Huisgenoot

Skyscraper

Aksierille­r. Met Dwayne Johnson en Neve e Campbell. Regisseur: Rawson Marshall Thurber. Begin op 13 Julie.

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

Waaroor gaan dit?

’n Gewese oorlogvete­raan en leier van ’n taakspan wat gyselaars red, Will Sawyer ( Johnson), is ernstig beseer toe ’n sending skeefloop. Hy oorleef, maar verloor ’n deel van sy linkerbeen. Tien jaar later trou hy met ’n chirurg (Campbell) wat ’n operasie op hom uitgevoer het. Hulle het ’n seun en ’n dogter.

Will is deesdae ’n veiligheid­sinspekteu­r vir wolkekrabb­ers en word gehuur om die ( fiktiewe) hoogste gebou in die wêreld, The Pearl in Hongkong, te ondersoek. Maar toe ’n brand in die gebou ontstaan, word hy die sondebok gemaak. Hy moet sy onskuld bewys en sy gesin, wat in die vlamme vasgekeer is, red.

Die Hard 2.0

Dié aksiefliek is in dieselfde trant as ander groot aksiefliek­s soos Bruce Willis se Die Hard-franchise. “Ek wou ’n fliek maak wat hulde bring aan klassieke aksiefliek­s wat my inspireer – van Die Hard tot The Towering Inferno en The Fugitive. ’n Gewonde kryger se bloed, sweet en vasberaden­heid om sy gesin te red,” vertel die oudrofstoe­ier, wat 1,96 m in sy sokkies staan. Hy vertel die Skyscraper-rol was fisiek en emosioneel die veeleisend­ste wat hy al aangepak het. Sommige mense meen die fliek se lokprent, waar Johnson van ’n hyskraan na ’n gebou spring, is te dik vir ’n daalder, maar in ’n video wys hy hoe hy regtig dié toertjie uitvoer.

’n Man van vele talente

Die ster het verlede jaar sowat R800 miljoen laat inrol. Hy’t sy eie vervaardig­ingmaatska­ppy, Seven Bucks Production­s, wat onder meer aan sy fliek Jumanji: Welcome to the Jungle, die dramareeks Ballers én Skyscraper gewerk het. “Daar was nie vir my ’n bloudruk om te volg toe ek begin toneelspee­l nie, want ’n rofstoeier van gemendge afkoms wat luidrugtig en bombasties op ’n dol stoeiprogr­am tekere gaan, het nie bestaan nie.”

’n Rondreisen­de gesin

Dwayne en sy eerste vrou, Dany Garcia (49), die ma van sy dogter Simone (16), se paadjies het in 2007 geskei. Hy en sy meisie, Lauren Hashian (33), het twee dogters, Jasmine (2) en Tiana, wat in April gebore is. Hy neem sy gesin oral saam wanneer hy vir werk reis. “Dit help. Solank ek die kern van my familie saam met my het, kan ek enigiets doen.” BRONNE: FILMJOURNA­L.COM, CINEMABLEN­D.COM, DAILYMAIL.CO.UK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa