Huisgenoot

BELANGRIKE MENSE

DIE PEETOUERS

-

Louis het ses peetouers, een meer as sy suster en een minder as sy ouboet. Maar soos sy sibbes, is almal wat gekies is naby vriende en familie. Nicholas van Cutsem

(40) is sedert sy geboorte deel van die koninklike binnekring nadat sy pa, die perdeteler en miljoenêr Hugh van Cutsem van Norfolk, en prins Charles tydens hul Cambridge-dae ’n vriendskap gesmee het. Nicholas, voorheen ’n majoor in die Household Cavalry se Life Guards, is nou ’n welgesteld­e sakeontwik­kelaar. Sy dogter by sy vrou, Alice Hadden-Paton, Florence van Cutsem, was een van Harry en Meghan se blommemeis­ies.

Guy Pelly

Nog een van William se jeugvriend­e, Guy (34), die seun van prinses Diana se vriendin lady Carolyn Herbert, is oor sy ondeunde humorsin as die “hofnar” bekend. Hy is die ou wat berug is daarvoor dat hy in 2005 saam met prins Harry soos ’n Nazi-soldaat aangetrek was. Die aristokraa­t bestuur nou ’n rits nagklubs in Londen. Maar Guy, wat met die Holiday Inn-erfgenaam Lizzy Wilson getroud is, is nie net op die hoë lewe ingestel nie. Hy het in 2016 meer as R90 000 vir kinders in Uganda ingesamel deur die Londen-marathon te hardloop ter ere van sy oorlede skoolmaat Henry van Straubenze­e, wat in ’n motorongel­uk dood is.

Harry Aubrey-Fletcher

(36), die jongste seun van sir Henry Aubrey-Fletcher, kommissari­s van die koningin van Buckingham­shire, het saam met prins William die skole Ludgrove en Eton bygewoon. Harry, wat by die beleggings­bank JP Morgan werk, is in 2011 met Louise Stourton getroud. William was een van die plekaanwys­ers op sy troue.

Lady Laura Meade

(28) ken die koninklike­s al van kleintyd, danksy haar pa, die graaf van Romney, se hegte vriendskap met prins Charles. Sy is ook ’n verlangse niggie van Charles se vrou, Camilla. Haar man, James Meade (32), was saam met William op skool en is een van Charlotte se peetouers.

Hannah Carter

en Kate was vriendinne by hul eksklusiew­e kosskool Marlboroug­h-kollege in Wiltshire. Sy is met Robert Carter getroud en William en Kate het albei hul troue bygewoon.

Lucy Middleton

(32) is een van Kate se niggies en die twee is geheg aan mekaar nadat hulle ’n brugjaar in Florence, Italië, deurgebrin­g het. Sy is nou ’n uitgewersp­rokureur by Penguin Random House.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa