Huisgenoot

RAND EN SENT – JOU GIDS TOT SU SUKSESVOLL­E FINANSIËLE BE BESTUUR

-

Deur De Suzaan Steyn (Penguin, (Pe R179*)

Haar Ha metodes klink dalk “wreed, maar ma dit is die enigste manier om kinders kin die waarde van geld te leer,” verduideli­k ver Margit Meyer-Rödenbeck be (Dowwe Dolla) hoe sy haar dogter, do Luca (8), geldslim maak.

“Toe “sy klein was, het ek altyd gesê: ge ‘Maak ’n lysie van wat jy wil hê en bring jou beursie saam.’ Soms sou ek haar die geld in die winkel voorskiet, ski maar dan moes sy dit terugbetaa­l be wanneer ons by die huis kom.

“Sy “moet weet dit beteken nie ons is suinig nie; dit beteken net ons verkwis nie geld nie.”

Rand en Sent, saamgestel deur Suzaan Steyn, wat die gelyknamig­e program op RSG aanbied, wemel waarlik van praktiese wenke om jou geld vir jou te laat werk.

Dit het ook “outydse” maniere om die begroting te laat klop: “Trek aan die begin van die maand geld wat jy beskikbaar het vir kruidenier­sware; sit die kontant vir elke week in ’n koevert en merk dit Week 1, Week 2, ensovoorts,” skryf Matthys Potgieter, skuldkenne­r by DebtSafe.

“Gebruik dan net daardie geld vir jou kruidenier­sware. Wanneer dit op is, kan jy nie verder koop nie. Jy sal vinnig agterkom hoeveel jy op artikels uitgee wat jy regtig nodig het en hoeveel geld jy onnodig bestee.”

Hier is onder meer raad oor spaar, besparing, skuld, jou kredietrek­ord en hoe om ’n entreprene­ur te word.

En aan die ander kant van “outyds” is hier eietydse wenke oor byvoorbeel­d hoe om jou eie aanlyn winkel te begin. “Benewens dat jy bedrewe moet wees in die wêreld van die internet, geld tradisione­le sakebegins­els steeds,” sê Kobus Engelbrech­t, bemarkings­hoof van Sanlam Besigheids­mark. “Vra jou af: Hoekom sal mense by my wil koop? Wat kan ek bied wat hulle nêrens anders kan kry nie?”

 ??  ?? * TEEN DIÉ PRYSE BESKIKBAAR BYTAKEALOT­CO BY TAKEALOT.COM. DIE PRYSE WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.
* TEEN DIÉ PRYSE BESKIKBAAR BYTAKEALOT­CO BY TAKEALOT.COM. DIE PRYSE WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa