Huisgenoot

Boek wys ons is onnodig swartgalli­g

-

1: C, 2: B, 3: C, 4: C, 5: C, 6: B, 7: C, 8: A, 9: C, 10: A, 11: C, 12: C, 13: A Tel een vir elke regte antwoord en skryf jou totaal neer.

WAT HANS SÊ

Hoe het jy gevaar? Waarskynli­k het baie antwoorde jou aangenaam verras!

Ja, armoede bestaan steeds en slegte goed gebeur, maar eintlik maak ons wonderlike vordering op soveel gebiede. Ongelukkig is dit so dat slegte nuus baie meer aftrek as goeie nuus kry, wat ’n mens laat dink die wêreld raak ál goorder.

As jy sleg gevaar het in die toets, is jy dus in goeie geselskap; die meeste mense kry minder as 16%, oftewel drie antwoorde, reg.

VRAAG 1

Gemiddeld kies net 7% die regte antwoord. In net ’n paar lande – soos Afganistan en Suid-Soedan – voltooi minder as ’n vyfde van meisies laerskool; hoogstens 2% van die wêreld se meisies woon in sulke lande.

VRAAG 2

Die meeste mense woon in middel-inkomstela­nde; trouens driekwart van die mensdom.

Tel ’n mens middel- en hoë-inkomstela­nde saam, is sowat 90% van mense by die wêreldmark geïntegree­r en leef hulle taamlik goed. Dis belangrik dat ondernemin­gs wêreldwyd dit in gedagte hou: Daar is 5 miljard potensiële klante wat hul lewe verbeter en sjampoe, motorfiets­e, sanitêre doekies en slimfone kan koop. ’n Mens kan hulle maklik miskyk as jy hulle as “arm” beskou.

VRAAG 3

In die afgelope 20 jaar het die verhouding van die wêreldbevo­lking wat in uiterste armoede leef met die helfte verminder. Dis absoluut revolusion­êr. Ek beskou dit as die belangriks­te wending in ons leeftyd.

Dit is ook ’n taamlik basiese feit om oor die lewe op aarde te weet. Maar mense weet dit nie. Gemiddeld antwoord net 7% – minder as een uit 10! – hierdie vraag reg.

VRAAG 4

Hoe beter jy opgevoed is, hoe minder ingelig is jy blykbaar oor dié vraag! Onder ons hoogs opgevoede gehore was die gewildste antwoord 60.

Dit sou reg gewees het as ons die vraag in 1973 gevra het (die jaar toe 200 000 mense in Ethiopië weens honger omgekom het). Maar ons het dit in hierdie dekade gevra, meer as 40 jaar van vooruitgan­g later. Mense leef nou gemiddeld 10 jaar langer.

VRAAG 5

Net 9% van ’n groep onderwyser­s in Noorweë het reg geantwoord. Hoe kon so ’n belangrike groep mense so swak vaar?

Ons het dieselfde swak uitslae in ons openbare opnames gekry. In Amerika, Brittanje, Swede, Duitsland, Frankryk en Australië was 85% van die antwoorde verkeerd.

VRAAG 6

In 2030 sal daar 2 miljard “nuwe mense” tussen 0 en 15 jaar oud wees. Al die ander sal ouer wees. Die 0- tot 15-jariges van vandag sal 15 tot 30-jariges wees. Die 15- tot 30jariges van vandag sal verouder tot 2 miljard 30- tot 45-jariges. Daar is vandag net 1 miljard 30 tot 45-jariges.

Dus: Sonder enige toename in die getal geboortes en sonder dat mense langer leef, sal daar 1 miljard meer volwassene­s wees. Die 1 miljard nuwe volwassene­s kom nie van nuwe kinders nie, maar van kinders en jong volwassene­s wat reeds gebore is.

VRAAG 7

Net 10% van mense kies die regte antwoord. Trouens, die getal sterftes weens natuurramp­e het met meer as die helfte afgeneem.

Dit is nou net ’n kwart van wat dit 100 jaar gelede was. Terselfder­tyd het die aarde se bevolking met 5 miljard mense toegeneem; daarom is die afname in sterftes per kapita nog merkwaardi­ger. Dit het afgeneem tot net 6% van wat dit 100 jaar gelede was.

Natuurramp­e eis deesdae soveel minder lewens nie omdat die natuur verander het nie, maar omdat die meeste mense nie meer in uiterste armoede leef nie. Meer geld maak beter voorsorg moontlik.

VRAAG 8

Sowat 70% van mense kies die verkeerde kaarte, wat 1 miljard mense op die verkeerde vasteland wys. Sowat 70% van mense weet nie die meeste mense woon in Asië nie.

Die regte kaart is A. Die wêreld se PIN is 1-1-1-4. Dis hoe jy die kaart onthou. Van links na regs met die syfer in miljoene as ’n PIN. Amerikas: 1, Europa: 1, Afrika: 1, Asië: 4. (Ek het die syfers afgerond.)

Die VN verwag amper geen veranderin­g in die Amerikas en Europa teen 2100 nie, maar nog 3 miljard mense in Afrika en nog 1 miljard in Asië. Teen 2100 sal die nuwe PIN 1-1-45 wees. Meer as 80% van die wêreld se bevolking sal in Afrika en Asië woon.

VRAAG 9

Deesdae word amper alle kinders ingeënt. Dit is wonderlik en beteken amper die helfte van alle mense wat vandag leef, het die een of ander toegang tot basiese, moderne gesondheid­sorg. Maar die meeste mense weet dit nie. Net gemiddeld 13% beantwoord dié vraag reg.

VRAAG 10

Ek hoop jy het nou al geraai dis die veiligste om die positiefst­e antwoord te kies. Dertigjari­ge vroue was gemiddeld nege jaar op skool, net een jaar minder as mans.

VRAAG 11

Mense plunder natuurlike hulpbronne oral op aarde. Natuurlike habitatte word vernietig en baie diere tot uitsterwin­g gejag. Dit is duidelik. Maar aktiviste wat kwesbare diere en hul habitat probeer beskerm, is geneig om dieselfde fout te begaan: Hulle probeer desperaat om mense te laat omgee, maar vergeet van die vordering.

’n Ernstige probleem vereis ’n betroubare databasis. Ek beveel sterk aan jy besoek die Wêreldnatu­urfonds se rooilys, waar ’n mens toegang kan kry tot die status van alle bedreigde spesies in die wêreld. Dit word bygewerk deur ’n wêreldwye gemeenskap van gesiene navorsers, wat die bevolking in die natuur van verskillen­de diere naspoor en saamwerk om die tendens te monitor.

Raai wat? As ek vandag na die rooilys kyk, sien ek afnames in party plaaslike bevolkings en subspesies van tiers, reusepanda­s en swartrenos­ters. Maar in die afgelope jare het hul bevolkings in die geheel wêreldwyd toegeneem.

VRAAG 12

Elektrisit­eit is ’n basiese behoefte en verreweg die meeste mense in alle inkomstegr­oepe het dit reeds. Tog gee net een uit vier mense die regte antwoord.

Die regte antwoord is die positiefst­e, soos gewoonlik: 80% van mense het ’n mate van toegang tot elektrisit­eit. Dit is onstabiel, maar die wêreld vorder.

VRAAG 13

Ek is seker jy het dié vraag reg beantwoord: Die meeste mense weet baie goed watter drastiese veranderin­g die klimaatken­ners voorspel. Jy het reg geantwoord omdat die antwoord negatief is – wat net die punt bewys!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa