Huisgenoot

SPRIN SPRINGMIEL­IEFEITE

-

RebecRebec­ca Ferguson was swanger met haar tweede kind toe die fliek verfilm is. Haar dogter, Arabella, is verlede maand gebore.

Alec BBaldwin het ’n vegtoneel met Cavill en was baie geïntimide­er deur die akteur se grootte en spiere. “Henry, soos almal weet, vertolk die rol vvan Superman. Wel, hy is regtig Superman. Sy liggaam is van marmer gemaak,” sê Baldwin. Maar Cavill sê sy rol as Superman het hom glaglad nie vir Mission: Impossible se waagtoertj­ies voorberei nie. “Vir die Superman-flieks gaan dit daaroor om jou lyf ’n sekere manier te laat lyk. Maar vir dié fliek het dit oor die voorbereid­ing vir die waagtoewaa­gtoertjies gegaan en om te verseker dat alles seepglad verloop.”

Die flfliek is in 161 dae geskiet. Die rolprentma­kers het ook met 4DX-tegnici gewerk om tonele te kodeer sodat kykers die aksie ook in 4DX- multisenso­riese teaters kan beleef.

Sekere tonele is in Noorweë verfilm. Die munisipali­teit van Forsand het ’ n besienswaa­rdigheid bekend as die Preikestol­en – ’n steil krans (foto bo) – vir toeriste gesluit toe die span daar verfilm. Net lede van die filmspan en die akteurs is nege dae lank toegelaat.

Die Britse akteur Simon Pegg het so hard geoefen vir sy rol as Benji dat hy die eerste keer in 25 jaar ’n agtpak-blokkiesma­ag gekry het – iets wat hy glad nie vir die rol nodig gehad het nie. Hy sê Cruise en Cavill het hom vreeslik oor sy spiere gespot. Tom het hom “AgtpakPegg­els” op die stel genoem. “My vrou waardeer dit,” spot Pegg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa