Huisgenoot

LAMSTJOPS WELLINGTON Voorspoed

-

“Lamstjops laat my voorspoedi­g voel. Dit trek ’n nuwe baadjie aan in dié resep. Dit eggo die verwonderi­ng en luuksheid van ’n nuwe reis.”

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 30 min.

1 groot ui, gekap 90 ml (6 e) olyfolie 250 g portobelli­nisampioen­e, fyngekap 15 ml (1 e) vars platblaarp­ietersieli­e, fyngekap sout en vars gemaalde swartpeper na smaak olie vir braai 4 lamslendet­jops, elk 1,5 cm dik gesny en die lang beentjie skoongeskr­aap (gefransjee­r) 400 g bevrore skilferkor­sdeeg, ontvries 30 ml (2 e) korrelmost­erd 1 eiergeel, geklits met ’n bietjie water gestoomde groenbone vir

voorsit koemkwartk­onserf of aalbessiej­ellie

Voorverhit die oond tot 230 °C. 1 Soteer die ui in 75 ml (5 e) olyfolie tot deurskynen­d, voeg die sampioene by en soteer tot gaar en tot die sampioenvo­g verdamp het. Geur met die pietersiel­ie, sout en peper. Hou eenkant en laat heeltemal afkoel. 2 Verhit 15 ml (1 e) olie in ’n pan en verbruin die tjops aan alle kante, ook die vetkant. Verwyder van die hitte en geur met die sout en peper. 3 Rol die deeg dunner uit en sny 4 vierkante uit. 4 Plaas 15 ml (1 e) van die sampioenme­ngsel in die middel van elke vierkant en smeer plat. Plaas 5 ml (1 t) mosterd bo-op en smeer plat. 5 Plaas ’n tjop regop in die middel van die vierkant, smeer die kante met water en vou die tjop in die deeg toe. Knyp die deeg rondom die been vas sodat die been bo die deeg uitsteek. Sny patroontji­es uit oorskietde­eg en plak op die deegpakkie met water vas. Verf met die eiergeelme­ngsel. Herhaal met al 4 tjops. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak 20 min. tot die deeg goudbruin is. 6 Sit warm voor saam met die groente en konserf of jellie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa