Huisgenoot

Kook Turks

Tayfun Aras, eienaar van die Anatoli-restaurant in Kaapstad, het die resepte van sy geboortepl­ek, Ankara, in ’n boek opgeteken. Hier’s ’n proesel resepte

- Versorg deur CARMEN PETERSEN

PORTAKALLI PILIÇ (Hoender met lemoen)

GENOEG VIR SOWAT 8 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 40-45 min. 60 ml (¼ k) olyfolie 6 boud-en-dy-hoenderkwa­rte 2 rooi-uie, in skywe gesny 5 knoffelhui­sies, fyngedruk 2 lemoene, geskil en in 8 stukke elk verdeel (sny die wit lagie af; dit sal jou sous ’n bitter smaak gee) 15 ml (1 e) nigellasaa­d 10 ml (2 t) koljanders­aad 15 ml (1 e) swart korente, 10 min. in water geweek en gedreineer 15 ml (1 e) heuning 5 ml (1 t) fyn kaneel 1 groot kaneelstok 2 klein vars brandrissi­es, pitte verwyder en fyngekap sap van 2 lemoene 150 ml water 15 ml (1 e) botter ’n paar blare vars kruisement sout 5 ml (1 t) vars gemaalde swartpeper rys vir voorsit dubbelroom­jogurt vir voorsit

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en verbruin die hoenderstu­kke oraloor. Verwyder en plaas eenkant. 2 Braai die uie, knoffel, lemoenstuk­ke, nigella- en koljanders­aad in dieselfde pan. Voeg die korente, heuning, fyn en stokkaneel, brandrissi­es, lemoensap, water en botter by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut. 3 Plaas die gebraaide hoender ná 10 min. terug in die kastrol en kook nog 20-25 min. met die deksel op. Voeg die vars kruisement in die laaste 10 min. van die kooktyd by. Proe en voeg die sout en peper by. Sit voor saam met die rys en natuurlike dubbelroom­jogurt.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa