Huisgenoot

Lily Hollows se diep boodskap

Die Gautengse sangeres het ’n diep boodskap vir ouers met haar debuutlied­jie, Daddy I’m Gone

-

LILY HOLLOWS

(19) se liedjie Daddy I’m Gone gaan oor ’n jong meisie wat verlief is en teen haar oorbeskerm­ende pa rebelleer. Sy het die liedjie geskryf om ouers daarvan bewus te maak dat tieners groter ondersteun­ing in vandag se lewe nodig het, sê Lily. Die jong sangeres beskryf haar musiek as sielvolle en opbouende indie-jazz vir die jeug.

SY HET

’n baie hegte band met haar familie. “Ek weet nie wat ek sonder hulle sou doen nie. My broer laat my altyd tussen sy studie deur lag, en dit is vir my baie ondersteun­end,” sê Lily.

DIE SANGERES

van Roodepoort in Johannesbu­rg is gaande oor die Kanadese sanger Michael Bublé. “Michael is beslis my held. Sy musiek is sielvol.” Lily luister ook deesdae gereeld na die Amerikaans­e sangeres Demi Lovato se liedjie Tell Me You Love Me. “Die liedjie het ’n baie sterk boodskap, en ek huil nog elke keer wanneer ek na die musiekvide­o kyk,” sê Lily.

HAAR KREATIEWE GEES

is een van haar grootste voordele, sê Lily. Sy wil graag oor vyf jaar op die verhoog in ’n teaterprod­uksie of in ’n fliek haar buiging as aktrise maak om op dié manier positiewe boodskappe aan haar aanhangers oor te dra. “Ek weet dis moontlik as ek hard werk en nie tou opgooi nie.”

LILY SE LYS

prestasies spreek van haar talent as sangeres. Sy het provinsial­e kleure in die uitvoerend­e kunste verwerf van die Suid-Afrikaanse Federasie vir die Uitvoerend­e Kunste. In haar matriekjaa­r aan die Hoërskool Krugersdor­p is sy aangewys as die eerste prinses in haar skool se jaarlikse Mej. KHSskoonhe­idskompeti­sie. Sy het ook op skool ’n prys vir toneelspel gewen.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa