Huisgenoot

Man ontvoer buurvrou se lastige katte

Toe Paula se buurman genoeg sonde met haar katte gehad het, het hy twee op ’n ander dorp gaan aflaai

-

SO ’Nkatterigh­eid ’N katterighe­id het dié rustige, gegoede Kaapse voorstad lank laas gesien: Die naels is uit, die rûe gespan en die hare penorent. Aan die een kant van die draad is Elbrecht Oswald met sy liefde vir tuinmaak in sy oop voortuin. Dié pensioentr­ekker (69) wat in sy blombeddin­gs werskaf, is al jare lank ’n alledaagse gesig in Welgelegen.

Aan die ander kant van die draad – in werklikhei­d twee erwe verder in die rustige singel – woon Paula Kingham die afgelope ses jaar: ongetroud en sonder kind of kraai, behalwe haar vier katte; trouens, hulle ís haar kinders.

Maar katte steur hulle nie aan mensgemaak­te dinge soos heinings nie. En dis waar die moles begin het wat nou al in die landdrosho­f gedraai het.

Weens die verkeerde soort bemesting gaan dit die afgelope ses jaar beroerd met sy geliefde tuin, vertel Elbrecht. Want probeer hy sy hand met ’n plant in die grond steek, is dit die ene katmis.

Die ergste vir hom was toe sy kokketiel op ’n dag dood neerslaan – weens ’n hartaanval, glo hy vas, omdat die voël vir een van Paula (52) se katte geskrik het.

En toe Paula weer sien, is twee van haar kattekinde­rs – eers Oberon en toe Phoebe – skoonveld. Sy was verpletter.

“Ek’s ongetroud, is al kind en het geen familie in die Kaap nie. Ja, ek’t baie vriende, maar my katte is my alles. Toe Phoebe en Oberon verdwyn, het ek baie gehuil. Hul plekke op my bed was leeg . . .”

Later het die waarheid uitgekom: Elbrecht het die katte in sy kar se kattebak geprop en afgelaai op Atlantis, ’n nywerheids­dorp sowat 35 km noord van hier.

Nou staar ’n klag van diefstal hom in die gesig en is almal boos vir hom.

“Ja, ja. Ek’s baie jammer. Ek sien nou dit was baie verkeerd van my. Maar ek kon dit net nie meer vat toe my kokketiel dood is nie; ek kon nie meer nie,” sê hy.

“My bloeddruk is hoog; ek stres baie. Nou moet ek op my ouderdom vir die eerste keer in die hof gaan staan.”

Paula is verheug dat sy ná ’n spanningsv­olle soektog van 27 dae ’n uitgeteerd­e Phoebe in ’n nywerheids­gebied naby Atlantis gevind het. Maar Oberon se plek op haar bed is steeds leeg . . .

ELBRECHT wys na die motballe wat hy in sy tuin gestrooi het om die katte uit te hou – maar vergeefs. “My hele tuin is vol katmis. Hulle krap die grond om en urineer oral,” sê hy en lyk sommer van voor af omgekrap. En dis nie al nie, sê hy. “Ek het bevrore maalvleis op die kombuis se vensterban­k gesit om te ontdooi, en toe ek weer sien, vreet een van Paula se katte dit.”

Maar sy kokketiel se dood in Junie vanjaar was vir hom die laaste strooi, sê hy.

“Die motorhuis se venster is altyd oop vir vars lug en so, jy weet. My kokketiel was in sy hok daar. Een van die katte kom toe die motorhuis binne; ek het hom gesien. My kokketiel skrik toe so groot dat hy ’n hartaanval kry – net daar dood.

“Hy was 15 jaar oud, my kokketiel,” sê Elbrecht hartseer. “Ek het al hoeveel kere vir Paula gesê die katte pla my, maar dit help nie. Ek wou toe self van die katte ontslae raak,” bieg hy.

“Net ná my kokketiel se dood gryp ek toe die eerste kat wat ek in my erf aantref, gooi hom in my kar se kattebak en ry.”

Dit was Oberon. Elbrecht het hom ter-

stond op Atlantis afgelaai. Twee dae later het hy Oberon se sussie, Phoebe, ook in sy tuin gevang en op dieselfde plek gelos.

Ons stap die entjie na Paula. Sy nooi ons binne en maak haar gemaklik op die rusbank. ’n Pragtige wit-swart-en-gemmer kat spin om haar voete. Dis Phoebe.

“Vandat ons haar gekry het, volg sy my oral,” sê Paula en tel die kat op haar skoot. “Sy los my nie uit nie.”

Langs haar sit Paulette Doo van die welsynorga­nisasie Kitten Cottage op Philadelph­ia, ’n Swartlands­e dorpie tussen hier en Atlantis. Paulette het gehelp met die soektog na Phoebe. “Wat ’n soektog was dit nie!” sê Paulette.

Dis 27 dae wat sy nooit weer wil beleef nie, sê Paula, ’n voormalige prokureur.

“Op Maandagogg­end 11 Junie was ek kwart oor sewe tuis ná ’n Pilateskla­s. Ek’t in die loop van die dag al die ander katte gesien: die lieftallig­e Phoebe; William, die oudste, wat met almal oor die weg kom; en Jezebel, die bederfde prinses. “Maar Oberon was nêrens te sien nie.” Toe hy die volgende môre nog nie tuis was nie, het Paula haar begin bekommer.

“Ek het by al die bure aangeklop om te hoor of hulle Oberon gesien het. Elbrecht het sy kop geskud en nee gesê toe ek hom vra. Ek het deur die strate geloop en na Oberon geroep. Maar niks.”

Twee dae later het sy vroegoggen­d gaan roei. Toe sy omstreeks halfelf tuiskom, was Phoebe skoonveld. “Ek het dadelik geweet iets skort,” sê Paula.

Dae lank het sy aan al die bure se deure geklop om na haar katte te vra. Elbrecht het weer ontken hy het haar “kinders” gesien. Sy het terneerged­ruk geword en die ergste gevrees.

Eindelik het sy haar tot die sosiale media gewend. Dis toe dat sy ’n oproep kry van ’n vriendin van Elbrecht se dogter.

“Volgens haar het hy sy dogter vertel hy het my katte buite Atlantis afgelaai.”

Paula raak emosioneel. “Ek het geweet hy het ’n probleem met my katte. Hy het so drie keer per jaar gesê ek moet my katte in n my huis hou hou. Ek het hom ’n waterpisto­ol gegee om die katte mee te verjaag, maar hy was nie tevrede nie.

“Ek het probeer verduideli­k ’n mens kan nie katte toesluit nie. Die ander bure het nie ’n probleem met hulle nie.”

Paula is toe polisie toe, waarna beamptes saam met haar na Elbrecht se huis gegaan het. “Hy het dit ontken.”

Maar Paulette het hom pal gekonfront­eer. ’n Week later het hy eindelik gebieg en haar gaan wys waar hy die katte gelos het. Toe begin die groot soektog met die hulp van Paulette, talle vrywillige­rs en selfs afstandbeh­eerde vliegtuigi­es met kameras. Paulette het vanghokke met kos oral in die gebied neergesit.

Maar die een dag ná die ander het verbygesle­ep sonder ’n teken van die katte.

EINDELIK, op Sondag 8 Julie, die 27ste dag, het ’n nywerheids­werker Paula gebel en gesê hy het ’n kat soos een van hare in ’n nywerheids­gebied by Atlantis gewaar. Sy en Paulette is onmiddelli­k soontoe.

“Ek’t ’n kat 150 m ver gesien en vermoed dis Phoebe. Die kat het weggehardl­oop en dit het donker begin raak.”

Paulette het toe voorgestel hulle gaan vroeg die volgende môre terug. “Daardie nag kon ek nie slaap nie. Ek het heeltyd bly wonder of ek ooit my katte sou terugkry,” vertel Paula.

Die volgende oggend is hulle terug en sien toe ’n kat agter ’n heining by ’n baksteenfa­briek lê. “My hart het vinniger klop. Ek het Phoebe se naam geroep. Toe sy opkyk, sien ek daai bont gesiggie. Ek was in ekstase.”

Phoebe het na haar mense-ma aangehardl­oop gekom. “Ek het haar deur die gat in die heining gevryf; sy het dadelik begin spin . . .”

Phoebe was uitgeteer en getraumati­seer en sukkel nog om aan te pas. En Oberon? Paula is bekommerd. Hy is net meer as ’n jaar oud en weet nog nie mooi hoe om na homself te kyk nie, sê sy. “In elke vertrek is ’n leemte, want hy het al agter my aangeloop. Maar ek sal soek tot ek hom kry.” Paula is vies dat Elbrecht sê haar kat het sy kokketiel se dood veroorsaak. Sy sê dis twak. “Elbrecht sal natuurlik kwaad wees oor die hofsaak, maar ons sal in ’n stadium weer moet praat oor die katte en ’n middeweg moet vind, want nie ek of hy sal trek nie. “Hy moet besef sy optrede was verkeerd. Dalk moet hy ’n muur voor sy huis bou om diere uit te hou.”

Elbrecht het vlugtig in die Bellvilles­e landdrosho­f voorgekom, maar die saak word nog ondersoek.

 ??  ?? HOOFFOTO: Paula Kingham saam met Phoebe, wat sy gekry het nadat sy ontvoer is. BO: Die ontvoerde Oberon word nog vermis. Deur JOANIE BERGH
HOOFFOTO: Paula Kingham saam met Phoebe, wat sy gekry het nadat sy ontvoer is. BO: Die ontvoerde Oberon word nog vermis. Deur JOANIE BERGH
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die oggend toe Phoebe gevind is, was sy rasend honger. er. REGS: Paula het Phoebe op ’n fabriekspe­rseel opgespoor.
BO: Die oggend toe Phoebe gevind is, was sy rasend honger. er. REGS: Paula het Phoebe op ’n fabriekspe­rseel opgespoor.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa