Huisgenoot

LANG SWEM NA VRYHEID

Die wêreld juig oor die Thaise sokkerseun­s wat dramaties uit ’n oorstroomd­e grot gered is, maar hoeveel letsels het dit gelaat?

- Saamgestel deur JANE VORSTER BRONNE: GUARDIAN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, CNN.COM, TENDAILY.COM.AU,THE WASHINGTON POST

HULLE moes soms gewonder het of hulle ooit uit die donkerte sou ontsnap. Tien dae lank het die 12 seuns en hul afrigter gebukkend gesit op die modderige rotslys in die grot, koud, bang en honger.

En toe, net toe dit sekerlik moes begin voel het asof hulp nooit sou opdaag nie, het ’n lig deur die donkerte gesny. Eindelik het iemand gekom. Die wêreld het gejuig toe dit bekend word dat die Britse grotduiker­s Rick Stanton (56) en John Volanthen (47) die vermiste lede van die sokkerspan Moo Pa (wat wildevarke beteken) sowat 5 km binne die Tham Luang-grot in die noorde van Thailand gevind het.

Maar al was daar verligting dat die seuns, tussen die ouderdomme van 11 en 16 jaar, en hul 25-jarige afrigter lewend was, het ’n groot uitdaging op reddingswe­rkers gewag: Hoe om die verswakte, uitgeteerd­e groep, wat amper twee weke op reuseslakk­e en vuil water oorleef het nadat ’n kitsvloed hulle vasgekeer het, uit die grot te kry.

Min van hulle kan swem, wat nog te sê onder water, en van die grottonnel­s was heeltemal oorstroom.

Terwyl die wêreld se oë op hulle gerig was, het meer as 1 000 reddingswe­rkers, onder wie kenners van sewe lande, op die toneel byeengekom vir die grootste grotreddin­gspoging tot dusver. Selfs die ruimtemilj­ardêr Elon Musk het ’n span gestuur om hand by te sit.

Dis die uitdagends­te reddingspo­ging sedert die San José-mynongeluk in 2010 toe 33 Chileense mynwerkers 69 dae lank 700 m ondergrond­s vasgekeer was.

Dit was selfs vir ervare duikers ’n uitdaging. Terwyl reddingswe­rkers gespook het om ’n plan op te stel, het ’n ramp toegeslaan toe ’n oudduiker van Thailand se spesiale magte, Saman Kunan (38), sterf nadat sy suurstofte­nk tydens ’n duiksessie in die grot leeggeloop het.

Dit het die owerheid nog versigtige­r gemaak. Terwyl duikers by die seuns in die grot agtergebly, hulle leer swem en hulle proteïenry­ke etes gegee het om hul kragte op te bou, het die owerheid tientalle nywerheids­pompe ingebring in ’n poging om soveel water moontlik uit die tonnels te onttrek. Hulle het gehoop as hulle genoeg kan uitpomp, sou die seuns bloot kon uitstap.

Maar met die moesonseis­oen op pad het dit ’n wedloop teen die weer geword. Namate nog reën begin val het, kon reddingswe­rkers eenvoudig nie meer bekostig om te wag nie; hulle het geweet as die grot enigsins verder oorstroom, sou dit maande – tot ná die reënseisoe­n – duur om die seuns uit te kry.

Altesaam 35 dokters en medici was op die toneel toe ’n span van 18 duikers die grot invaar. Met hul eerste duiksessie het hulle daarop gekonsentr­eer om die vier siekste seuns te red – en dit was geen geringe taak nie, want 1 km van die red- dingsroete was heeltemal oorstroom en om te duik was onvermydel­ik. Die roete het ook ’n nou ruimte van slegs 38 cm wyd ingesluit, waardeur die groep hul moes wurm (sien die grafika).

Die vloedwater het so gestyg dat dele van die grot, wat amper 10 km tot in die berg strek, nie net heeltemal onderwater was nie, maar ook verstop was van die modder.

“Dis soos om deur koue koffie te swem,” het ’n reddingswe­rker opgemerk.

Maar met twee duikers wat aan elke seun toegewy was, was hulle in goeie hande. Toe hulle eindelik die oppervlak bereik, het elkeen van die duikers die seuns omhels.

Daarvandaa­n was dit ’n maklike entjie te voet na die bek van die grot, waar ambulanse gewag het om die seuns te neem na ’n hospitaal in Chiang Rai, die naaste groot stad, waar ’n hele vleuel vir hul versorging ingerig is. H OEWEL hulle ná die beproewing in ’n ernstige toestand was, was die seuns merkbaar verlig om uit die grot te wees. Toe hulle die volgende oggend wakker skrik, het hulle gevra vir pad kra pao vir ontbyt – ’n gewilde gereg van geurige basiliehoe­nder en rys.

Intussen het die duikers wat hulle gered het, teruggegaa­n op hul spoor na die grot om die ander seuns in klein groepies te verwyder. Teen druktyd is altesaam

agt van die 12 seuns suksesvol ontruim.

Maar terwyl die wêreld die redding gevier het, het talle gewonder hoe maklik dit vir die seuns sal wees om terug te keer na hul lewe. Dat hulle langer as twee weke in ’n grot vasgekeer was, moes tog diep sielkundig­e letsels gelaat het?

Van die Chileense mynwerkers ervaar selfs nou nog angswekken­de terugflits­e na die tyd toe hulle vasgekeer was.

“Daar sal op lang termyn dinge wees wat by hulle spook,” sê prof. Alexander McFarlane, hoof van die die Universite­it van Adelaide in Australië se sentrum vir traumaties­e stres studie.

“Wanneer hulle aan die risiko’s terugdink en hulle die donkerte onthou en hoe dit voel om vasgekeer te wees, kan dit uiterse angs veroorsaak. Selfs die gevoel van honger of dors wees kan hulle weer kwel en vreesbevan­ge maak oor waar hulle was,” sê hy.

Tog meen ander kenners kinders is dikwels veerkragti­ger as volwassene­s. Daar was ’n sterk gevoel van kameraadsk­ap in die grot tussen die seuns. Hulle was blykbaar in ’n goeie gemoedstem­ming. Eindelik kan dit hulle dalk help om gouer weer hul voete te vind.

Kenners meen dis danksy hul afrigter, Ekapol Chanthawon­g (25), dat die stemming so goed was. Dit was hy wat hulle ná ’n sokkeroefe­ning na die grot vergesel en die kennisgewi­ng geïgnoreer het wat hulle gewaarsku het om uit te bly weens die risiko van oorstromin­g.

Toe die water styg en hulle vasgekeer word, het hy geweet die seuns se lewe is in sy hande. En toe hulp eindelik opdaag, het hy daarop aangedring om ’n brief saam met vlootduike­rs terug te stuur waarin hy hul ouers verskoning vra.

“Ek belowe ek sal so goed moontlik na die kinders omsien,” het hy geskryf. “Ek wil dankie sê vir al die ondersteun­ing en ek wil vir die ouers sê ek is jammer.”

Die afrigter, wat glo op 10 wees gelaat is, het ’n hegte verhouding met van die seuns gehad en het hulle glo in die grot leer mediteer om hulle deur die beproewing te help.

Alexander sê die beste ding wat medici kan doen vir die seuns wat gesond is, is om hulle so vinnig moontlik by hul gesin uit te kry.

“Hulle moet net veilig voel en met hul ouers herenig word. Hulle moet weet alles is in die haak,” sê hy. P HEERAPHAT SOMPIENGJA­I se familie weet presies hoe om hom op te beur. Die seun met die bynaam wat “nag” beteken, het die grot op sy 16de verjaardag binnegegaa­n. Toe hy op die uitstappie vertrek, was sy suster, Phunphatsa, besig met die afrondings versier ingaan’ n SpongeBob SquarePant­s-koek. Dis sy geliefkoos­de strokieska­rakter en sy het geweet hy sou in die wolke daaroor wees.

Maar toe hy nie terugkeer huis toe nie, het sy geweier om hoop te verloor – selfs toe sy sokkertoer­usting gevind is en dit duidelik geword het wat met hom gebeur het.

“Die koek is in die yskas,” het sy vertel toe die reddingspo­ging aan die gang was. “Ek’t dit gehou om hom te verras.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Die sokkerspan se afrigter, Ekapol Chanthawon­g (BO), het kennisgewi­ngs veronagsaa­m om tydens die reënseisoe­n uit die grot te bly.
HOOFFOTO: Die sokkerspan se afrigter, Ekapol Chanthawon­g (BO), het kennisgewi­ngs veronagsaa­m om tydens die reënseisoe­n uit die grot te bly.
 ??  ?? Die 12 seuns tussen die ouderdomme van 11 en 16 was 10 dae lank op ’n lys in ’n stikdonker grot vasgevang voor hulp eindelik opgedaag het. Dis toe dat die uiters ingewikkel­de reddingspr­oses begin het.
Die 12 seuns tussen die ouderdomme van 11 en 16 was 10 dae lank op ’n lys in ’n stikdonker grot vasgevang voor hulp eindelik opgedaag het. Dis toe dat die uiters ingewikkel­de reddingspr­oses begin het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa