Huisgenoot

OUTYDSE MARMITE-TERT MET GEKERFDE BILTONG

Marmite-tert is ’n ou gunsteling. Ons rond dit af met gekerfde biltong; dis ideaal vir ’n teeparty.

-

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 15-20 min. Bak: 20 min.

100 g botter, teen kamertempe­ratuur 125 ml (½ k) suiker 2 eiers 80 ml ( k) melk 250 ml (1 k) koekmeel 10 ml (2 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) sout 125 ml (½ k) gerasperde cheddar BOLAAG 30 ml (2 e) botter, teen kamertempe­ratuur 10 ml (2 t) Marmite of Bovril VIR AFRONDING ekstra gerasperde cheddar 150 g gekerfde nat biltong 15 ml (1 e) biltongpoe­ier 5 ml (1 t) koljanders­aadjies, gerooster en grofgemaal

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n pan van 29 x 23 cm goed met kossproei. 1 Klits die botter en suiker in ’n mengbak met ’n elektriese handklitse­r tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy aanhoudend klits. 2 Giet die melk by en klits. 3 Sif die meel, bakpoeier en sout oor die mengsel en klits tot net gemeng. Voeg die kaas by en meng liggies deur. 4 Giet die beslag in die bereide oondpan en bak 20 min. in die verhitte oond of tot goudbruin en tot ’n toetspenne­tjie skoon uit die middel van die tert kom.

5 Bolaag Meng die botter en Marmite of Bovril goed en smeer oor die tert sodra dit uit die oond kom. 6 Vir afronding Sprinkel die kaas oor die tert en bak nog 5 min. tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die biltongsky­fies en -poeier en koljanders­aadjies, indien gebruik, ruimskoots oor die tert. 7 Laat die tert afkoel en sny in blokke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa