Huisgenoot

TOEGEWYDE OOM HARRY

-

Prins Harry het geskitter in sy afwesighei­d by sy niggie se doop in 2015; die prins was destyds in Namibië waar hy drie maande as veldwagter gewerk het. Maar op Louis se spesiale dag was die hertog van Sussex heel voor, en so ook sy vrou.

Dit is geen geheim dat Harry versot is op sy niggie en nefies nie, maar prins William se jonger broer het alles uitgehaal om sy jongste nefie ter viering van sy doop te bederf. Hy het ’n aardige R144 000 op ’n eerste-uitgawe-eksemplaar van Winniethe-Pooh deur die Britse skrywer A.A. Milne bestee. Harry wil glo ’n eksklusiew­e biblioteek vir Louis begin, in ’n roerende huldeblyk aan sy oorlede ma, prinses Diana.

“Sy was dol oor al die ou klassieke verhale en Harry het die skitterend­e idee gekry om ’n klein biblioteek van eerste uitgawes vir Louis, Charlotte en George te begin om te geniet namate hulle ouer word,” het ’n vriend vertel.

VOLGENDE IN DIE RY

Sy is nog net ’n hand vol maande ’n voltydse koninklike, maar dit begin reeds lyk asof Meghan ’n gebore en getoë bloubloed is. Al was dit ’n hoëprofiel­geleenthei­d, het die voormalige Amerikaans­e aktrise moeiteloos elegant gelyk toe sy hand aan hand met haar man by die binnekring­geleenthei­d aankom.

Terwyl sy in haar eerste maande as die hertogin van Sussex dikwels mooi pastel pakkies gekies het, het Meghan ’n eenvoudige maar sjiek boothalsro­k met ’n ingevatte middel gekies in ’n olyfgroen wat pragtig by haar velkleur pas.

Sy het die Ralph Lauren-rok met ’n olyfgroen hoed deur Stephen Jones afgerond.

 ??  ?? Die hertog en hertogin van Sussex, Harry en Meghan, is glo gretig om binnekort met ’n gesin van hul eie te begin.
Die hertog en hertogin van Sussex, Harry en Meghan, is glo gretig om binnekort met ’n gesin van hul eie te begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa