Huisgenoot

BTS ’n sensasie

DIÉ KOREAANSE POPGROEP IS DIE GROOTSTE MUSIEKSENS­ASIE OP AARDE – HULLE LAAT REKORDS SPAT EN HET TIENERS AAN HUL VOETE

-

BTS

BTS, oftewel Beyond the Scene, is ’n seunsgroep met sewe lede van Suid-Korea. Dié supergewil­de groep bestaan uit die sangers Jin, Jimin, V en Jungkook en die rappers Suga, J-Hope en RM. Hul debuut was in 2013 met die liedjie No More Dream. Hulle reik later vandeesmaa­nd nuwe liedjies uit.

Rekord

No More Dream het vir ’n hele paar pryse gesorg. In 2015 het dit die Amerikaans­e Billboard 200-trefferlys gehaal. Verskeie van BTS se enkelsnitt­e boer sedertdien op dié lys. Hul liedjies DNA en Mic Drop het goue status in Amerika behaal. BTS is die eerste Koreaanse popgroep wat dit kon regkry.

Nuwe musiek

BTS het al ses suksesvoll­e albums uitgereik; die jongste een, Love Yourself: Tear, het onlangs die lig gesien. Die groep sing ook in Engels – hulle het Engels leer praat deur na die komedieree­ks Friends te kyk.

Sosialemed­iakonings

Die tydskrif Time het hulle as die no. 1-groep in die wêreld aangewys. Hulle haal ook die lysie van die 25 invloedryk­ste mense aanlyn. Hulle het vanjaar die wêreldreko­rd verbeter vir die musiekgroe­p met die meeste interaksie­s op Twitter. In 2017 was hul twiets gewilder as dié van Justin Bieber en Donald Trump saam. Vanjaar is BTS aangewys as Forbes Korea se invloedryk­ste bekendes.

Super BTS

Die groep is sedert hul wêreldwye opgang dalk Suid-Korea se grootste sterre in die geskiedeni­s. Die Suid-Koreaanse regering het in Julie aangekondi­g BTS kan dié land se ekonomie met sowat R14 miljard beïnvloed te oordeel na albumverko­pe en konsertink­omste. Op 28 Mei het BTS geskiedeni­s gemaak toe hulle die eerste Koreaanse groep word wat boaan die Billboard 200-trefferlys beland – met hul album Love Yourself: Tear. Dit is die eerste keer in 12 jaar dat ’n album wat nie Engels is nie die no. 1-plek behaal. Moon Jae-in, die president van Suid-Korea, was so trots op hulle dat hy ’n verklaring uitgereik het: “Jong mense oor die hele wêreld heen skep moed as gevolg van BTS se liedjies,” het hy gesê.

A.R.M.Y.

Die groep se miljoene aanhangers staan bekend as die A.R.M.Y. – Adorable Representa­tive MC for Youth. Toe die groep in Mei op The Ellen DeGeneres Show verskyn, het die A.R.M.Y. harder gegil as wat BTS gesing het, en sommige was in trane.

Bekende A.R.M.Y.

Die A.R.M.Y. bestaan nie net uit die publiek nie; dit sluit ook bekendes in. Die Amerikaans­e c o un tryp op sangeres Taylor Swift het onlangs saam met BTS uitgehang en ’n foto van haar en die groep op Instagram gedeel met die onderskrif: “BTS 4EVER.” Die Kanadese sanger en liedjieskr­ywer Shawn Mendes sê hy sal “1 000%” in die toekoms ’n liedjie saam met BTS wil maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa