Huisgenoot

Dít sê rugbyspele­rs se wilde kapsels

Ongewone haarstyle vier deesdae hoogty op rugbyvelde. Kenners werp lig op wat dit van die spelersp sê

- Deur COLIN HENDRICKS

RUGBY is lankal nie meer net ’n spel van sweet, gebreekte neuse en modderige kouse nie. Deesdae is die voorkoms van die spelers ewe aanskoulik as hul vernuf met die bal. Trouens, soms word meer gegons oor hoe die manne lyk as oor hoe hulle speel. In vanjaar se Superrugby­reeks, wat op 4 Augustus sy eindstryd bereik, was dit die brekers se hare wat soms van hulle hoofkarakt­ers op die veld gemaak het. Daar was byderwetse kapsels en bossiekopp­e, lang lokke en woeste baarde.

Langer hare en baarde is deesdae die in ding onder rugbyspele­rs, sê die voorkomsko­nsultant Leana Rodrigues.

Hannon Bothma, die Glam Guru, sê ook vervelige haarstyle op die veld is iets van die verlede. Hy meen die nuwe neiging is heel gepas. “Rugby is ’n kontakspor­t wat herinner aan Wikingstam­me wat hulself so skrikwekke­nd moontlik moes stileer om die opposisie af te skrik.”

Hier is van die kapsels wat in vanjaar se Superrugby en op internasio­nale rugbyvelde die aandag dag getrek het.

ELTON JANTJIES (28), LIONS

Dié losskakel is die verkleurma­nnetjie van rugby wat haarstyle betref. ’n Man wat gereeld sy haarstyl en voorkoms verander, neem homself nie te ernstig op nie en is nie bang om ’n fout te maak nie, sê Hannon. “Dit stuur ook die boodskap uit dat mense jou nie as voorspelba­ar moet beskou nie – ideaal vir ’n spel soos rugby.”

Elton se haarstyl is “modern, modieus en netjies”, sê die voorkomske­nner Hettie Mills.

Sy haarstyl versinnebe­eld sy “jeugdighei­d”, meen die stylkonsul­tant Mariska Botha. “Dit is dalk ’n vreemde styl, maar dit is prakties op die rugbyveld.”

EVAN OLMSTEAD (27), KANADA

Oor Evan raak die voorkomsko­nsultant Sumarie Uys skoon liries: “Die krulle kr grofheid is byna is aantreklik, koninklik.” gk en Sy sy reken sagte hy sou in ’n fliek goed in die rol van koning kon Arthur pas. “Die baard verklap dat hy nie nonsens duld nie.” Me Met sy lang hare laat Evan Carissa Bosman, ’n stylkonsul­tant, aan die Bybel el se Simson dink. “Miskien is dit waar hy sy inspirasie vavandaan gekry het,” sê sy. Sy voorkoms kan teenstande­rs afskrik of ’n teken van swak dissipline wees, meen Leana. Vir die stylkonsul­tant Sonja Eloff lyk Evan se hare wild en deurmekaar. “Dit getuig van ’n man wat nie regtig ’n indruk wil skep nie.”

‘Sy sagte krulle is byna koninklik’

ADAM KLEEBERGER (34), KANADA

Tydens 2011 se Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi in Nieu-Seeland het dié flank soveel aandag getrek dat sowat R250 000 later daardie jaar in Kanada ingesamel is vir hom om sy baard voor ’n skare te laat afskeer.

Dit was tydens die internasio­nale Movember-bewusmakin­gsveldtog oor manlike gesondheid­skwessies. “My kop voel 5 kg ligter,” het Adam ddaarna gesê.

Met sy hare en baard herinner Adam nou weer aan die karakter Tormund Giantsbane in die TV-reeks Game of Thrones, sê Carissa.

Sy haarstyl is “rof, grof en onbeskof”, sê Sumarie. Dit laat hom soos ’n brullende leeu lyk, meen sy. “Dalk is dit ’n teken van vreesloosh­eid en ’n hoë pyndrempel. Ek neem aan mense sal versigtig vir hom wees op die rugbyveld.”

Leana sê: “Met hierdie haarstyl wil hy dalk die stereotiep­e beeld van sterk, manlik en rof uitstraal.”

Sonja sê Adam wil hê mense moet vir hom bang wees. “Hy probeer ’n bietjie agter sy haarstyl wegkruip.”

Moontlik ’n geval van sy brul is erger as sy byt . . .

JOSH STRAUSS (31), SKOTLAND

Dié Kapenaar speel deesdae vir Skotland rugby en het voorheen vir die Lions in die Superrugby­reeks uitgedraf. Sy styl lyk soos ’n Wiking s’n, sê Carissa. “Miskien wil hy met die baard sy innerlike vegter wys.” Maar Hettie reken dit lyk “slordig en swete sweterig”. Die voorko komskonsul­tant M Minnette Oliver vi vind dit nie aantr treklik of stylvo vol nie. “Dis wi wild,” sê sy.

WILLIE BRITZ (29), SUNWOLVES

Dié Kapenaar wat deesdae vir die Japannese span die Sunwolves uitdraf, word dikwels in rugbyberig­te as “bossiekop-losvoorspe­ler” beskryf. Sy haarstyl herinner aan dié van ’n poedelhond­jie, sê Hettie. Mariska se beskrywing is ewe onvleiend: Dit lyk asof Willie sy vingers by ’n muurprop ingedruk het, sê sy. “Dit lyk onnet en onversorg. Ek wil nie weet hoeveel hande vol hare elke wedstryd uit sy kop getrek word nie.” Ook die voorkomsko­nsultant Esté van Wyngaard meen Willie se “wilde bos krulle” is nie die beste keuse vir die sportveld nie. “Rugby is ’n kontakspor­t, en sy hare kan maklik gegryp word. Dit kan ook sy sig belemmer.” ’n Man met sulke hare is min op sy voorkoms gesteld, sê Esté. Sy voeg by sy hare “dui op ’n man wat instinktie­f reageer en enigiets sal doen om homself of sy eiendom te beskerm”.

SBU NKOSI (22), SHARKS

Dié Sharks- en Springbokv­leuel het onlangs sy vlegsels afgeskeer af en het nou ’n kort kapsel, tot Hettie se ergernis. e Dit was “tradisione­el en manlik”, sê sy oor sy s vorige styl. Carissa het ook van Sbu se vlegsels gehou. “Dit was stylvol en het netjies en goed versorg gelyk.” Maar die vlegsels kon maklik op die rugbyveld getrek word, gee Carissa toe. Omdat dit die hare uit u sy gesig weggehou het, het dit nie sy beweging beperk be nie.

AARON SMITH (29), ALL BLACKS

Hierdie aantreklik­e Nieu-Seelandse skrumskake­l se vierkantig­e Afro-haredos herinner Mariska aan dié van Will Smith in die TVreeks The Fresh Prince of Bel-Air uit die 1990’s. Esté beskryf dit as ’n “rebelse militêre” styl en sê dit wys vir haar hy y is gemaklik met sy identiteit en persoonlik­heid. “Hy kom voor as ’n man wat nie onderskat moet word nie.”

Hy lyk goed met sy baard wanneer sy hare kort is, sê Carissa.

Dit is “netjies en hedendaags”, sê Hettie. “Al dra hy soms die Afro te hoog, g is dit beheerbaar.”

ARDIE SAVEA (24), 4), , ALL BLACKS

Ardie se Afro is wilder as sy spanmaat Aaron s’n, maar Hettie reken dit werk vir hom.

Dit dui op ’n man wat hom nie aan sosiale verwagting­s steur nie en n volgens sy eie reëls leef, f, sê Esté.

Mariska meen hy lyk skrikwekke­nd – ’n pluspunt vir ’n rugbyspele­r. “Dit gee hom ’n mate van gesag as ’n man met wie daar op die veld rekening gehou moet word.”

Maar prakties is dié styl beslis nie. “As dit begin reën, kan al daaiaai nat hare oor sy oë val,” sê Mariska. riska.

JJ ENGELBRECH­T (29), STORMERS

Met sy haredos herinner inner dié Oos-Kapenaar so byna yna aan Gerard Butler se karakter rakter Attila die Hun in die 2001-minireeks Attila. ila. Vir Carissa bly JJ aanntrekli­k ongeag watter er haarstyl hy het. “Maar aar hy het baie beter met et kort hare gelyk,” voeg eg sy by. “Die manbolla a hou sy hare uit sy gesig, maar dit is te lank en onprakties vir die rugbyveld.” Ten spyte van die feit dat dit ’n n vroulike haarstyl is, werk k dit by sy gesig, wat baie sterk terk en manlik is, sê Minnette. tte.

“Dit is glad nie manlik anlik nie. Mans moenie ’n poniestert iestert dra nie,” sê Hettie.

‘Die vlegsels kon maklik op die rugbyveld getrek word’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa