Huisgenoot

Meghan: Van selfversek­erd en sensueel tot stram en vervelig

Op voorskrifi­f van die paleiss lyk die eens spontane en sensuele suele Meghan deesdae stram, vaalaal en vervelig

-

MET haar innemende glimlag, blink oë en warm persoonlik­heid het Meghan Markle eers prins Harry se hart gesteel en toe die hele wêreld s’n. Maar nou, skaars twee maande ná hul sprokiestr­oue op 19 Mei, sê koninklike waarnemers die glimlag van die nuwe hertogin van Sussex lyk ál strammer. Die eens deurmekare­rige bolla het plek gemaak vir netjiese haarrolle of gladde lokke. En pleks van die stylvolle, treffende rokke wat haar sensualite­it voorheen beklemtoon het, dra sy nou stemmige tabberds in vaal, vervelige kleure.

Byna oornag het die lewenslust­ige Amerikaans­e aktrise ’ n gedaantewi­sseling ondergaan n om aan te pas in haar nuwe we rol as lid van die Britse se koningsges­in. Sy het et “beige-ified” geraak, k, soos ’n Britse joernalis dit stel.

“Die paleis het beige gebruik om die selfversek­erde en uitgesprok­e Meghan met die borrelende persoonlik­heid d van ons weg te neem m en haar in ’n konink- like robot te omskep, , soos hul l e altyd d maak,” skryf Sophie e Heawood in die Britse se koerant The Guardian. n.

Ook Meghan (36) se vervreemde pa, Thomas mas Markle ( 74), het opgemerk sy dogter se glimlimlag lyk deesdae “gepynig”. nig”. “Ek dink sy’s vreesbevan­ge,” het hy aan die Britse koerant The Sun gesê. “Ek sien ditdit in haar oë, in haar gesig en glimlag. Ek sien haar glimlag g al jare lank; ek ken dit dit. Ek hou nie van die een wat ek nou sien nie. Ek dink sy is onder te veel druk.” Meg Meghan het self tydens haar eerste koninklike be besoek saam met H Harry (33) teenoor ’n aanhanger in Ierland erken sy “mis” die tyd toe sy in die TV-reeks S Suits gespeel het. Sa Sal sy nog met selfvertr vertroue haar voete in die k koningsges­in vind? Of dr dreig die voorskrift­e en pr protokol van die konings ningshuis om Meg van haar unieke u sjarme te stroop?

HAAR KLKLERESTY­L

In die ver verlede is Meghan vir haar gemaklike, gem sjiek styl geloof. In alles al van geskeurde jeans, kêrelhemde, kêre potlood- rompe en nousluiten­de rokkies het sy die koppe laat draai.

Deesdae word sy gekiek in preutse onder-die-knie-rokke in neutrale skakerings en met stemmige palmtassie­s.

Af en toe kry ons nog ’n glimp van die “ou Meghan”, soos onlangs toe sy by Wimbledon opgedaag het in ’ n wyepypbroe­k en strepieshe­mp deur Ralph Lauren.

Op haar eerste koninklike verpligtin­g, ’n tuinparty om prins Charles se 70ste verjaardag te vier, het sy streng by die reëls gehou in ’n beskeie ligpienk rok en bleek kouse, ’n voorkoms waarmee sy haar skoonsuste­r, Kate (36), naboots.

As nuweling in die koninklike kringe wil Meghan duidelik geen voet verkeerd sit nie, selfs al beteken dit sy moet vervelige kleure soos beige dra. Dalk is dit bloot ’n praktiese reëling om nie die koningin se kollig te steel nie.

“As jy gesien word saam met die koningin, wat helder kleure dra, is dié neutrale palet waarby sy (Meghan) hou ’n teken van respek,” sê die Britse modeontwer­per Caroline Castiglian­o.

Die Britse etiketkenn­er William Hanson stem saam. “Op geleenthed­e saam met die koningin laat sy Haar Majesteit skitter,” sê hy.

Terwyl Meghan haar bes doen om reg aan te trek, tre laat haar klerereken­ing die oë rek. Sy het he na bewering sowat R2,7 miljoen aan 15 nuwe uitrusting­s bestee vir elk van h haar amptelike verpligtin­gs in die eerste tw twee maande ná haar troue. Dit is meer as die R1,6 miljoen wat Kate in 2017 op klere k uitgegee het.

Anders as haar spaarsame skoonsus is Meghan nog nie twee keer in dieselfde uitrusting gesien nie. Kate dra dikwels goedkoper kettingwin­keluitrust­ings na spesiale geleenthed­e, maar Meghan verkies skeppings van ontwerpers soos Dior, Givenchy, Prada en Chanel.

DIE DRUK VAN FAMILIEDRA­MA

Asof die druk as nuwe koninklike nie genoeg is nie, bly haar familie aan die ander kant van die Atlantiese Oseaan skandes maak. Die jongste kinkel in die voortslepe­nde drama is dat haar vervreemde pa glo nooit ’n noodhartop­erasie ’n paar dae voor die koninklike troue ondergaan het nie. Dit was ’n leuen om die troue mis te loop, het ’n bron na aan Meghan aan die Britse koerant Daily Mail gesê.

Toe dié publikasie die hospitaal in Mexiko kontak om te hoor of Thomas Markle wel op 16 Mei daar opgeneem is, kon hulle “niemand met so ’n naam” onder die pasiënte vind nie.

“Die storie oor sy swak gesondheid was sy manier om simpatie by die publiek te kry en die aandag weg te lei van daardie geposeerde foto’s wat ’n verleenthe­id vir Meghan en die koninklike familie was,” meen die bron.

Thomas is betrap dat hy kort voor die troue teen betaling vir kastige steelfoto’s poseer het. Hy het later in die openbaar verskoning gevra. “Natuurlik is Meghan vies vir hom . . . en dit is sy eie skuld,” sê die bron. “As hy werklik siek was, sou Meghan moeite gedoen het om hom te besoek. Moenie hom bejammer nie. Kry eerder vir Meghan jammer.”

In ’n onderhoud met die Britse koerant The Sun het Thomas vertel Meghan beantwoord al die afgelope meer as twee maande nie sy oproepe nie. Ook die boodskappe wat hy vir haar by die paleis laat, word met stilte begroet.

Aan die nuuswebtui­ste TMZ het hy gesê hy sal aanhou uitpraat “tot hulle (die koninklike­s) hul stilte verbreek”, want hy wil net vrede maak met sy dogter. “Ek mis haar,” sê hy.

Nadat Meghan onlangs saam met Harry by die Nelson Mandela-eeufeesuit­stalling in Londen was, het haar suster, Samantha Grant, getwiet: “Hoekom bring jy nie hulde aan jou eie pa nie?! Dis nou genoeg. Tree op soos ’n filantroop, tree op soos ’n vrou . . . as ons pa sterf, is dit jou skuld!”

WAT SÊ HARRY?

Al trek Meghan nou konserwati­ewer aan, is sy steeds lief vir ’n broekpak. Maar toe sy vir hul eerste amptelike buitelands­e toer na Australië, Nieu-Seeland, Fidji en Tonga in Oktober broekpakke wou inpak, het Harry gesê hokaai.

Meghan het beplan om ’n skepping van Stella McCartney in die aandpaksty­l, soortgelyk aan een wat prinses Diana na ’n formele geleenthei­d in 1988 gedra het, vir ’n glansgelee­ntheid aan te trek. Maar Harry wou niks daarvan weet nie.

Die koningin is geen voorstande­r daarvan dat vroue broek dra nie. Sy raak “ongemaklik” met enigiets wat nie soos ’n perdrybroe­k lyk nie, skryf die Daily Mail.

“Meghan is aangesê sy moet ophou om soos ’n Hollywood-ster aan te trek en om soos ’n koninklike aan te trek,” het die bron vertel. “En Harry stem saam.”

SY DRUK MOEDIG DEUR

Ten spyte van die druk op haar probeer Meghan moedig aandag gee aan die dinge wat vir haar saak maak. Sy het ’n groot hart vir ander, soos uit haar jare lange liefdadigh­eidswerk blyk. Sy was onder meer die wêreldwye ambassadeu­r vir World Vision, die wêreld se grootste internasio­nale liefdadigh­eidsorgani­sasie vir kinders.

Tessy Ojo, bestuurder van die Diana Award-liefdadigh­eidsorgani­sasie in Engeland, was beïndruk met Meghan nadat sy met haar by die onthaal ná die koninklike troue gesels het. Toe Tessy sê sy sal graag nou met die nuwe hertogin wil saamwerk, het Meghan laat hoor: “Fantasties; dis hoekom ek hier is.”

Andrew Morton, die skrywer van Diana se biografie, meen Harry se ontslape ma sou beïndruk gewees het met Meghan. “Nes Diana wil sy teruggee, betrokke raak by die gemeenskap en kwessies aanroer waaroor ons liefs nie wil praat nie.”

En al kou Meghan nou harde bene as groentjie in die koninklike kringe, lyk dit of sy yg gaan vasbyt.

Sy het laat hoor sy wil volgende j jaar vir Harry “al die plekke wat sy li liefhet” in haar geboortela­nd, Amer rika, gaan wys voor hul eersteling sy o of haar opwagting maak, vertel ’n v vriend van die paartjie.

Maar niemand rep ’n woord daaro oor of ’n kuiertjie by pa Thomas ook o op hul reisprogra­m sal wees nie. BRONNE: B SUNSHINECO­ASTDAILY.COM.AU, TIME.COM, DAILYMAIL.CO.UK, GUARDIAN.CO.UK, IRISHMIRRO­R.IE, TELEGRAPH.CO.UK, EXPRESS.CO.UK

 ??  ??
 ??  ??
 ?? Saamgestel deur NICI DE WET ?? HOOFFOTO: Meghan trek deesdae neutrale kleure en duur ontwerpers­uitrusting­s aan, soos dié rok deur Carolina Herrera. ONDER: Sy het voorheen ’n byderwetse­r styl gehad.
Saamgestel deur NICI DE WET HOOFFOTO: Meghan trek deesdae neutrale kleure en duur ontwerpers­uitrusting­s aan, soos dié rok deur Carolina Herrera. ONDER: Sy het voorheen ’n byderwetse­r styl gehad.
 ??  ?? EERS
EERS
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Vir prins Louis se doop het Meghan olyfgroen gekies. Die rok is deur een van haar gunsteling­ontwerpers, Ralph Lauren. NAASLINKS: Meghan se neutrale kleure word as ’n teken van respek teenoor die koningin beskou. In Junie was die twee by ’n geleenthei­d in die stad Chester. ONDER: Saam met haar konserwati­ewer skoonsus, Kate.
LINKS: Vir prins Louis se doop het Meghan olyfgroen gekies. Die rok is deur een van haar gunsteling­ontwerpers, Ralph Lauren. NAASLINKS: Meghan se neutrale kleure word as ’n teken van respek teenoor die koningin beskou. In Junie was die twee by ’n geleenthei­d in die stad Chester. ONDER: Saam met haar konserwati­ewer skoonsus, Kate.
 ??  ?? ’N BIETJIE VAN DIE OU MEGHAN
’N BIETJIE VAN DIE OU MEGHAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa