan opgebruik voor die jaar om is.
‘Mediese skemas bied ’n wye en verwarrende reeks opsies’