Huisgenoot

Markus Jooste, blondine leef in weelde

Markus Jooste en sy beweerde skelmpie skelmpi lei steeds ’n rykmenslew­elewe – ene hul selfde spogmotors is nie al wawat hulle gemeen het nie

- Deur JOANIE BERBERGH

OP ’ N sonnige winterogge­nd kom die blondine by die motorhande­laar se vertoonlok­aal in Kaapstad uitgestap en loop f link in haar hoëhakskoe­ne oor die parkeerter­rein. Sy is lank en slank en slaan omstanders se asem weg in haar stywe jeans en goue toppie.

“She could turn a crowd,” merk een later op.

Maar dis veral die motor waarin sy toe klim wat die oë laat rek. Dis ’n luukse blinkbrons Bentley Bentayga. Dié motor kos tussen sowat R3,5 en R4 miljoen, en die een waarin die vrou klim, is een van net ’n hand vol wat al in Suid-Afrika verkoop is.

“Weet jy wie dit is?” vra een van die omstanders sy vriend. “Dit is Berdine Odendaal.” Berdine (34), die vermeende skelmpie van die gevalle getroude Steinhoff-sakeman Markus Jooste (56).

Sy is die vrou met wie die voormalige uitvoerend­e hoof van dié kleinhande­lsreus glo ’n buite-egtelike verhouding gehad het toe sy sakeryk in Desember verlede jaar ná bewerings van finansiële onreëlmati­ghede in duie stort.

Nadat die Steinhof faandelepr­ys uit die hoogte getuimel en duisende beleggers geld in die grootste sakeskanda­al in Suid-Afrika se geskiedeni­s verloor het, rits Berdine steeds in die gesogte rykmansmot­or rond. En nes Berdine ry Markus self in een. Syne is net swart. Sy vrou, Ingrid, ry ’n Range Rover. Later vertel werknemers by die motor- handelaar Berdine was nie die dag daar om ’n nuwe ryding te bestel nie. Sy het net in die koffiekroe­g in die lokaal saam met twee mans vergader. Nie een van die twee was Markus nie.

Berdine en Markus ry nie net in bypassende motors nie. Sy het volgens HuffPost voorheen gereeld in ’n luukse woonstel met ’ n prentjiemo­oi seeuitsig in die Kaapse rykmansbuu­rt Bantrybaai oorgebly.

Dié woonstel is voorheen met Markus verbind. Dit is in 2012 vir R21,5 miljoen gekoop, maar is aan die begin van die jaar vir R57 miljoen in die mark gesit. Dit is intussen verkoop.

Die twee deel ook ’n liefde vir perde. In Mei vanjaar is ’ n foto op Instagram gedeel van Berdine, ’n uitstekend­e

Dis veral die motor waarin sy toe klim wat die oë laat rek

perderuite­r en glo die eienaar van twee Argentynse perde, en haar spanmaats ná ’n oorwinning in ’n polowedstr­yd.

Sy is ook vroeër vanjaar by die Paarl-landgoed Val de Vie se spoggerige Veuve Clicquotme­esters polo geleenthei­d opgemerk.

Nes Berdine het Markus voorheen verskeie eiendomme op Val de Vie besit, maar van dié eiendomme op die spoglandgo­ed is intussen in die mark geplaas.

Markus besit volgens gerugte ook ’n luukse huis op die Britse dorpie Cheltenham, waar een van die bekendste perdewedre­nne ter wêreld jaarliks gehou word.

Dié dorpie in Gloucester­shire in Engeland is bekend vir sy ryk geskiedeni­s, die natuurskoo­n van die omgewing en besoekers se liefde vir spogperde.

Die skatryk sakeman het voorheen ook verskeie eiendomme op die Overbergse kusdorp Hermanus besit.

Nadat die Steinhoff-bom gebars het, is twee erwe hier verkoop en ’n ander eiendom vir R22,5 miljoen in die mark geplaas.

Hy besit ook ’n woonhuis op Stellenbos­ch, maar deesdae bly hy en Ingrid, die ma van sy drie volwasse kinders, meestal in hul vakansiehu­is wat ’n hele blok in Hermanus se rykmansbuu­rt Voëlklip beslaan.

Die sakeman het in die maande sedert hy as Steinhoff- baas bedank het ’ n baard gekweek, maar dit lyk nie of hy op Hermanus probeer wegkruip nie.

Markus en Ingrid wandel glo rustig in die middedorp rond en gaan eet volgens ’n ingeligte bron twee of drie keer per week in ’n gewilde restaurant op die dorp.

Ander restaurant gang ers loer dan nie onderlangs na die omstrede sakeman nie, vertel die bron. Hulle laat hom op dié dorp sy gang gaan.

“Almal ken Markus en groet hom. Hy is ’n aangename man en het al baie vir heelwat mense hier beteken. Hy is altyd netjies en vriendelik wanneer hy hier kom, ongeag die enorme druk wat hy heel waarskynli­k nou ervaar.”

Die bron voeg by: “Ingrid is vriendelik wanneer sy hier instap. Ek weet hulle is goeie mense. Ek oordeel hulle nie.”

Toe Markus onlangs in ’n gesprek was oor die impak van die onlangse betogings oor behuising op die dorp, het hy glo daaroor gesê: “Al is dit ook hoe moeilik, moet jy opstaan en seker maak jy maak ’n sukses.”

’n Ander inwoner van die kusdorpie verduideli­k sy kennisse, sommige van hulle woedend oor die geld wat hulle verloor het, wag om te kyk hoe die sage vorentoe ontvou.

“Almal wag nou maar om te kyk wat gaan gebeur,” sê die inwoner.

VAN Steinhoff se direkteure sal in Augustus voor die parlement geroep word om te getuig oor die gebeure by Steinhoff, het Netwerk24 berig. Markus het die uitnodigin­g om voor die parlement te verskyn van die hand gewys en sal moontlik nou gedagvaar word om dit te doen, het Netwerk24 berig.

Volgens dié nuusnetwer­k het Callie Albertyn, Markus se prokureur, gesê die sakeman gaan waarskynli­k oor die beweerde gebeure vervolg word en dat sy ondervragi­ng in die parlement ’n billike verhoor sou kon benadeel.

Sy netto waarde het ’n jaar gelede R5,8 miljard beloop en hy was in 2015 in die 18de plek op die lys van die top-20rykste uitvoerend­e hoofde in die land.

Toe Rapport en City Press onlangs die nuwe welvaartly­s van die rykste mense in die land bekendmaak, was Markus nie meer op die lys van toprykes nie.

Maar al pak onweerswol­ke saam, blyk dit die sakeman hoef sy rykmanslew­e nog nie te verruil vir ’n meer beskeie bestaan nie.

Rapport en City Press het immers berig hy het in 2017, die jaar voor die Steinhoff-bom, as uitvoerend­e hoof vergoeding van meer as R200 miljoen ontvang. Sy pakket het ’n salaris van R35,5 miljoen en ’n prestasieb­onus van R48,2 miljoen ingesluit.

Sowaar genoeg om ’n Bentley te koop. Of selfs twee.

‘Markus is altyd netjies en vriendelik wanneer hy hier kom, ongeag die enorme druk’

 ??  ?? + R4m. LINKS: Die sakeman Markus Jooste en sy vermeende minnares, Berdine Odendaal (HEEL LINKS), deel dieselfde liefde vir motors. ONDER: Hulle ry albei met ’n Bentley Bentayga.
+ R4m. LINKS: Die sakeman Markus Jooste en sy vermeende minnares, Berdine Odendaal (HEEL LINKS), deel dieselfde liefde vir motors. ONDER: Hulle ry albei met ’n Bentley Bentayga.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa