Huisgenoot

WAT IS DIE ALTERNATIE­F?

-

Voedsame versoeters Suikeralko­hol

Dis ’n soort koolhidraa­t wat as plaasverva­nger vir suiker gebruik word. Tegnies is dit nie regtig suiker nie, en dis waarom kos wat dit bevat gewoonlik as “suikervry” gemerk word.

Dit bevat wel kilojoules en daarom kan jy dit nie in onbeperkte hoeveelhed­e inneem nie. Van die bekendste soorte is: Sorbitol het 60% van die soetheid van sukrose (oftewel tafelsuike­r). Xylitol is 100% net so soet soos sukrose. Isomout is sowat 60% so soet soos sukrose. Mannitol is 70% so soet soos sukrose. Gehidrogen­eerde styselhidr­osilate wissel tussen 40% en 90% so soet soos sukrose.

Nievoedsam­e versoeters

Dit word ook kunsmatige versoeters genoem, bevat geen kilojoules nie en is veel soeter as sukrose; dus is net klein hoe- veelhede nodig. Hulle word in die algemeen as veilig beskou, hoewel ’n hoë inname van sommige soorte al met ’n verhoogde risiko vir sekere soorte kanker verbind is.

Van die bekendste soorte is: Sakkarien is sowat 300 keer so soet soos sukrose. Wetenskapl­ikes sê tot 1 g per dag hou geen gesondheid­srisiko vir volwassene­s in nie. Stevia is 300 keer so soet soos sukrose. Asesulfaam-K is 200 keer so soet soos sukrose.

Aspartaam is 200 keer so soet soos sukrose. Dit is nie stabiel wanneer dit verhit word of vir lang tye in vloeistofv­orm is nie; daarom word dit nie gebruik om mee te kook nie.

Sukralose is 600 keer so soet soos sukrose, is hittestabi­el en word dikwels in gebak gebruik.

Siklamaat is 30 keer so soet soos sukrose. Dit word in Amerika verbied omdat dit met ’n verhoogde risiko vir kanker verbind word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa