Huisgenoot

BREI ’N TRUI EN SERP

Dié gemaklike trui met bypassende serp sal gou ’n gunsteling in jou kas word

- FOTO EN ONTWERP DEUR STYLECRAFT. KONTAK ARTHUR BALES BY 011- 888-2401, STUUR ’N E-POS NA INFO@ARTHURBALE­S. CO. ZA OF BESOEK DIE STYLECRAFT YARNS-WEBTUISTE VIR INLIGTING OOR JOU NAASTE STYLECRAFT YARNS-VERSKAFFER.

DIÉ knus trui is perfek om oor die naweek te dra. Die serp word afsonderli­k gebrei en dan by die nekrand aangelas wanneer die trui afgewerk word, sodat dit deel van die trui vorm. Die patroon het tekstuur en is baie maklik. Al die fatsoeneri­ngs is basies, dus is die patroon ideaal vir alle breiers met gemiddelde vaardighed­e.

GROOTTE

Pas vir borsmaat 76-82(86-91;96-102;107112;117-122) cm Werklike borsmaat 85(96;104;115;126) cm Lengte van skouer af 63(63;65;65;67) cm Moulengte 46(46;47;47;48) cm

BENODIGDHE­DE

Let wel: Dié baadjie is ontwerp met Stylecraft Alpaca Tweed Chunky-breidraad, wat ’n ingevoerde breidraad is en aanlyn bestel kan word. Dit is ’n mengsel van viskose, akriel en alpakka, en jy kry 135 m per 100 g-bol. Jy kan enige ander dik breidraad van jou keuse gebruik, maar kyk op die breidraade­tiket hoeveel meter op die bol is, aangesien dit kan verskil en jy meer moet koop as wat hier onder aanbeveel word. 9(9;10;10;11) x 100 g-bolle Stylecraft Alpaca Tweed Chunky in Duck Egg kleur nr. 1739 6 mm-breipenne 2 groot knope (opsioneel) Gekleurde merker Haakspeld Tapisserie­naald

LET WEL

Aanwysings vir die kleinste grootte word gegee met die groter groottes tussen hakies ( );

waar net een getal gegee word, verwys dit na al die groottes.

SPANNING

16 ste en 24 rye = 10 cm oor pat met 6 mmbreipenn­e.

VOOR JY BEGIN

Dié baadjie is in vyf groottes ontwerp. Voor jy begin brei, omsirkel die grootte wat jy wil maak deurgaans met ’n potlood. Waar die getal 0 gegee word, word geen ste, herhalings of rye vir dié grootte gebrei nie.

AGTERPANT

Stel 68(77;83;92;101) ste op met 6 mmbreipenn­e. Brei in pat soos volg: 1e ry (VK): r. 2e ry (RK): r2, * aw1, r2; her van * tot einde. Dié 2 rye vorm die pat. Brei so in pat verder tot werk 41(40;41;40;41) cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry. Fatsoeneer mousgate Heg 3(4;5;6;7) ste af aan die beg van die vlg 2 rye [62(69;73;80;87) ste]. Hou die pat korrek en vermin 1 st aan weersk in die vlg 3(3;3;5;5) rye [56(63;67;70;77) ste]. Vermin nou 1 st aan weersk in die vlg alt ry 1(3;3;3;5) keer [54(57;61;64;67) ste]. Brei reguit verder in pat oor dié ste tot die mousgat 19(20;21;22;23) cm van die beg van mousgatfat­soenering is, eindig met ’n VK-ry. Fatsoeneer skouers Heg 6(7;8;9;9) ste af aan die beg van die vlg 2 rye [42(43;45;46;49) ste]. Heg 6(6;7;8;9) ste af aan die beg van die vlg 2 rye [30(31;31;30;31) ste]. Heg die oorblywend­e 30(31;31;30;31) ste in pat af.

LINKERVOOR­PANT

Stel 35(41;44;47;50) ste op met 6 mmbreipenn­e. Brei in pat soos volg: 1e ry (VK): r. 2e ry (RK): r2, * aw1, r2; her van * tot einde. Dié 2 rye vorm die pat. Brei so in pat verder tot die werk 41(40;41;40;41) cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry. Fatsoeneer mousgat en nek

Vlg ry (RK): heg 3(4;5;6;7) ste af, pat tot by die laaste 4 ste, r2 tes, r2 [31(36;38;40;42) ste]. Hou pat korrek en vermin 1 st aan die mousgatran­d in die vlg 3(3;3;5;5) rye, vermin dan 1 st aan mousgatran­d in die vlg 1(3;3;3;5) alt rye en terselfder­tyd, vermin 1 st aan die nekrand in die vlg 15(17;17;15;14) alt rye – wanneer al die verminderi­ngs gedoen is, moet jy 12(13;15;17;18) ste op die breipenne oorhê. Brei reguit verder in pat oor dié ste tot die mousgat 19(20;21;22;23) cm van die beg van mousgatfat­soenering is, eindig met ’n VK-ry. Fatsoeneer skouer Heg 6(7;8;9;9) ste af aan die beg van die vlg ry [6(6;7;8;9) ste]. Brei 1 ry oor dié ste. Heg die oorblywend­e 6(6;7;8;9) ste af.

REGTERVOOR­PANT

Stel 35(41;44;47;50) ste op met 6 mm-breipenne. Brei in pat soos volg: 1e ry (VK): r. 2e ry (RK): r2, * aw1, r2; her van * tot einde. Dié 2 rye vorm die pat. Brei so in pat verder. Brei nou soos die linkervoor­pant, maar keer al die fatsoeneri­ngs vir die mousgat en nek om.

MOUE

Stel 35(35;38;38;38) ste op met 6 mm-breipenne. Brei in pat soos volg: 1e ry (VK): r. 2e ry (RK): r2, * aw1, r2; her van * tot einde. Dié 2 rye vorm die pat. Brei so in pat verder, vermeer 1 st aan weersk in die 5e ry en dan in elke vlg 10e(8e;8e;8e;6e)ry tot daar 53(57;62;64;66) ste op die breipenne is – maak seker al die vermeerder­de ste word by die pat ingebrei. Brei reguit verder in pat oor dié ste tot werk 46(46;47;47;48) cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry. Fatsoeneer moukop Heg 3(4;5;6;7) ste af aan die beg van die vlg 2 rye [47(49;52;52;52) ste]. Hou pat korrek, vermin 1 st aan weersk in die vlg ry en dan in elke vlg alt ry tot daar 15(15;16;20;22) ste op die breipenne oorbly. Vermin nou 1 st aan weersk in die ry in elke vlg 4e ry 0(0;0;2;3) keer [15(15;16;16;16) ste]. Heg dié oorblywend­e 15(15;16;16;16) ste in pat af.

NEKSERP

Stel 38 ste op met 6 mm-breipenne. Brei in pat soos volg: 1e ry (VK): r. 2e ry (RK): r2, * aw1, r2; her van * tot einde. Dié 2 rye vorm die pat. Brei so in pat verder tot die werk 6 cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry.

Let wel: Die vlg 2 rye gee aanwysings oor hoe om ’n knoopsgat te maak, wat opsioneel is.

Vlg ry (RK): pat 6 ste, dv, pat 3 tes (om dit te doen, brei 3 ste tes, brei in die korrekte pat-volgorde, jy gaan 2 ste van dié 1 verminderi­ng verloor), brei nou in pat tot by die laaste 8 ste, dv, pat 3 tes, pat tot einde van ry [34 ste].

Vlg ry: pat oor ry, brei twee keer in die dv van vorige ry [38 ste]. Brei so in pat verder oor dié ste tot werk 150 cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry. Heg al die ste in pat af.

AFWERKING

Werk alle los breidraadp­unte aan agterkant van werk in en knip alle oortollige breidraadp­unte af.

Let wel: As dit vir jou moeilik is om die baadjie met die dik breidraad toe te werk, gebruik ’n dubbelbrei­draad in dieselfde kleur. Werk die skouernate met agtersteek toe.

Werk die moue so in: Merk die middelste st in die afheg-ry van moukop met ’n gekleurde merker, sit die merker dan op die skouernaat. Sit die afhegrande van die moue in die mousgate en die beg van die fatsoeneri­ng van die moukop op die agter- en voorpante by die beg van die mousgatfat­soenering.

Sorg dat die moukop netjies in die mousgat pas en werk met agtersteek toe.

Werk die sy- en onderarmna­te aaneen toe met leersteek.

Vou die serp in die lengte in die helfte en speld dit met ’n haakspeld aan die middelste st van die afheg-ry in die nekrand agter vas. Werk die serp aan die nekrand vas – beg 10 cm van die linkerskou­ernaat af ondertoe en werk boontoe vas, werk dit dan aan die ste van die nekrand agter vas en dan aan die regternekr­and langs ondertoe en eindig 10 cm van die regterskou­ernaat af.

Werk die knope aan die voorpant vas ooreenstem­mend met die knoopsgate. Dit sal een punt van die serp aan die baadjie heg en die ander kant kan om die nek gedraai word.

Indien nodig, blok die baadjie volgens die regte mates, maar moenie pars nie, anders gaan jy die tekstuur van die patroon en die voorkoms van die baadjie bederf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa