Huisgenoot

Piet Pompies beweeg met nuwe album ál verder weg van partytjiem­usiek

Dié sanger met die spitsvondi­ge verhoogper­soonlikhei­d se tweede soloalbum, My Harlekyn, is pas uitgereik

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

VERTEL ONS MEER OOR DIE ALBUM

Ek het aan die einde van 2016 aan dié album begin skryf. Hoewel dit steeds polsende voetstampl­iedjies bevat wat kenmerkend van Piet Pompies is, is hierdie een in die geheel ernstiger as my vorige albums.

Die liedjie Goodbye Is Net vir Nou is byvoorbeel­d spesiaal geskryf vir almal wat al iemand aan die dood afgestaan het. Ek het dit geskryf om self antwoorde te kry nadat ek gewonder het hoe ek ’n geliefde se dood sal verwerk.

Ek het My Kind of Girl, Cinema se 1994-treffer, ook ingesluit omdat dit steeds baie gewild by my optredes is. Die titelsnit, My Harlekyn, is ’n maand gelede as ’n enkelsnit uitgereik en het gou op die trefferpar­ades van gemeenskap­sradiostas­ies geboer. Dit was ook vier weke lank nommer een op Radio Laeveld.

Met dié album beweeg ek ál meer weg van DJ Ossewa se partytjiem­usiek. Almal word mo s maar die een of ander tyd groot, nè? Ek trek ook nie meer my hemp op die verhoog uit nie, want ek het nie meer ’n sixpack nie . . . Deesdae is ek net mooi . . . nie meer jonk nie. Om mooi te wees gaan nie net oor jou uiterlike nie, maar meer oor hoe jou binneste lyk.

HOE HET JOU MUSIEKPAD VERLOOP?

Ek het in ’n musikale huis in Pretoria grootgewor­d. Gedurende ons gereelde kuiers by my Rischmülle­r-grootouers in Pretoria-Noord is altyd ná Sondagmidd­agetes musiek gemaak en gesing. My pa, Pieter, was die orrelis by die NG kerk Pierneefra­nd. Ek is as klankingen­ieur opgelei en het in die laat 1990’s by die Staatsteat­er en Radio Pretoria gewerk en onder meer vervolgver­hale en orkeste opgeneem. Ek was ook ’n radioaanbi­eder en rugbykomme­ntator. In 2004 was ek een van die stigtersle­de en voorsanger van die musiekgroe­p DJ Ossewa. Ek het dié groep in 2014 verlaat om my vlerke te sprei en my musikale vermoëns uit te brei. My eerste s o l o a lbum, Solo, is in dieselfde jaar uitgereik.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa