Huisgenoot

Sokkerskou­spel vol hoogtepunt­e

Dit was ’n Wêreldbeke­rsokkertoe­rnooi vol petaljes en verrassing­s – ons kyk na van die hoogtepunt­e

- Deur SHANAAZ PRINCE

DRAMA, verrassing­s en ’n topvier wat kykers én beroepswed­ders verbaas het – vanjaar se opwindende Wêreldbeke­rsokkertoe­rnooi in Rusland het ons voor die kassie vasgenael gehou. Spanne wat na verwagting goed sou vaar, is vroeg uitgeskake­l. Topspanne soos Brasilië, Spanje en Duitsland moes druipstert huiswaarts, terwyl niemand sou kon voorspel wie die halfeindro­ndes sou haal nie.

Ons kyk na die grootste oomblikke wat ons van 2018 se aksiebelaa­ide FifaWêreld­bekertoern­ooi sal onthou.

VLOEK VAN DIE KAMPIOENE

’n Mens sou dink as die Wêreldbeke­r op jou kaggelrak pryk, het jy ’n goeie kans om ook die volgende toernooi te wen of darem die eindstryd te haal. Maar 2014 se kampioen, Duitsland, is vernederen­d vroeg uitgeskake­l – en dit was nie die eerste keer dat so iets gebeur nie. Duitsland is die derde wenspan wat die volgende Wêreldbeke­r vroeg verlaat. Sal vanjaar se wenner ook die slagoffer van dié vloek word? Ons sal eers in 2022 in Katar weet . . .

ITALIË 2006

Italië het die titel in 2006 in Duitsland gewen, maar is tydens die toernooi in 2010 in Suid-Afrika in ’n kragmeting teen Slowakye in die Groep F-fase uitgeskake­l.

SPANJE 2010

In 2010 het Spanje eindelik die beker omhoog gehou, maar vier jaar later is die Spanjaarde stert tussen die bene uit Brasilië weg nadat hulle twee keer in die groepfase geklop is. Hulle het ’n pak slae van 5-1 teen Nederland verduur en toe ’n nederlaag van 2-0 teen Chile gely.

DUITSLAND 2014

Die Duitsers het Argentinië in Rio de Janeiro met 1-0 geklop om die 2014-titel te wen, die vierde keer dat hulle koning kraai in dié toernooi. rnooi. Net vier jaar later het die wenspan hul aanhangers tydens die groepfase in Rusland land verstom met ’n skokkende nederlaag g van 2-0 teen Suid-Korea.

AFRIGTER-KATASTROFE­S JULEN LOPETEGUI

Pas twee dae voor die begin van vanjaar se toernooi is Spanje se bestuurder, Julen Lopetegui, in die pad gesteek nadat sy agterbakse onderhande­lings om die La Liga-kragspan Real Madrid se afrigter te word, op die lappe gekom het.

Die Spaanse federasie se president, Luis Rubiales, het gesê hy kon nie aanvaar ’n werknemer van die Koninklike Spaanse Sokkerfede­rasie het oor sy volgende pos onderhande­l sonder om sy werkgewer in kennis te stel nie.

Julen is met die sokkerdire­kteur Fernando Hierro vervang en vir die Iberiese span het die sokkerskou­spel voortgegaa­n – op ’n manier. Die gasheerlan­d, Rusland, het Spanje, een van die toernooi se groot aanspraakm­akers, in die kwarteinds­tryd uitgeskake­l.

Daar is omtrent blaam uitgedeel in die nadraai van die span se vertrek.

La Liga se president, Javier Tebas, het uitgevaar dat Luis se afdanking van Julen ondeurdag was. “(Dit) was ’n baie hartseer dag vir Spaanse sokker, vir die verwagting­s wat ons gekoester het en wat ons almal ge- glo het die peil van die span was,” het Javier gesê. “’n Mens weet nooit of die besluit of Lopetegui moes voortgaan ’n invloed gehad het nie. Maar dit is s nie opportunis­ties om te sê dit is sonder veel nadenke geneem nie.”

JORGE SAMPAOLI

Dis sagkens gestel om te sê die Argentyne het swaargekry. Die rigtinglos­e span het tekort geskiet met 1-1 teen Ysland en ’n vernederen­de nederlaag van 3-0 teen Kroasië. Luidens berigte het die verleë span – wat swaargewig­te soos Lionel Messi en Sergio Aguero ingesluit het – toe alle vertroue verloor in hul bestuurder, Jorge Sampaoli, en hul eie spanhoof vir hul kragmeting teen Nigerië gekies. Hulle het die laaste Afrikaspan in die toernooi met 2-0 uitgeskake­l, maar hul stryd teen Frankryk sou die Suid-Amerikaner­s se hoop verydel. Hulle is met ’n verpletter­ende 3-4 teen Frankryk uitgeskake­l. Nou hang Jorge se toekoms in die weegskaal – en die Argentynse legende Diego Maradona het selfs vriendelik aangebied om hom gratis te vervang.

 ??  ?? ITALIË: 2006 SPANJE: 2010 DUITSLAND: TSLAND: 2014
ITALIË: 2006 SPANJE: 2010 DUITSLAND: TSLAND: 2014

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa