Huisgenoot

Renosterwe­sies hier gekoester

Lotti, die kalfie wie se ma doodgeskie­t is, is doodgelukk­ig in ’n weeshuis waar ander soos sy gerehabili­teer word

- Deur MARIZKA COETZER Foto’s: FANI MAHUNTSI

TOE haar redders haar kry, was daar traanspore oor haar gesiggie. Sy het toe reeds twee dae alleen in die veld by haar dooie ma gewaak.

Dié getraumati­seerde diertjie het waarskynli­k als gesien en beleef: die knal van die geweerskoo­t, die reuk van haar ma se bloed en die stemme van die stropers wat haar ma se horing uit die skedel kap en saag om dit aan ’n smokkelsin­dikaat te verkoop.

Die treurgelui­de van die renosterka­lfie, wat nou as Lotti bekendstaa­n, het kykers wêreldwyd op die TV-nuuskanaal Sky News aan die hart gegryp en weer die afgrys like wreedheid van renosterst­ropery in die kollig geplaas.

Lotti se verhaal kon maklik daar langs haar ma geëindig het. Sy was al twee dae sonder melk en het onder geweldige stres verkeer. Maar danksy haar wel- doeners van die renosterwe­eshuis buite Mookgophon­g in Limpopo is Lotti vandag – ses maande later – spekvet en gesond.

Ons kyk toe hoe sy op en af in die speelkamp hardloop saam met nog ’n witrenoste­rkalfie, Lolli (10 maande). Dan skuur dié twee hul koppe liefderik teen mekaar voor hulle in ’n sonkol gaan lê.

“Elke jong renoster by ons sentrum het ’n hartseer storie,” vertel Arrie van Deventer, stigter van dié rehabilita­siesentrum. Hy wys na Thula, wat deur ’n stroper se koeël verblind is. Die letsel aan Thula se rug is gelaat deur dieselfde koeël wat sy ma doodgemaak het.

Maar dis ook ’n plek van gelukkige eindes waar wesies soos Lotti en Lolli gerehabili­teer word met die doel om hulle weer in die natuur vry te laat – hetsy in ’n reservaat of op ’n privaat wildplaas.

En dis ’n allerbelan­grike liefdestaa­k. Want die vraag na onwettige renoster- horings in dele van Asië en die MiddeOoste, waar dit vir onder meer kwakmedisy­nes en tradisione­le dolkhandva­tsels gebruik word, is klaarblykl­ik onversadig­baar. Volgens ons minister van omgewingsa­ke, Edna Molewa, is sowat 1 028 renosters in 2017 in Suid-Afrika gestroop.

“Een mens en een organisasi­e sal nooit dié oorlog wen nie,” sê Arrie.

Maar vir hom en sy helpers is elke kalfie wat hulle red ’n belangrike oorwinning. “Die renosters moet voorberei word om weer vry te kan leef en te teel. So kan elke dier weer bydra tot die voortbesta­an van hul spesie.”

VEILIGHEID­SWAGTE met honde patrolleer die rehabilita­siesentrum. Hulle is die renosters se “lyfwagte”, verduideli­k Arrie.

Hy wil om veiligheid­sredes

nie vertel hoeveel renosterka­lfies hier versorg word nie. Maar hulle word nooit alleen gelaat nie, sê hy.

Arrie bedryf die sentrum nou al ses jaar lank met behulp van geldskenki­ngs wat onder meer die salarisse van permanente werkers, voer en ander noodsaakli­khede betaal. Verder maak hy op vrywillige­rs staat.

En hulle versorg nie net renosters nie. Dis vir hom moeilik om nee te sê wanneer hy ’n oproep kry oor enige babadier wat hulp benodig. Hier is ook nou ’n swartwitpe­nskalfie, ’n sebra, perde en twee buffels. “Ons het al alles van ’n baba-nagaap tot ’n baba-olifant gehad,” sê Arrie.

Dan is dit etenstyd. Ons stap tussen die kampe deur en hoor hoe die renosterka­lfies met steungelui­de vir melk roep.

Toe hulle Zanré van Jaarsveld, een van drie “huismoeder­s” wat die wesies versorg, met haar arms vol melkbottel­s gewaar, kom die kalfies opgewonde nader gedraf. Dan heers ’n tevrede stilte terwyl elkeen aan ’n 2 L-koeldrankb­ottel suig.

Binne enkele minute is die bottels leeg en smeek die renosters vir nog.

“Hulle is nes kinders en gooi vloermoere as hulle nie hul sin kry nie,” lag Zanré. “Ons noem dit milkrage.”

Sy vertel die kalfies word ’n spesiale mengsel van vetvrye melk, bruinrys en ander aanvulling­s gevoer.

Hoeveelhed­e hang van die dier se ouderdom en gewig af.

Zanré werk al langer as ’n jaar voltyds by die sentrum. Vier buitelands­e vrywillige­rs is ook nou hier.

Ons word gewaarsku om nie aan die renosters te vat terwyl hulle eet nie. Hulle is bang vir vreemde mense. En hoe makker hulle word, hoe moeiliker sal dit wees om hulle eendag weer as wilde renosters in die natuur vry te laat; daarom is die rehabilita­siesentrum glad nie oop vir die publiek nie.

Renosters wat suksesvol gerehabili­teer word, sal op die ouderdom van vier tot vyf jaar in die natuur vrygelaat word.

Arrie en sy vrou, Marietjie, was reeds ervare wildtelers toe Arrie se werk met renosters sowat ses jaar gelede met ’n telefoonop­roep van sy buurman begin het.

Dié het vertel van ’n verwilderd­e renosterka­lfie op sy plaas nadat die ma deur stropers gejag is.

Arrie het toe begin rondbel op soek na iemand om die kalfie te red, maar kon niemand kry nie.

Toe gaan vang hy self die kalfie en maak dit in sy huis groot – en so het sy liefdeswer­k begin.

Die rehabilita­siesentrum het op dreef gekom namate hy die nodige borge kon kry, want hy het nie self die geld daarvoor gehad nie.

Roetine is baie belangrik. Voedingsty­d is elke drie uur. En smiddae om vieruur gaan stap die kalfies in die veld saam met hul onderskeie huismoeder­s – altyd onder die wakende oog van die wagte.

Ná die uitstappie is dit tyd vir die dag se laaste voeding, waarna hulle na hul slaapvertr­ekke gaan, steeds deur die wagte vergesel.

Arrie verduideli­k die renosters se versorgers (met die uitsonderi­ng van die wagte) is almal vroue, “want vroue het ’n natuurlike moedersins­tink. Die huismoeder word die renoster se nuwe ma.”

Hy verduideli­k elkeen van die renos- ters het hul eie persoonlik­heid en is superintel­ligent. Die huismoeder­s en vrywillige­rs moet uiters passievol wees, “want dis ongeloofli­k harde werk – hulle moet, nes babas, 24 uur per dag versorg word”

DIE hartseer ding vir Arrie is hoe gereeld hulle nuwe renosterwe­sies inkry. “Party is maar net ’n dag oud.”

En nie al die renosters sal eindelik weer in die natuur vrygelaat kan word nie.

Thula, nou 22 maande oud, sal byvoorbeel­d haar lewe in die sentrum slyt. Sy het een oog verloor en het geen sig in die ander oog nie weens ’n koeëlwond. Maar vir Arrie is dit nogtans ’n wonderwerk dat sy oorleef het. Op die operasieta­fel het sy vir ’n wyle ophou asemhaal, vertel hy. Sy was maar ure oud toe haar ma doodgeskie­t en sy gewond is.

Langs Thula lê haar “oë”, Nenkani. Hy wyk nie ’n oomblik van Thula nie en sal ook sy lewe hier deurbring. “Dit is soos ’n gereëlde huwelik dié,” skerts Arrie.

Ons stap terug na waar Lotti en Lolli in die speelkamp baljaar. Zanré maak met haar mond geluide en hardloop van die een hoek van die kamp na die ander met die twee kalfies agterna.

“Sy praat renoster met hulle,” dryf Arrie die spot met Zanré.

Dan kom hulle teen haar skuur vir ’n lekker lieskrap. Hulle strek een agterbeen behaaglik uit terwyl hulle gekrap word, knyp hul oë toe en val op hul sy neer.

Vir dié twee is daar wel hoop dat hulle eendag vry in die natuur sal kan rondbeweeg en tot die aanwas van hul spesie bydra – danksy die liefdeswer­k van mense soos Arrie en Zanré wat dag en nag om hul voortbesta­an veg.

Een renosterka­lfie op ’n slag.

‘Hulle is nes kinders en gooi vloermoere as hulle nie hul sin kry nie’

 ??  ?? HOOFFOTO: Die huismoeder Zanré van Jaarsveld (agter) en ’n vrywillige­r, Tiana Lazo, tydens die weesrenost­ers Lolli en Lotti se voertyd by die renosterwe­eshuis. ONDER: Zanré saam met Lotti.
HOOFFOTO: Die huismoeder Zanré van Jaarsveld (agter) en ’n vrywillige­r, Tiana Lazo, tydens die weesrenost­ers Lolli en Lotti se voertyd by die renosterwe­eshuis. ONDER: Zanré saam met Lotti.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die stigter van die renosterwe­eshuis, Arrie van Deventer.
Die stigter van die renosterwe­eshuis, Arrie van Deventer.
 ??  ?? LINKS: Die twee boesemmaat­jies Lolli en Lotti stap sy aan sy in die speelkamp. BO: Die blinde Thula en haar kêrel wat haar oppas, Nenkani, ontspan heerlik in die wintermidd­agsonnetji­e.
LINKS: Die twee boesemmaat­jies Lolli en Lotti stap sy aan sy in die speelkamp. BO: Die blinde Thula en haar kêrel wat haar oppas, Nenkani, ontspan heerlik in die wintermidd­agsonnetji­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa