Huisgenoot

So werk wind

Lug beweeg gedurig; ons noem dit natuurlik wind – ’n allerbelan­grike weerversky­nsel

-

HOEWEL ons nie die wind kan sien nie, kan ons dit beslis voel. Ons kan ook die uitwerking daarvan in die dinge rondom ons sien: blare wat oor die grasperk waai, ’n vlag wat in die wind wapper of ’n papier wat deur ’n sterk wind uit jou hand geruk word.

WAT IS WIND?

Wind is lug in beweging. bewegin Het jy al ooit gewonder wat wind veroorsaak? Dis nie iemand wat lug lu uit ’n baie groot mond blaas nie. Op ons planeet pl word die wind deur twee dinge bepaal: bepaa die aarde en die son. Wind word veroorsaak veroorsa wanneer die oppervlak van die aarde oneweredig o deur die son verhit word. Omdat Omda die oppervlak v uit verskillen­de soorte land- lan en watermassa­s m bestaan, absorbeer di dit die son se strale s l op verskillen­de kill d maniere. i re

Namate die son die aarde se oppervlak v verhit, word die atmosfeer ook verhit. Warm lug weeg minder as koue lug en styg dan op. Wanneer die warm lug opstyg, beweeg die koue lug in die warm lug se plek in. Hierdie beweging is wat die wind laat waai. Winde k kan verander, maar sommige is voorspelbb voorspelba­arder as ander.

Die spoed waarrt waarteen die wind waai, word bepaal deur die teem temperatuu­rverskil tussen die warm en kouu koue lug wat teen mekaar druk. Hoe groterr groter d die temperatuu­rverskil, hoe vinniger waai die wind.

Weervoorsp­ellle Weervoorsp­ellers probeer bepaal watter winde gaan waai w en watter weer die wind daarmee saam gaan bring.

Ons gebruik die punte van ’ n kompas om windrigtin­gs te beskryf: noord, o oos, suid en wes. Wind- rigting is die rigting waaruit die wind waai, nie die rigting waarin dit waai nie. Dus, as die wind vanuit die suide kom, noem ons dit ’n suidewind.

HOE WORD WINDRIGTIN­GS BEPAAL?

Drie belangrike faktore beïnvloed die rigting waarin die wind waai, naamlik gradiënt, die rigting waarin die aarde draai en wrywing.

Die gradiënt is die geleidelik­e veranderin­g van een ding na ’n ander. Wanneer dit by windrigtin­gs kom, het die gradiënt te doen met lugdruk.

Dit begin by ’ n hoogdruk, maar stadig word die druk wat deur die atmosfeer uitgeoefen word ál minder tot dit laag is.

Namate jy verder wegbeweeg van die gebied in die middel van die hoë druk, beweeg jy deur die drukgradië­nt tot jy by die lae druk is. Wind waai vanuit ’n hoë druk na ’n lae druk.

Die rigting waarin die aarde draai, het ’n interessan­te uitwerking op winde: Dit druk winde in die Noordelike Halfrond na regs en dié in die Suidelike Halfrond na links.

Soms is dié effek so sterk dat dit die wind teen die drukgradië­nt kan instuur.

Wrywing is die laaste faktor wat ’n invloed op die windrigtin­g het. Naby die aarde se oppervlak is daar baie dinge wat

met die wind inmeng en dit stadiger maak of die rigting beïnvloed. Dit sluit in bome, berge, huise, geboue, mere, oseane en riviere. Dié uitwerking is net belangrik naby die aarde se oppervlak.

Ons gebruik windwysers om windrigtin­g aan te dui. ’n Windwyser is basies ’n pyl wat in die wind in wys, met ’n stertvin aan die ander punt van die pylskag. Hierdie pylskag draai vry op ’n steunpunt reg onder hom sodat die pyl na die bepaalde windrigtin­g kan beweeg soos wat die wind van rigting verander.

Baie windwysers word weerhane genoem omdat ’n haan bo-op die pyl sit.

HEERSENDE WINDE

Daar is baie verskillen­de soorte winde. In party dele van die wêreld waai die wind amper altyd in een rigting. Wanneer ’n gebied deur ’n spesifieke wind oorheers word, noem ons dit die heersende wind.

Heersende winde speel ’n spesiale rol en help meteoroloë (weerkundig­es) om toekomstig­e weerpatron­e uit te ken.

Die westewinde in die Noordelike en Suidelike Halfrond waai vanuit die weste en het ’n groot invloed op seestrome. Die handelswin­de waai weer vanuit die noord- ooste of suidooste in die rigting van die ewenaar. Hulle is belangrike winde vir seevaart.

WIND IS NUTTIG

In nat dele help die wind om die grond op te droog omdat die wind die water wat nie deur die grond geabsorbee­r word nie terug in die atmosfeer opneem.

Die wind speel ook ’ n belangrike rol daarin om plante te help voortplant omdat dit sade vervoer en stuifmeel van een plant na ’ n ander waai sodat vrugte, groente en blomme kan vorm.

Mense het ook al geleer om die wind te gebruik om elektrisit­eit op te wek. Dink maar aan die groot windturbin­es wat ’n mens deesdae op windplase kan sien. Die reuselemme word deur die wind gedraai en is aan ’n kragopwekk­er gekoppel.

 ??  ??
 ??  ?? Orkane, tornado’s, tropiese siklone . . . ’n Mens kry verskillen­de soorte stormwinde. ’n Windkous wys die sterkte en rigting van die wind en word op alle lughawens aangetref.
Orkane, tornado’s, tropiese siklone . . . ’n Mens kry verskillen­de soorte stormwinde. ’n Windkous wys die sterkte en rigting van die wind en word op alle lughawens aangetref.
 ??  ?? ’n Weerhaan is ’n eenvoudige instrument wat windrigtin­g aandui.
’n Weerhaan is ’n eenvoudige instrument wat windrigtin­g aandui.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Hierdie windturbin­es skakel windenergi­e i in elektrisit­eit om – ’n skoon energiebro­n. Die wind help sommige plante om hul saads ver en wyd oor die aarde te versprei. Die heersende suidoostew­ind in Kaapstad is ook as die Kaapse Dokter bekend omdat dit...
Hierdie windturbin­es skakel windenergi­e i in elektrisit­eit om – ’n skoon energiebro­n. Die wind help sommige plante om hul saads ver en wyd oor die aarde te versprei. Die heersende suidoostew­ind in Kaapstad is ook as die Kaapse Dokter bekend omdat dit...
 ??  ?? berokken. Sterk S wind kan eiendom en die omgewing ernstige skade
berokken. Sterk S wind kan eiendom en die omgewing ernstige skade
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa