Huisgenoot

SARMA (Gevulde druiweblar­e)

-

GENOEG VIR 10 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 60 min.

1 ui, fyngekap 80 ml ( k) olyfolie 45 ml (3 e) swart korente, in water geweek 45 ml (3 e) dennepitte 7,5 ml (1½ t) liggies fyngedrukt­e peperkorre­ls 5 ml (1 t) fyn kaneel 375 ml (1½ k) rou jasmynof basmatirys 125 ml (½ k) fyngekapte vars kruisement, dille en pietersiel­ie 15 ml (1 e) suurlemoen­sap 400 g druiweblar­e 250 ml (1 k) kookwater 125 ml (1 k) olyfolie 1 Braai die ui in die olyfolie tot deurskynen­d. Voeg die korente, dennepitte, peper en kaneel by en hou aan braai tot die dennepitte goudbruin is. 2 Voeg die rys by en roer tot goed met die ander bestanddel­e gemeng. Voeg net genoeg water by om die rys te bedek. Voeg die kruisement, dille, pietersiel­ie en suurlemoen­sap by. Kook tot die rys sag is. 3 Giet kookwater oor die druiweblar­e. Dit sal die blare laat versag en die oortollige sout wegneem wat gebruik is om dit te pekel. Spoel twee keer as jy wil. Pak die druiwe- blare op ’n plat oppervlak met die are na bo en die blink kant na onder. Skep ’n lepel van die mengsel op en rol die blare in klein, stywe sigare op. 4 Plaas ’n paar blare onder in ’n pot, pak die gevulde blare op mekaar en bedek met die warm water en olyfolie. Laat prut oor lae hitte tot die water geabsorbee­r is. Laat die sarmas op ’n skinkbord afkoel en sit dit koud voor saam met suurlemoen­wiggies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa