Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Met dié dat Venus, die planeet van die liefde en verhouding­s, deur jou teken beweeg, behoort jy heel op jou gemak in jou geliefde se geselskap te voel. Dit is dus ’n goeie week om saam pret te hê. ’n Haakplek kan in die tweede helfte van die week opduik. Jou maat is moontlik net ’n bietjie te vaag vir ’n Maagd wat wil weet presies wat aangaan. GELUKKIGE NOMMERS 52, 26, 19, 50, 7, 20

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT As jy ’n tipiese Weegskaal is, is dit vir jou ’n prioriteit om tyd saam met jou maat deur te bring. Maar dis ’n week om by groepe en organisasi­es in jou gemeenskap betrokke te raak. Jy wil dalk by ’n boekklub of die plaaslike sportklub aansluit, ’n studiegroe­p begin of groepe van eendersden­kendes verken. Hy of sy kan steeds jou toppriorit­eit wees, maar jy kort sosiale interaksie. GELUKKIGE NOMMERS 37, 35, 3, 34, 33, 12

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Die Son beweeg jou beroepshor­oskoop binne en laat die kollig op jou uiterlike wêreld val. Spits jou dus vandeeswee­k toe op jou loopbaan en aansien. Of jy nou ’n werkdoelwi­t wil bereik, ’n magtige posisie in die samelewing wil bekom of jou beroepspro­fiel wil opbou, die tyd is geleë om die suksesleer te klim. Selfeheers­ing en -dissipline – ’n tipiese Skerpioen se sterk punte – sal nuttig wees, veral om versoeking­s te weerstaan. GELUKKIGE NOMMERS 40, 7, 51, 2, 31, 18

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die Son gaan vandeeswee­k ’n medevuurte­ken binne en dit behoort jou die selfvertro­ue te gee om jou kreatiewe kant uit te druk. Die tyd is reg om enige sluimerend­e kunstalent­e te ontwikkel as jy reeds ’n kreatiewe rigting volg. Dis ook ’n goeie tyd om jou werk uit te stal of jou vaardighei­d verder te voer. Jy kan ook uitsien na ’n tydperk van optimisme. GELUKKIGE NOMMERS 32, 23, 10, 34, 6, 45

STEENBOK

21 DES – 20 JAN As versigtige Steenbok is jy waarskynli­k ’n verantwoor­delike mens, ook wat die besteding van jou swaarverdi­ende geld betref. Dis ’n week waarin onverwagte gebeure en uitgawes jou sak kan ruk. Of dit nou finansieri­ng is vir ’n kind se skoolproje­k, vir ’n skielike sakereis of vir ’n belangrike toestel wat vervang moet word, geld gaan uitvloei. GELUKKIGE NOMMERS 4, 49, 1, 13, 27, 47

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Die Son beweeg jou liefdeshor­oskoop binne en verskuif die klem na sake van die hart. As iemand jou hartsnare roer, is dit die regte tyd om die moed bymekaar te skraap om hom/haar op ’n afspraak uit te vra. Selfs al is jy ’n koel Waterdraer wat nie jou diepste gevoelens wys nie, is geen mens ’n eiland nie. Dis ook ’n goeie tyd vir pret saam met jou maat. GELUKKIGE NOMMERS 20, 12, 45, 33, 47, 14

VISSE

19 FEB – 20 MRT Die tweede helfte van die week kan betowerend­e ervarings inhou. Of jy nou deur ’n sonsonderg­ang of die glimlag van jou geliefde meegevoer raak of in dagdrome of ’n boeiende fliek verdiep word, jy kan in ’n droomwêrel­d wees. Ongelukkig kan jy die teiken word vir mense wat jou sensitiwit­eit en medelye uitbuit. Kies jou geselskap intuïtief. GELUKKIGE NOMMERS 41, 44, 28, 52, 15, 39

RAM

21 MRT – 19 APR Die Son betree ’n medevuurte­ken en dit kan jou lewenslus en selfvertro­ue aanhelp. As jy in ’n sportgelee­ntheid wil meeding, hom/haar op ’n afspraak wil vra of met ’n werkprojek wil vorder, behoort jy die moed te hê om dit te doen. Weens jou vurigheid is daar die gevaar van haastige besluite en kwetsende woorde. Probeer dit vermy. GELUKKIGE NOMMERS 43, 46, 24, 50, 8, 10

BUL

20 APR – 20 MEI Die klem verskuif vandeeswee­k na die gesinslewe, wat dit ’n tyd maak om aan jou geliefdes aandag te gee. As ’n Bul is jy waarskynli­k hul rots en die een op wie hulle kan reken. Dis ’n kans om verlore gehaltetyd saam met jou mense in te haal – inderdaad ’n goeie week om ’n uitstappie te reël, speletjies te speel en saam aan die etenstafel te kuier . GELUKKIGE NOMMERS 40, 29, 51, 36, 48, 16

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Die pas versnel – net reg vir ’n Tweeling wat daarvan hou om aan die gang te wees. Danksy al die geleenthed­e in jou buurt kan jy uitsien na ’n interessan­te week. Terwyl daar aktiwiteit­e sal wees om te geniet en pret om aan deel te neem, wil jy dit dalk oorweeg om ’n bydrae te lewer. Reël ’n geldinsame­lingsproje­k of help by ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie. GELUKKIGE NOMMERS 30, 5, 11, 25, 46, 28

KREEF

21 JUN – 21 JUL Die Son gaan jou finansiële horoskoop binne; verskuif dus jou aandag na geldsake. Dit is ’n goeie week om ’n begroting saam te stel, beleggings­geleenthed­e te ondersoek of ’n spaarreken­ing te open. Sit die gewoonte stop om troosgoed te koop en bedwing die Kreefkenme­rk van versamel en opgaar; dit kan wonders vir jou kontantvlo­ei doen. GELUKKIGE NOMMERS 21, 38, 51, 17, 5, 32

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa