Huisgenoot

Demi-Leigh se ou ’n gelowige sportster

Demi-Leigh se nuwe kêrel is ’n sexy sportster wat nes sy gelowig en warmhartig is

- Deur COLIN HENDRICKS

HY IS al as een van die sexyste mans ter wêreld aangewys, ’n spiertier wat 1,9 m in sy sokkies staan en in Amerika as sportster naam gemaak het. Op 30 is Tim Tebow die soort man wat baie vroue laat swymel, maar hy was na ’n besondere vrou op soek. “Ek soek iemand met ’n goeie hart. Sy moet gaaf wees, vir ander mense omgee en niks daarvoor terugverwa­g nie,” het hy sy droomvrou verlede jaar in ’n onderhoud met die Amerikaans­e tydskrif People beskryf.

Dit was asof Kupido regop gesit en aantekenin­ge gemaak het, want toe kom ’n nooi van die kusdorpie Sedgefield in die Wes-Kaap en slaan sy voete onder hom uit.

Ja, Tim, wat in 2014 deur People as een van die sexyste mans op Moeder Aarde bestempel is, se nuwe nooi is amptelik die mooiste vrou in die heelal, ons eie Demi-Leigh Nel-Peters (23).

Hy het onlangs in ’n onderhoud met die sportkanaa­l ESPN aangekondi­g hy is van die mark af. “Sy is regtig ’n spesiale meisie en ek is gelukkig en geseënd dat sy in my lewe is,” het hy oor Demi-Leigh gekoer.

Demi-Leigh woon vanjaar in New York, maar het die nuus oor haar verhouding bevestig toe sy in Julie met die herdenking van Madiba se 100ste verjaardag ’n draai in Suid-Afrika maak. “Daar is iemand,” het sy in ’n onderhoud met die radiostasi­e 947 gesê. “Hy is spesiaal en ’n groot seëning in my lewe. Hy is tans ’n bofbalspel­er en is ’n voormalige NFLvoetbal­speler . . . Kyk na al die titels wat ek nou rondgegooi het. Ek is baie trots.”

Demi-Leigh se pa, Bennie Peters, en sy vrou, Elzabé, wat in Potchefstr­oom woon, en haar ma, Anne-Mari Steen- kamp,kamp en dié se man man, Johan, Johan wat in Sedgefield woon, het al die nuwe man in haar lewe ontmoet.

“Ja, sy het ons aan Tim voorgestel en al vier ouers het deur middel van FaceaceTim­e met hom gesels toe sy ’n vorige rige keer in Suid-Afrika gekuier het,” vertel ertel Elzabé aan Huisgenoot.

Sy beskryf Tim as ’n warmhartig­e, e, onopgesmuk­te mens. “Hy het ’n sterk Christen-geloof. Demi se geloof was s nog altyd ’n prioriteit in haar lewe. Ons is bly dat sy iemand gekry het wat haar waardes deel. ”

OP DIE oog af lyk die twee soos die perfekte pasmaats. maats. Maar die prikkelpri­ns ns en die skoonheids­koningin in het meer gemeen as ’n aantrekntr­eklike voorkoms. Albei is gelowig, familievas en passievol sievol daaroor om aan die gemeenskap terug rug te gee.

Toe hul paaie die eerste keer kruis, s, was dit by ’n liefdadigh­eidsgeleen­theid d van Tim se eie stigting, Tim Tebow Foundandat­ion. Dié geleenthei­d is in Februarie e op die dorpie Manassas, Virginië, gehou. ou.

“Sy organisasi­e werk nou saam met kinders met gestremdhe­de. Hulle hou ou elke jaar ’ n geleenthei­d, Night to o Shine, en hy het my soontoe genooi,” ”

‘Ons is bly DemiLeigh het iemand gekry wat haar waardes deel’

het Demi-Leigh in die radio-onderhoud met 947 vertel en bygevoeg: “My suster is met ’n gestremdhe­id gebore.”

Haar halfsuster, Franje Peters (12), ly aan ’n seldsame toestand waar die kleinharsi­ngs in haar brein ontbreek. Vir haar ousus is sy “’n inspirasie’’, soos DemiLeigh tevore vertel het.

Die wêreld het die eerste keer snuf in die neus gekry dat hulle ’n paartjie is toe Tim, wat vir die New York Mets-bofbalspan uitdraf, se suster Katie op 10 Julie ’n foto op Instagram deel van haar, hul ouboet Robby en Tim, met sy arm styf om Demi-Leigh se slanke lyf.

Dieselfde dag het Robby ’n groepfoto gedeel waarop Demi-Leigh, uitgevat in ’n sexy rooi rok, knus langs Tim poseer. “’n Wonderlike aandete gisteraand saam met familie en vriende,” het Robby daarby geskryf.

Demi-Leigh is nie die eerste Mej. Heelal wat die sexy adonis se oog vang nie. In 2015 is hy romanties verbind met Mej. Heelal van 2012, Olivia Culpo (26). Dit was nadat sy en die sanger Nick Jonas (25) ná ’n verhouding van twee jaar uitmekaar is.

Olivia het Tim glo die trekpas gegee omdat hy ’n maagd wil bly tot hy getroud is. “Sy het met hom uitgemaak, want sy kan nie die seksding hanteer nie,” het ’n bron toe aan New York Daily News vertel.

Die gelowige Tim is in Augustus 1987 in die Filippynse hoofstad, Manila, gebore as die jongste van vyf kinders. Sy Amerikaans­e ouers, Robert en Pamela, het toe sendingwer­k daar gedoen.

Voor sy geboorte het dokters sy ouers aangeraai om ’n aborsie te ondergaan weens komplikasi­es met sy ma se swangerska­p. Maar Pamela het op grond van haar geloofsoor­tuigings daarteen besluit.

Hy was drie toe die gesin na Jacksonvil­le, in die Amerikaans­e deelstaat Florida, verhuis. Tim, wat dislekties is, het in 2007 die Heisman-trofee ontvang vir die beste kollegevoe­tbalspeler in die land. Voor wedstryde het hy gereeld ’n teksvers op sy wangbene geskryf voor dié gebruik in 2010 verbied is.

Op sy Instagram-blad deel hy gereeld Bybelverse met sy 1,4 miljoen aanhangers en hy is lid van die Fellowship of Christian Athletes, wie se lede onderneem om ’n maagd te bly tot hulle getroud is.

Demi-Leigh het in Januarie vanjaar haar verhouding van vier jaar met Geo Botha (30), wat in 2014 ’n finalis in die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie was, verbreek. Die stilis Werner Wessels het dié twee destyds aan mekaar voorgestel toe Demi-Leigh nog ’n student aan die Universite­it van Potchefstr­oom was omdat hy gedink het hulle “sou perfek vir mekaar wees”, onthou Geo.

Dié sakeman en welvaartbe­stuurder was verlede November in Las Vegas toe sy as Mej. Heelal gekroon is.

“Vanjaar is ’n baie groot jaar vir haar en sy volg haar drome na. Sy is ongeloofli­k besig en reis die wêreld vol. Dis tyd vir haar om op haarself te fokus,” het Geo in Mei aan Huisgenoot oor die einde van hul romanse gesê.

Toe Huisgenoot hom om kommentaar oor haar nuwe verhouding nader, was hy weer vol lof vir sy eks. “Dit was nooit my doel om met ’n Mej. Suid-Afrika of ’n Mej. Heelal uit te gaan nie. Dit was my doel om Demi te help om haar potensiaal te bereik – daarin was ek suksesvol; daarom is ek oor niks spyt nie.”

Hy sê hulle het mekaar nog altyd vertrou en gerespekte­er. “Ek het nie omgegee om ’n ondersteun­ende rol te speel terwyl sy haar dro- REGS: Demi-Leigh en haar eks Geo Botha. HEEL REGS: Tim se eks Olivia Culpo is ’n voormalige Mej. Heelal. me nastreef nie. Sy het ’n doelbewust­e poging aangewend om my op haar reis in te sluit en deurentyd met my gekommunik­eer.”

Geo vertel hy is nou enkellopen­d, maar sal iemand wil ontmoet wat sy waardes deel. “Maar anders as Tim, dink ek nie dit sal nog ’n Mej. Heelal wees nie,” terg hy.

VOLGENS die Britse Daily Mail is Demi-Leigh nou sowat R67 miljoen werd. In haar jaar as Mej. Heelal word sy ’n salaris betaal, sy kry gratis verblyf in ’n luukse woonstel, en onder haar pryse tel alles van ’n diamanttia­ra tot ’n motor, klere en skoene. Daarby kan sy baie geld uit model- en promosiewe­rk verdien.

As Mej. Heelal is dit volgens die kompetisie se reëls nie vir haar taboe om ’n verhouding te hê nie, maar wel om te trou terwyl sy nog die titel het.

Haar kêrel is twee keer so ryk as sy met ’n fortuin van R135 miljoen. Tim het dit aan ’n suksesvoll­e voetballoo­pbaan van 2006 tot 2015 te danke. Hy speel nou bofbal, was aanbieder van die TV-program Good Morning America en is medeaanbie­der van SEC Nation vir ESPN.

Die modeontwer­per Anél Botha, wat Demi- Leigh se aandrok vir die Mej. Heelal-kompetisie geskep het, sê sy het Tim nog nie ontmoet nie. “Maar soos ek Demi-Leigh ken, omring sy haar net met mense wat haar hart verryk en haar belange e deel. deel.”

In November ber oorhandig Suid-Afrika se eie Mej. Heelal haar kroon aan haar opvolger. Hopelik opelik is Demi-Leigh dan nie vir ewig vir ons verlore noudat sy haar aar hart op ’n man in die Groot t Appel verloor het nie . . .

EKSTRA BRONNE: PEOPLE.COM, EOPLE.COM, NEWYORKPOS­T.COM, SPORTSGOSS­IP.COM, P.COM, DAILYMAIL.CO.UK, CELEBSNETW­ORTHTODAY.COM, TODAY.COM, EONLINE.COM, NEWSDAY.COM, THETRENDIN­GSTORY.TRENDINGST­ORY.COM

 ??  ?? HOOFFOTO: Ons eie Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters, se nuwe kêrel is Tim Tebow (LINKS ONDER), wat in 2014 deur People as een van die wêreld se sexyste mans aangewys is.
HOOFFOTO: Ons eie Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Peters, se nuwe kêrel is Tim Tebow (LINKS ONDER), wat in 2014 deur People as een van die wêreld se sexyste mans aangewys is.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Van links is Tim se broer Robby, sy suster Katie, Tim en Demi-Leigh op die foto wat die tonge laat klap het. HEEL BO: Demi-Leigh sê haar gestremde suster, Franje, is haar inspirasie. Tim beywer hom vir gestremdes.
BO: Van links is Tim se broer Robby, sy suster Katie, Tim en Demi-Leigh op die foto wat die tonge laat klap het. HEEL BO: Demi-Leigh sê haar gestremde suster, Franje, is haar inspirasie. Tim beywer hom vir gestremdes.
 ??  ?? HAAR EKS
HAAR EKS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa