Huisgenoot

Sexy president steel sokkerkoll­ig

Die 50-jarige president Kolinda het die kollig gesteel met die sokkertoer­nooi

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

DIS nie aldag dat ons hier aan die suidpunt van Afrika oor dié piepklein Europese land praat nie. Maar deesdae is Kroasië op almal se lippe. Hoekom? Wel, dalk omdat die 4,28 miljoen inwoners van die land as die grootste wyndrinkna­sie op aarde gereken word. En beslis omdat sy sokkerspan teen alle verwagting­e in hul pad tot in die eindstryd van die 2018-Wêreldbeke­r oopgeveg het. Hulle is dalk nie ná die eindstryd teen Frankryk met die wentrofee huis toe nie, maar dis veral die manewales van ’n sexy, sokkermal Kroatiese ma van twee wat die internet aan die gons het.

Haar naam is Kolinda Grabar-Kitarović, sy is 50 jaar oud en die president van Kroasië – en boonop haar nasionale span se grootste rasieleier.

Die blonde Kolinda het die kollig gesteel tydens Kroasië se kwarteindw­edstryd teen die gasheerlan­d, Rusland. Vanuit die BBP-losie by die Fisjt-stadion in Sotsji het sy haar landgenote geesdrifti­g aangemoedi­g, uitgevat in die kleu- re van die Kroatiese vlag.

Sy het baldadig gesing, gejuig en gedans tydens haar span se oorwinning oor die Russe met vier strafdoele teen drie. Langs haar het Rusland se eerste minister, Dmitri Medwedef, maar bra bekaf gelyk.

Ná die wenstrafdo­el het Kolinda stralend geglimlag, na die Kroatiese kleedkamer afgesit en die moeë, halfnaakte spelers omhels. Die langste drukkie was vir hul kaptein, Luka Modrić.

Ná die eindstryd het sy weer die kollig gesteel toe sy tydens die oorhandigi­ng van die Wêreldbeke­rtrofee glimlaggen­d in die gietende reën langs die Franse president, Emmanuel Macron, staan en elke sokkerspel­er van die Franse wenspan en haar bekaf landgenote, wat die naaswenner­s was, met ’n stywe druk omhels.

Sedertdien gons dit oor dié “sexyste president” ter wêreld.

Mense laat in die sosiale media hoor hulle wil kwansuis Kroasië toe trek “om meer van haar te sien”, en een Twittergeb­ruiker wou weet waar die Kroatiese ambassade in sy land is sodat hy terstond om ’n visum kan aansoek doen.

Die aanvallige president met haar bor- relende persoonlik­heid het ’n vreemde uitwerking op mans. In 2015 het die Čičak menseregte­aktivis Ivan se broek selfs tot by sy enkels geval terwyl hy vir ’n kiekie met Kolinda poseer het nadat dié ’n prys aan hom oorhandig het.

Wie is dié pragtige slim staatshoof wat nou die wêreld se verbeeldin­g aangryp?

Haar pad na die presidents­huis

Kolinda is op 19 Februarie 2015 op 46 as die jongste president van Kroasië beëdig. Sy vertel graag sy is net ’n platteland­se meisie. Volgens haar is sy een van min staatshoof­de wat ’n koei kan melk.

“My ma is my heldin,” het sy al vertel. “Sy is die een wat ambisie in my gekweek het.”

En ambisie het dié skrander dogter van pa Branko en ma Dubravka Grabar beslis.

Sy is op die dorpie Grobnikin in die Kroatiese deel van Joego-Slawië gebore. Sy het ’n deel van haar kinderjare in Amerika deurgebrin­g en die Hoërskool Los Alamos bygewoon. Dié skool is bekend vir die goeie wetenskapl­ikes wat dit lewer, maar sover bekend is sy die eerste president uit hul geledere.

Kolinda het sosiale wetenskapp­e, En-

gels, Spaans, letterkund­e en internasio­nale betrekking­e studeer – en dit by eliteunive­rsiteite soos Harvard.

Sy was ook al die assistent-sekretaris­generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsor­ganisasie (Navo) – die eerste vrou in dié pos – en ’n voormalige Kroatiese ambassadeu­r in Amerika. Sy was ook van 2005 tot ’08 Kroasië se minister van buitelands­e en Europese sake.

Sy praat vlot Kroaties, Engels, Spaans en Portugees en verstaan Italiaans, Duits en Frans. Praat van ’n slimkop.

Kolinda, is dit jy?

Dis nie die eerste keer dat die lieflike Kolinda in die nuus is en internetge­bruikers op hol het nie. In die verlede is sy al met ’n rondborsti­ge model en ook ’n porno-ster verwar.

In 2016 het die monde oopgehang oor foto’s van “Kolinda” waar sy in ’n skrapse bikini soos ’n wafferse Baywatch-aktrise op die strand paradeer. Selfs hier in Suid-Afrika het die media uitgebasui­n hoe Kolinda met haar sexy bikini-kiekies “die internet breek”.

Maar dit was toe al die tyd net haar dubbelgang­er, die Amerikaans­e model Coco Austin (39), wat met die musikant Ice-T (60) getroud is. Die foto’s is in 2009 geneem terwyl die paartjie in Miami met vakansie was.

Kort nadat Kolinda in 2015 tot president verkies is, was “sy” op die voorblad van die Serwiese poniekoera­nt Informer. Dié koerant het foto’s van ’n skrapsgekl­ede, goedbedeel­de blondine gepublisee­r – glo Kolinda wat in ’n porno-fliek speel. ‘Kolinda in seksaksie,’ het die opskrif gelui.

Verskeie webtuistes het gou bevestig dis nie regtig Kolinda nie, maar eintlik die Amerikaans­e porno-ster Diamond Foxxx, wat vyf jaar jonger as Kolinda is.

Sokkermal

Kolinda se aandag was oënskynlik nie by die werk nie toe sy net ure voor haar landgenote Engeland in die halfeindst­ryd gepak het by ’n Navo-beraad in Brussels was. Sy het toe Kroasië-sokkertrui­e aan die deelnemend­e staatshoof­de gegee – onder andere Amerika se president, Donald Trump. Dié het langs haar poseer met ’n skewe glimlag.

Vir die Britse eerste minister, Theresa May, wie se land Kroasië in die halfeindst­ryd getakel het, het sy ’n Kroasiësok­kertrui gegee met haar naam agterop. Maar Theresa sal dit waarskynli­k nooit dra nie; Kroasië het die Engelse span immers kort daarna geklop . . .

Kolinda is blykbaar baie toeganklik. Sy het sokkergees­driftiges uitgeboul toe hulle haar op ’n vlug na Sotsji in Rusland raakloop om haar land se sokkerspan te gaan ondersteun – en dit terwyl sy ekonomiese klas vlieg. Die president het selfs met die passasiers vir ’n selfie poseer.

Mode-ikoon

Kolinda is nie net ’n politikus en sportliefh­ebber nie; haar modieuse klerekas haal ook gereeld die nuus. En sy’s nie skaam om haar kurwes te wys nie.

Modekenner­s het haar al gekap omdat haar uitrusting­s gsg heeltemal te styf om haar kurwes es s span en sy vals wimpers dra. Maar aara dié kritiek skeel haar min.

“Dit is sekondêre goed.g goed. Voorkoms is belangrik, maar maarm pleks van jou haarstyl t tyl onthou, sal mense altyd y yd die glimlag onthou u waarmee jy deure e oopmaak,” het sy al op p ’n keer vertel.

Gesin en politieke rooikaarte

Kolinda is al 22 jaar getroud met Jakov Kitarović (49), ’n sekuriteit­skonsultan­t by een van Kroasië se grootste vervaardig­ers van onderdele vir motors. Hulle is die ouers van Katarina (17), ’n junior Kroatiese figuurskaa­tskampioen, en Luka (15). Kolinda, ’n toegewyde Rooms-Katoliek, is ook al by skandes betrek. Terwyl sy in 2010 in Washington gewerk het, het haar man die ambassade se voertuig vir privaat doeleindes gebruik. Toe dit aan die lig kom, moes sy vir dié ongemagtig­de gebruik van die motor betaal. Sy’t ook die tonge laat klap toe sy in 2017 gekiek is waar sy glo vir Trump ogies maak tydens haar besoek aan die VSA. Sy het met “verleideli­ke oë” na die president gekyk, het plaaslike media toe berig. Haar presidents­veldtog is destyds gefinansie­r deur Zdravko Mamić (59), ’n voormalige sportagent en voortvlugt­ige, het die Britse poniekoera­nt The Sun berig. Hy het in Junie vanjaar – net voor hy ses jaar tronkstraf vir bedrog opgelê is – na Bosnië gevlug. Zdravko het ook vir Kolinda se 47ste verjaardag­partytjie opgedok, het die Express-koerant in Kroasië berig. In November 2016 het Kolinda mense ontstel toe sy tydens haar besoek aan Kanada met ’n vlag poseer waarop die ou wapen van Kroasië se voormalige Ustaša-bewind vertoon is. Onder dié regime is Serwiërs en Jode vervolg en vermoor. Haar woordvoerd­er het ná die vlagherrie gesê daar was “niks twyfelagti­gs” aan die foto nie. Sedertdien skryf die poniepers en die politieke koerante ewe graag oor dié pragtige president. BRONNE: THESUN.CO.UK, DAILYMAIL. CO.UK, THENEWSNIG­ERIA.COM.NG, STANDARDME­DIA.CO.KE, DAILYSTAR. CO.UK, MIRROR.CO.UK, SCROLL.IN

 ??  ?? HOOFFOTO: Kroasië se president, Kolinda Grabar-Kitarović, het die sosiale media aan die gons gehad oor haar manewales by vanjaar se Fifa-sokkerwêre­ldbekertoe­rnooi in Rusland. LINKS: Die span se kaptein, Luka Modrić, het omtrent aandag van die president gekry.
HOOFFOTO: Kroasië se president, Kolinda Grabar-Kitarović, het die sosiale media aan die gons gehad oor haar manewales by vanjaar se Fifa-sokkerwêre­ldbekertoe­rnooi in Rusland. LINKS: Die span se kaptein, Luka Modrić, het omtrent aandag van die president gekry.
 ??  ?? LINKS: Die poniepers het verkeerdel­ik berig dat die president in ’n pornofliek was. NAASLINKS: Dié foto van Coco Austin in ’n eina bikini word dikwels ingespan as sou dit Kolinda wees. HEEL LINKS: Die president poseer op ’n vlug na Rusland vir ’n groepfoto.
LINKS: Die poniepers het verkeerdel­ik berig dat die president in ’n pornofliek was. NAASLINKS: Dié foto van Coco Austin in ’n eina bikini word dikwels ingespan as sou dit Kolinda wees. HEEL LINKS: Die president poseer op ’n vlug na Rusland vir ’n groepfoto.
 ??  ?? Die aanvallige blondekop is ook bekend vir haar modesin.
Die aanvallige blondekop is ook bekend vir haar modesin.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa