Huisgenoot

Charlene se tweeling skitter op fees

Op ’n prettige feesdag in Monaco het prinses Charlene se klein Gabriella en Jacques te skattig gelyk in tradisione­le drag

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

KLEIN meisies droom dikwels daarvan om ’n prinses te wees, maar anders as in sprokies dra regte prinsesse nie altyd ’n kroon of tiara nie. Soms vra die glansgelee­ntheid vir ’n kappie op die kop. Toe Monaco se prinses Gabriella (3) die Grimaldi’s se tradisione­le feesdag onlangs saam met haar ouers, prins Albert (60) en prinses Charlene (40), bywoon, moes sy ’n outydse rooi rokkie en voorskoot dra.

Die blondekopp­ie het haar waardig gedra en haar blou oë en roosknopmo­nd het onder die groot kappie uitgeloer terwyl sy die skare saam met haar ouers en tweelingbo­etie, Jacques, trotseer het.

Dié klein troonopvol­ger van die prinsdom aan die Middelland­se See was in beige chino’s en ’n tradisione­le onderbaadj­ie soos dié van sy pa geklee.

Hy het soos ’n wafferse rolprentst­er gelyk met die byderwetse swart sonbril wat hy met tye op sy neusie gebalansee­r het.

Prinses Charlene het tradisione­le kleredrag vrygesprin­g en elegant gelyk in ’n swart-en-wit streeprok met ’n waaghalsig­e hoë syspleet.

Die adellike gesin het verskeie tradisione­le aktiwiteit­e bygewoon in een van Monaco se warmste somers in jare.

Pierre Casiraghi (30), oudste seun van Albert se suster prinses Caroline (61), was in volle mondering toe hy in een van die vertonings ’n ridder moes speel. Sy vrou, Beatrice Borromeo (32), het ook

verrigting­s bygewoon. Die twee se tweede seun, Francesco, is in Mei gebore, maar die jong ouers het nie gelyk of die nagtelike pajamadril met ’n nuwe baba hulle onderkry nie.

Die geleenthei­d was die viering van die tradisies en gebruike van verskillen­de streke in Monaco en die skare is met danse, kammageveg­te en ’ n indrukwekk­ende vertoning van lig en klank vermaak.

Sommige aktiwiteit­e het meer in die jong koninklike­s se smaak geval, soos ’n n speletjie met ’n veelkleuri­ge piñata wat t hulle kon moker tot dit oopgebars en die e lekkers om hulle neergereën n het.

Die kleingoed kon ook k plaasdiere streel en vashou u en op ’n brandweerw­a klou- - ter. Veral laasgenoem­de was ’n treffer onder die tweeling en die tweetjies het oor die radio gepraat en met die stuurwiel gespeel. Toe dit tyd word om hul neef Pierre se vertoning by te woon, het klein Jacques op ’n hooibaal tussen sy pa se bene gesit en Gabriella het teen haar ma se bors gelê, die kappie nêrens te sien nie.

ENKELE dae ná die feesdag het Charlene ’n vliegtuig na die suide gehaal vir wyle pres. Nelson Mandela se eeufeesvie­ring hier by ons in haar grootwordl­and. Sy het onder meer in Johannesbu­rg die 16de jaarlikse Mandela-lesing bygewoon.

By die Emperors Palace-vermaaksen­trum in Kempton Park het sy die media toegespree­k en aangekondi­g sy (Blaai om)

‘Ons moet maar aanvaar hulle is ’n sterk verenigde front’

wil in Februarie volgende jaar ’n waterfiets­uitdaging by die V&A Waterfront in Kaapstad aanbied.

Hiermee wil sy geld insamel vir die saak wat haar naaste aan die hart lê: die prinses Charlene van Monaco-stigting waarmee sy haar vir die bekamping van kinderverd­rinking beywer.

“Toe ek nog ’n swemmer was, het ek die wêreld deurkruis, maar ek het nog altyd gevoel dis my verantwoor­delikheid om aan Suid-Afrika terug te gee,” het die voormalige Olimpiese rugslagkam­pioen gesê.

“My grootste droom vir my stigting is om lewens te red en ek wil soveel mense moontlik daardeur bereik. Ek wil mense aanmoedig om te leer swem en hulle leer hoe om kunsmatige asemhaling toe te pas.”

Veral nadat sy ma geword het, was sy vasbeslote om haar stigting te gebruik om lewens te red, het sy vertel.

“Moederskap het my meer bewus gemaak van die omgewing waarin ons leef. Ons woon aan die kus en is deur swembadden­s omring. My grootste vrees is dat een van my kinders sal verdrink.

“Kleuters beweeg vinnig; dus moet ’n ma oë agter haar kop hê. Vandat ek ’n ma geword het, is ek beslis meer besorg oor kinders, ook my vriende s’n.”

Charlene sê sy hoop haar kinders sal eendag voortbou op die werk wat haar stigting doen en meer kinders help. “Ek wil hê hulle moet ander aanmoedig om te leer swem en kunsmatige asemhaling toe te pas en meer leer van die omgewing en oor bewaring.”

INTUSSEN ontwikkel die tweeling elkeen hul eie persoonlik­heid en word hulle te oulik groot. Charlene sê hulle is nogal uiteenlope­nd.

“Jacques is terughoude­nd,” het sy onlangs aan die Franse tydskrif Point de Vue gesê.

“Hy is seker van homself, maar gebruik sy tyd om die kat uit die boom te e kyk en niemand kan hom dwing om iets te doen nie.”

Dit blyk sy sussie is die ene selfvertro­ue. “Gabriella is bang vir niks. Met haar is dit altyd volstoom vorentoe,” het Charlene e vertel.

Die twee se persoonlik­hede het t al verlede jaar duidelik begin wys. s. Tot groot plesier van die skare in n Monaco het die tweetjies in Junie ie saam met hul ma op die balkon van die Pienk Paleis verskyn ter viering van Sint Johannes die Doper-dag.

Met hul ma se aanmoedigi­ng het hulle vir die mense gewuif. Jacques het ewe koninklik en formeel gewuif, maar sy sussie het dit met oorgawe gedoen. Sy het albei armpies uitgestrek en opgewonde tekere gegaan soos enige ander uitbundige woelwater van haar ouderdom.

Al verskil hulle baie, is hulle beste maats, sê Charlene. “Hulle is kop in een mus en nader aan mekaar as wat ons ooit gedink het hulle sou wees. Jacques is die liefde van Gabriella se lewe. Nie ek of Albert kan tussen hulle kom nie.”

Sy sê haar kinders se houding van “dis ons twee teen die hele wêreld” kan soms ’n uitdaging wees. “Ons kinders is uiters onafhankli­k en neem altyd saam besluite. En soms sê hulle vir ons nee. Dan sal ons wonder of ons verkeerd is; of hulle ons ore aansit. Ons moet maar aanvaar hulle is ’n sterk verenigde front.”

DIT lyk asof Charlene en Albert steeds ná ’n huwelik van sewe jaar ’n sterk band tussen hulle het. Die hele wêreld het toegekyk toe hulle op 1 Julie 2011 getroud is en die druk was kwaai om voor miljoene TV-kykers die jawoord te gee.

Maar dit lyk of die twee deesdae gemaklik is in die kollig en ook nie huiwer om voor die kameras soos ’n doodgewone paartjie op te tree nie.

Op ’n onlangse geleenthei­d van Charlene se stigting, die Riviera Water Bike Challenge in Monaco, het die prins sy vrou in die openbaar vol op die mond gesoen.

Charlene het aan die kompetisie deelgeneem. Dit is soortgelyk aan die een wat sy in die Moederstad wil aanbied. Albert het trots gelyk toe sy blitsvinni­g op haar waterfiets oor die water blits.

Haar span, Serenity, het gewen en sy het die trofee, en die soen, van haar man ontvang.

Jacques en Gabriella het aan wal gewag om hul atletiese ma geluk te wens. Die kinders was in oulike geel-en-oranje sportdrag geklee en het slaggereed gelyk om self in die water te spring en te begin swem.

Die tweeling, wat vlot Frans en Engels pra praat, kon swem voor hulle kon loop, het hul pa onlangs aan People vertel. Teen dié tyd swem hulle albei goed en kan hulle sorgeloos in die swembad van die Pienk Pa Paleis rondplas. “Hulle is soggens ’n volle tw twee uur in die swembad en weer in die middag. Ek pr probeer om elke dag hul m middagsess­ie by te woon,” s se die prins. Dis duidelik hulle het n net soveel energie soos h hul sportiewe ma. Tog bieg Charlene sy sukkel soms om by te bly wat die tweeling betref betref. “Sommige oggende slaap hulle later as gewoonlik en op ander dae word hulle vroeër wakker,” sê sy. “Op drie en ’n half is hulle so vol lewe dat dit soms vir my voel hulle het te veel energie vir hul ouderdom.” Maar dis mos maar die ding met tweelinge; dubbel die plesier, dubbel die moeilikhei­d! BRONNE: PEOPLE, US WEEKLY, DAILY MAIL, HOLA!, HELLO!

 ??  ?? Prinses Charlene met Gabriella en prins Albert met Jacques op ’n onlangse feesdag. Al die Grimaldi’s behalwe Charlene was in Monegaskie­se drag geklee.
Prinses Charlene met Gabriella en prins Albert met Jacques op ’n onlangse feesdag. Al die Grimaldi’s behalwe Charlene was in Monegaskie­se drag geklee.
 ??  ?? BO en REGS: Die koninklike tweeling het ’n bedrywige dag gehad.gehad Hulle het met plaas-plaasdiere kennis gemaak en ’n piñata getakel.
BO en REGS: Die koninklike tweeling het ’n bedrywige dag gehad.gehad Hulle het met plaas-plaasdiere kennis gemaak en ’n piñata getakel.
 ??  ?? REGS: Prinses Gabriella a in kleurryke ryke tradisione­le nele drag. ONNDER: Pierre erre Casiraghi hi en sy vrou, ou, Beatrice. e. Hy het die ie rol van ’n ridder vertolk.
REGS: Prinses Gabriella a in kleurryke ryke tradisione­le nele drag. ONNDER: Pierre erre Casiraghi hi en sy vrou, ou, Beatrice. e. Hy het die ie rol van ’n ridder vertolk.
 ??  ?? REGS: Die hele gesin het Charlene onlangs gesteun toe sy aan die Riviera Water Bike Challenge in Monaco deelneem. ONDER: ’n Soen van Albert toe haar span wen.
REGS: Die hele gesin het Charlene onlangs gesteun toe sy aan die Riviera Water Bike Challenge in Monaco deelneem. ONDER: ’n Soen van Albert toe haar span wen.
 ??  ??
 ??  ?? Gabriella het verlede jaar op Sint Johannes die Doper-dag met oorgawe vir die skare buite die paleis gewuif.
Gabriella het verlede jaar op Sint Johannes die Doper-dag met oorgawe vir die skare buite die paleis gewuif.
 ??  ?? LINKS: Op die Grimaldi’s se tradisione­le feesdag word die tradisies en gebruike van die verskillen­de streke in Monaco gevier. Die mans het ’n chino en onderbaadj­ie gedra en Gabriella ’n rooi rokkie met voorskoot en kappie. BO: Charlene op haar onlangse besoek aan haar geboortela­nd, Suid-Afrika.
LINKS: Op die Grimaldi’s se tradisione­le feesdag word die tradisies en gebruike van die verskillen­de streke in Monaco gevier. Die mans het ’n chino en onderbaadj­ie gedra en Gabriella ’n rooi rokkie met voorskoot en kappie. BO: Charlene op haar onlangse besoek aan haar geboortela­nd, Suid-Afrika.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa