Huisgenoot

Todd Fisher oor ma, sus se donkertes

Sy ma was ’n Hollywood-ster met ’n reputasiee­putaasie dat sy die verkeerde mans kies. Sy suster was berug vir haarar strydstr ryd teen dwelms en depressie. Agttien maande nadat Debbiebbie ReynoldsR en Carrie Fisher binne 24 uur ná mekaar oorlede is, verte

-

’NBORDJIE op die lessenaar in die wagkamertj­ie lui: “May the force be with you.” Die tafel tussen die twee leunstoele is in die vorm van die Star Wars-ruimtetuig die Millennium Falcon en ’n groot model van Yoda staan daarop.

Van buite lyk Todd Fisher se produksief­irma, Hollywood Motion Picture Experience, in ’n stowwerige sakepark aan die buitewyke van Las Vegas nogal onopvallen­d, maar sodra ’n mens dit binnegaan, besef jy jy bevind jou op ’n unieke plek.

Teen die mure hang geraamde rolprentpl­akkate uit die loopbane van Todd se ma, Debbie Reynolds, en ouer suster, Carrie Fisher: How the West Was Won, The Unsinkable Molly Brown (waarvoor Debbie vir ’n Oscar as beste aktrise be- noem is), Postcards from the Edge (waarvoor Carrie die draaiboek geskryf het, gegrond op haar top verkoper-half outobiogra­fiese roman ), Star Wars: The Force Awakens (wat “Carrie Frances Fisher” opgedra het aan “my groot, stoute bababoetie; jy is soos ’n oom vir my, en ’n dansmaat”) en Bright Lights, die dokumentêr van 2017 oor hulle drie wat vir ’n Emmy benoem is en waarvan Todd medevervaa­rdiger was.

Vandag is Todd (60) vervaardig­er, regisseur, sakeman, geordende predikant en skrywer van ’n nuwe boek, My Girls: A Lifetime with Carrie and Debbie. Dit vertel van sy ongeloofli­ke lewe saam met sy suster en sy ma oor wie die wêreld getreur het toe hulle 18 maande gelede binne 24 uur ná mekaar dood is.

Ná ’n vier dekade lange stryd teen ’n psigiese siekte en dwelmmisbr­uik het Carrie (60) op 23 Desember 2016 ’n hartaanval op ’n vlug na Los Angeles gekry en vier dae later in die hospitaal gesterf. Later in ’n lykskouing is spore van heroïen, morfien en MDMA, ’n gesuiwerde vorm van ecstasy, in haar liggaam gevind.

Hul bedroefde ma, verswak deur ’n beroerte en ander siektes, het op 28 Desember in dieselfde hospitaal as haar dogter gesterf. Debbie (84) het daardie oggend vir Todd gesê: “Ek wil by Carrie wees.”

Sy het toe haar oë toegemaak, ingesluime­r en nooit haar bewussyn herwin nie.

Dit is “eenvoudig onwaar” dat sy aan ’n gebroke hart gesterf het, skryf hy in My Girls. “Debbie Reynolds wou die aarde verlaat om self toe te sien dat

Dis ‘eenvoudig onwaar’ dat sy aan ’n gebroke hart gesterf het

Carrie nooit alleen sou wees nie.”

Die twee vroue is saam begrawe: Carrie se as is in ’n lykbus in die vorm van ’n Prozac-tablet in Debbie se kis geplaas.

TODD, van kop tot tone in swart geklee, glimlag breed. Sy yl silwer hare is agteroor gekam. Ondanks die tragedies wat hy ervaar het, straal hy ’n gemaklikhe­id met homself uit waarvan veral sy suster net kon droom.

In haar memoires, Wishful Drinking, beskryf Carrie haar geliefde broer as die “een wat homself al die beskikbare gesonde verstand in ons vreemde familie toegeëien het”. Dis waar, sê hy, die lewe is “veel makliker vir my” as wat dit vir haar was. “Ek het nie die duiwels nie.”

Dis nie te sê sy verlies is nie vir hom baie pynlik nie. Die ligte, gebreide sportbaadj­ie wat hy dra, was veronderst­el om sy Kersgesken­k van Carrie te wees – sy het hom elke jaar ’n nuwe baadjie present gegee en hom vertel sy het dit gekoop voor sy die noodlottig­e vlug gehaal het. Dit is toegedraai gevind.

Todd neem my na ’n klein museumruim­te aan die een kant van die wagkamer vol aandenking­s van sy ma en suster en verstommen­de Hollywooda­andenkings. Al drie was ywerige versamelaa­rs. Hy wys my Judy Garland se robynkleur­ige skoene uit The Wizard of Oz in ’n kabinet en sy ma se Oscar van 2016 vir haar noodlening­swerk. Dit het altyd op haar kaggelrak gepryk langs ’n prys van die Rolprentak­teur s gilde vir haar lewenslang­e prestasie en ’n beeldhouwe­rk deur Auguste Rodin.

Todd wys na die klapbord van die dag in 1976 toe die begrafnist­oneel geskiet is vir die fliek You’re You, waarvoor Carrie die draaiboek geskryf het. hethet. Die fliek het sy suster se grootste innerlike stryd blootgelê: hoe om mee te ding met haar ma se ontsaglike talent, prestasies en gewildheid.

In ’n stadium stadiumhet het haar karakter ’n nagmerrie. Sy maak haar klerekas oop en tref Debbie daar aan, in haar kenmerkend­e rooi blinkertji­e kostuum van Sing in’ in

the Rain, die fliek wat van haar een van Hollywood se grootste sterre gemaak het. Carrie klap die deur toe.

Terwyl sy daardie toneel geskryf het, het Carrie (skaars 20) geen benul gehad haar deurbraak as wêreldster was op hande nie. En selfs toe dit gebeur, kon roem nie die spanning verlig nie. Todd skryf sy suster “het ’n lang, lang ruk geglo ma probeer gedurig teen haar meeding. In werklikhei­d was dit sý wat gedurig met ma probeer wedywer het en so baie van haar wrokke veroorsaak het.

“Dit het die hartseer gevolg gehad dat Carrie jare lank alles uitgehaal het om ’n resies te wen sonder dat sy eens besef het sy hardloop alleen daarin.”

DEBBIE (toe 23) was reeds ’n ster in die vermaakbed­ryf toe sy in 1955 met die 27- jarige sanger Eddie Fisher trou. Die geboorte van hul eersteling, Carrie, was die volgende jaar wêreldwyd groot nuus. Die wêreld het nog meer versot geraak op die gesin toe Eddie in 1957 strooijonk­er was op sy beste vriend, Mike Todd, se troue met Elizabeth Taylor. Debbie, wat saam met Elizabeth op skool was, was die hoofstrooi­meisie.

Todd is in Februarie 1958 gebore en na Mike Todd genoem. Maar hy was skaars vier weke oud toe Mike in ’n vliegongel­uk sterf en Eddie sy weduwee gaan troos. Soos Carrie later geskryf het: “My pa het gevlieg om aan Elizabeth se sy te wees, maar geleidelik het hy sy pad na haar voorkant gevind.”

Die egskeiding is in 1959 afgehandel. Debbie het later haar huwelik met Eddie, ’n rokjagter en dwelmslaaf, as die beste van haar drie rampspoedi­ges bestempel.

Toe Todd se vroegste herinnerin­gs begin, het die gesin in oorweldige­nd modernisti­ese prag en praal by 813 Greenway Drive in Beverly Hills gewoon.

Omdat Debbie haarself en haar kinders langdurige sekuriteit wou bied, het sy getrou met Harry Karl, ’n sakeman wat 18 jaar ouer as sy was. Hy het Amerika se grootste skoenwinke­lreeks besit. Hy was spandabel elegant en “het hom soos ’n hertog of die een of ander koninklike gedra”, sê Todd. Hy het dosyne pakke besit en sy hemde met sy voorletter­s daarop elk net een keer gedra en dan weggegooi.

Die huis self “het meer na ’n plek gevoel waar jy jou paspoort laat stempel” as ’n tuiste, het Carrie eenkeer vertel. Daar was kuns van museumgeha­lte, Debbie en Harry het hul eie oefenkamer­s gehad, ’n privaat haarsalon, drie swembadden­s en ’n tuisbiosko­op so groot soos ’n klein teater.

Die kinders se verjaardag­vierings was skouspelag­tig. Op een het ’n olifant rondgeloop met ’ n kleed met die woorde “Happy birthday, Todd” daarop. Die grootmense wat in die huis onthaal is, was die room van Hollywood.

Todd het ’n ruk lank ’n troetel-alligator genaamd Stanley gehad – ’n geskenk van ’n voormalige oppasser – en het saam met hom in die groot akwarium geswem wat vir hom gebou is. Toe Stanley later vir Carrie byt, het Debbie besluit om van hom ontslae te raak.

Todd sê Harry was ’n sorgsame stiefpa. “Hy was lief vir my en Carrie. Hy was ongeloofli­k vrygewig en het my ma aanbid.”

Ongelukkig was hy ook ’n alkoholis en dobbelaar.

Toe Todd omtrent 13 was, is Carrie saam met sy ma weg om in ’n Broadwayto­neelstuk op te tree. Hy was min gepla. Ná jare waarin hy gedwing is om saam met hulle in winsgewend­e verhoogver­tonings te verskyn, het hy vir Debbie gesê hy geniet dit nie om op te tree nie.

Ná Debbie en Carrie se vertrek het Todd opgemerk ’n klomp sexy “mani- kuriste” kom gereeld sy stiefpa besoek. Hy het ’n versteekte kamera in die hoofslaapk­amer monteer en vasgestel wat werklik aan die gang was.

Dit het duidelik geword Debbie se huwelik met Harry was verby. Die egskeiding het haar finansieel geknou– sy het $2 miljoen (toe sowat R1,4 miljoen) van sy skuld geërf en die era van wilde uitspattig­heid was verby.

Kort tevore het Debbie en haar kinders in die Savoy-hotel in Londen gaan bly terwyl haar Vegas-vertoning, waarin Carrie ’n solosangro­l gehad het, in die London Palladium aangebied is.

Carrie, wat altyd met verlammend­e verhoogvre­es gesukkel het, het haar sangloopba­an daarna beëindig en by die Royal Central School of Speech and Drama in Londen ingeskryf. Sy het toe reeds haar fliekdebuu­t gemaak in Shampoo met Warren Beatty. Daarin het sy ’n vrou gespeel wie se eerste woorde was: “Wanna f***?” Warren moes Debbie beloof hy sou mooi na haar dogter kyk en het later vir Todd vertel sy het hom gewaarsku: “As jy aan haar raak, sal ek jou laat vermoor.” Hy het haar geglo.

Die broer en suster het later albei in Los Angeles gewoon, maar afsonderli­k. Todd het saam met Donna Freberg gewoon, wat sy eerste vrou sou word.

Carrie het ál afhanklike­r van dwelms geword om haar gemoedskom­melings te beheer. Sedert hul vroeë tienerjare het sy en haar broer saam met dwelms geëksperim­enteer.

Kyk hy nou terug, besef hy haar psigiese siekte was die probleem, nie die verslawing nie. “Sy was bipolêr. Die dwelms was bloot ’n manier om dit te beheer,” sê hy. Sy was nie iemand wat vir die pret bedwelmd wou raak nie. “Dit was ’n geval van: “Ek moet hierdie k** afskakel (in

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Carrie Fisher, haar ma, Debbie Reynolds, en broer, Todd Fisher. LINKS ONDER en ONDER: Debbie in How the West Was Won en The Unsinkable Molly Brown. REGS: Carrie as Princess Leia in Star Wars.
LINKS: Carrie Fisher, haar ma, Debbie Reynolds, en broer, Todd Fisher. LINKS ONDER en ONDER: Debbie in How the West Was Won en The Unsinkable Molly Brown. REGS: Carrie as Princess Leia in Star Wars.
 ??  ?? BO: Todd (links) op Debbie en Carrie se gedenkdien­s met sy suster se as. REGS BO: As ’n baba saam met Carrie, Debbie en sy pa, Eddie Fisher.
BO: Todd (links) op Debbie en Carrie se gedenkdien­s met sy suster se as. REGS BO: As ’n baba saam met Carrie, Debbie en sy pa, Eddie Fisher.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa