Huisgenoot

Fraai prins Louis se glansdoop

Alle oë was op William en Kate en ’n slapende Louis op sy doopdag

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

DIT was sy tweede verskyning in die openbaar; die eerste keer dat die wêreld hom gesien het sedert hy net ’n paar uur ná sy geboorte op die trap van die Lindo-vleuel van die Sint Mary-hospitaal sy debuut gemaak het.

En het hy nie ’n fraai seuntjie geword nie. Prins Louis Arthur Charles van Cambridge, toegewikke­l in meters sy en kant, het in ’n bedompige hittegolf in Londen vredig in sy ma se arms gedut, onbewus van die kameras wat om hom klik.

Die hertogin van Cambridge was die toonbeeld van ontspanne elegansie en het gestraal terwyl sy haar 11 weke oue baba vir sy doopdiens na die kapel by die Sint James-paleis gedra het.

Kate het ’n wit Alexander McQueen-pakkie aangehad, die derde keer dat sy die ontwerper vir haar kinders se doop gekies het, en ’n tree agter prins Charles en sy vrou, Camilla, met haar baba nader gestap om die aartsbisko­p van Kantelberg te groet.

Koningin Elizabeth (92) het die geleenthei­d misgeloop, want ’n bedrywige week het vir haar voorgelê, onder meer die eeuviering­s van die Koninklike Lugmag die volgende dag en die aankoms van die Amerikaans­e pres. Donald Trump in Windsor drie dae later.

Op 97 was prins Philip altyd ’n “dalk”. Hy het uit die openbare lewe getree en maak nou net af en toe ’n verskyning. Dit het beteken Charles (69) en Camilla (70) was die mees senior koninklike­s en het daarom die gevolg gelei.

Prins William (36) het prins George (4) en prinses Charlotte (3) se hande vasgehou.

Die bekoorlike klein Charlotte het heel

plegtig aartsbisko­p Justin Welby se hand geskud toe hulle by die kapel instap. William het sy skaam seuntjie toe aangemoedi­g om ook so te maak en die prinsie met ’n goedkeuren­de “knap gedaan” beloon.

Harry (33) en Meghan (36) het agter die troonopvol­gers gestap en in ’n stadium hande vasgehou. Meghan het stylvol gelyk in ’n olyfgroen rok deur Ralph Lauren.

Klein Louis se ses peetouers was ook op die gastelys vir die intieme plegtighei­d, asook al die Middletons, insluitend Kate se swanger suster, Pippa (34), en haar man, James Matthews (42).

Ná ’n plegtighei­d van 40 minute het die koninklike­s en hul geliefdes die kapel verlaat en na Clarence House vir tee vertrek.

GESANGE EN VOORLESING­S

Die hertog en hertogin van Cambridge het twee gesange, twee Skrifgedee­ltes en twee koorwerke gekies om hul seun se spesiale dag te vier.

Die klein gemeente het O Jesus, I Have Promised en Lord of All Hopefulnes­s vanuit die kerkbanke gesing.

Louis se peetouers is ook by die plegtighei­d betrek. Kate se niggie Lucy Middleton het uit Markus 10:13-16 voorgelees en William se ou vriend Guy Pelly uit Efesiërs 3:14-19.

The Choir of Her Majesty’s Chapel Royal het ook twee liedere tydens die plegtighei­d gesing: This Is the Day Which the Lord Hath Made, wat vir Kate en William se troue gekomponee­r is, en Suo Gân, ’n tradisione­le Walliese wiegeliedj­ie.

 ??  ?? Die hertogin van Cambridge het by die Sint James-paleis in Londen van trots gestraal met haar derde spruit styf in haar arms. Prins Louis is by die kerk se kapel gedoop.
Die hertogin van Cambridge het by die Sint James-paleis in Londen van trots gestraal met haar derde spruit styf in haar arms. Prins Louis is by die kerk se kapel gedoop.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die piepklein prinsie het nie ’n geluidjie gemaak nie en was vas aan die slaap in ma Kate se arms. LINKS: Pa William, die hertog van Cambridge, het omgesien na prins Louis se ouer sibbes, prins George en prinses Charlotte.
BO: Die piepklein prinsie het nie ’n geluidjie gemaak nie en was vas aan die slaap in ma Kate se arms. LINKS: Pa William, die hertog van Cambridge, het omgesien na prins Louis se ouer sibbes, prins George en prinses Charlotte.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa