Huisgenoot

GEGEURDE GEROOSTERD­E BEET

-

Eet verskillen­de sprinkels of geurmiddel­s by geroosterd­e beet vir ekstra lekkerte.

GENOEG VIR 6 MENSE (AS BYKOS) Bereiding: 15-20 min. Gaarmaak: 1 uur 8 bete, skoongeskr­op 30 ml (2 e) olyfolie UIEBOLAAG 15 ml (1 e) olyfolie 2 uie, in skyfies gesny 4 knoffelhui­sies, fyngedruk sout en peper 60 ml (¼ k) natuurlike volroomjog­urt 2,5 ml (½ t) fyn komyn ’n hand vol vars koljanderb­lare DUKKAH-EN-BILTONG 30 ml (2 e) sesamsaadj­ies 15 ml (1 e) koljanders­aadjies 5 ml (1 t) komynsaadj­ies 50 g gesoute grondboont­jies, grofgekap 100 g biltongsky­fies 60 ml (¼ k) roomkaas LEMOENBOTT­ER fyngeraspe­rde skil van 1 groot lemoen 50 g botter, by kamertempe­ratuur ’n hand vol pietersiel­ie en/ of koljanderb­lare Verhit die oond tot 180 °C. Hou tinfoelie byderhand. 1 Steek gaatjies in die bete met ’n vurk. Pak ’n beet op ’n stukkie tinfoelie en drup van die olyfolie oor. Vou die tinfoelie stewig om die beet toe. Herhaal met die res van die beet. Pak al die beet op ’n bakplaat en rooster 1 uur of tot sag. Sny die beet oop en skep een van die volgende bo-op:

2 Uiebolaag Verhit die olie in ’n pan en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel by en roerbraai nog 1 min. Geur met die sout en peper en sprinkel oor die beet. Meng die jogurt, komyn en koljander en skep ’n bietjie op elke beet. 3 Dukkah-en-biltong Rooster die sesam-, koljander- en komynsaadj­ies in ’n droë pan tot die kleur effens verander. Stamp die saadjies met ’n stamper in ’n vysel en meng die grondboont­jies deur. Sprinkel die mengsel bo-oor. Pak van die biltong bo-op en rond af met die roomkaas .

4 Lemoenbott­er Meng alles goed en skep op die warm beet. S

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa