Huisgenoot

Mia van der Merwe

nie aan haar nuwe roem Dié jong aktrise is nog haar belowende toekoms gewoond nie, maar met gewoond moet raak sal sy vinnig daaraan

-

FYNSKRIF-AKTRISE SKRIF- AKTRISE

Mia van der Merwe (17) is te sien in Fynskrif, ’n nuwe kykNET-dramareeks wat handel oor die wel en wee van ’n regsfirma. Neels van Jaarsveld, CrystalDon­na Roberts en Beer Adriaanse is van die groot name wat te sien is in dié reeks van 13 episodes wat ’n blik werp op regsake en die gepaardgaa­nde intrige en emosie.

EEN OM DOP TE HOU

Dié tiener, tans ’n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Parel Vallei op Somerset-Wes, is die nuwe, talentvoll­e gesig om voor uit te kyk. Sy vertolk die rol van Bella van Wyk, wat Mia as “snaaks, vreemd, vol liefde en hoogs intelligen­t” beskryf. “Ek het so lief geraak vir Bella en veral die mooi en sterk verhouding wat sy met haar gesin het. Ek kan nie wag dat die kykers haar leer ken nie.” Bella is baie soos sy, wat dit vir haar maklik gemaak het om die karakter te speel, sê Mia. Maar daar is een ding wat hulle glad nie gemeen het nie – en dis die kleredrag. “Ek trek glad nie soos Bella aan nie, maar ons twee sou beslis vriendinne gewees het.”

TIENERJA

Mia M beskryf haarself as ’n borrelende en nederige meisie. Haar tienerjare het haar geleer ge om altyd 100% in haarself te glo en haarself ontsettend lief te hê. “Jou tienerjare is ’n baie awkward tyd in jou lewe, so dis belangrik om te leer om nuwe vorms van jouself te aanvaar aanvaa en lief te hê.” Sy glo ook daar moet ’n balans tussen skoolwerk en ’n sosiale lewe wees.

GROOT GRO DROME EN ROLLE

Maak g gereed om haar nog lank op die kassie te sien, want td dié ywerige jong aktrise beplan om ná skool haar graad in drama te voltooi. Sy droom om eendag, of dalk sommer binnekort, ’n groot rol in ’n fliek los te slaan. In 2016 was sy in die kortfilm Die Ruimte tussen Niks. Sy het later ’n rol in die tweede seisoen van Die Boekklub vertolk. Haar eerste rol op die kassie was in die kykNET-sepie Suidooster, waarin sy die rol van Emma vertolk het.

ROEM EN PANTOFFELS

Maar vir eers is roem ’n nuutjie vir Mia. Sy word op straat as die aktrise van die televisie herken en moet bieg dat dit vir haar baie vreemd is. “Dit voel nog baie snaaks, maar ek geniet mense en om nuwe mense te leer ken.” Sy bloos nog vreeslik wanneer mense haar agtuur die aand by Checkers voorkeer om ’n foto te neem terwyl sy in haar onesie en pantoffels is, lag sy. Ja, sy erken nou sy sal so ’n bietjie meer moeite met haar uitrusting­s moet doen wanneer sy deesdae in die openbaar is.

Pretfeite oor Mia

Ek sing gereeld gereeld. Ek is ongeloofli­k lief vir kuns. My gunsteling­vakke is musiek en drama. Ek is gek oor katte. Sonneblomm­e maak my baie gelukkig. My gunsteling­kleure is swart en geel. Ek sing elke dag dieselfde liedjie – I See Fire, deur Ed Sheeran. En ek weet nie hoekom nie.

My luitoon is Let’s Get It on deur Marvin Gaye, want dit maak my lag en dan is ek in ’n goeie bui as ek die foon beantwoord.

Ek kan nie net een episode van ’n reeks kyk nie.

 ??  ?? Luan Jacobs, Neels van Jaarsveld en Mi Mia van dder MMerwe speell al l drie in Fynskrif, die nuwe dramareeks op kykNET.
Luan Jacobs, Neels van Jaarsveld en Mi Mia van dder MMerwe speell al l drie in Fynskrif, die nuwe dramareeks op kykNET.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa