Huisgenoot

Die Will & Grace-vier is terug – en so snaaks soos altyd!

Dié aweregse vierstuks is weer op die kassie – en nog net so skreeusnaa­ks soos altyd

- Saamgestel deur JANE VORSTER

HOE is dit moontlik? Hulle lyk dan almal presies dieselfde. Dis asof die tyd die afgelope 12 jaar vir die vier sterre van Will & Grace stilgestaa­n het – hulle het skaars ouer geword. En tot groot verligting van hul aanhangers is hul kwinkslae nog net so vars en snaaks soos altyd. Die nuus dat dié treffertel­evisieprog­ram na ons kassies terugkeer, is met opgewonden­heid én besorgdhei­d begroet. Sê nou dis ’n volslae misoes? Kyk net wat het met die herlewings van 24, Dynasty, Prison Break, Melrose Place en Dallas gebeur. En ná agt seisoene van Will & Grace het die draaiboeks­krywers buitendien seker alles gesê wat daar te sê is oor twee gay mans wat in New York saam met hul beste vriendinne woon? Dis mos tyd mors?

Maar noudat die program in SuidAfrika te sien is, word dit ál duideliker daar was niks om oor bekommerd te wees nie. Van die kenmerkend­e tema- deuntjie en die dekor van Will se woonstel tot die gewaagde gekorswel tussen die vier hoofkarakt­ers is alles so vertrooste­nd bekend dat dit voel of die program nooit weg was nie.

Trouens, die reaksie daarop was so positief, die televisieb­ase het reeds nog twee seisoene goedgekeur.

Maar hoe het die herlewing enigsins ’n werklikhei­d geword as die rolverdeli­ng, Eric McCormack (Will), Debra Messing (Grace), Sean Hayes ( Jack) en Megan Mullally (Karen), voorheen hoog en laag gesweer het ’n reünie is buite die kwessie? En hoe kry hulle die resep reg terwyl so baie ander misluk?

WAAR ’N WIL IS . . .

Aanhangers is Donald Trump dank verskuldig vir die negende seisoen. Tydens die presidents­verkiesing van 2016 het Will & Grace se medeskeppe­r Max Mutchnick die akteurs gevra om aan ’n video van 10 minute ter ondersteun­ing van Hillary Clinton deel te neem.

“Die versoek het heeltemal uit die bloute gekom,” sê Eric (55). “Sedert die program in 2006 geëindig het, was ons nog nie weer almal saam in ’n vertrek nie. Ons het elkeen met ons lewe aangegaan en ander werk gedoen. Max het gesê hy wil ’n rolprent vir Hillary maak. Sy presiese woorde was: ‘Ons moet die monster (Trump) keer.’ Binne 40 minute het ons almal ja gesê.”

Die video het soos ’n veldbrand op die internet versprei.

“Dit het meer as 7,5 miljoen kykslae gekry, wat ons gewys het mense wil wel nog van die viertal hoor,” sê Debra (49).

“Ons sou nie hier gewees het as dit nie daarvoor was nie,” voeg Eric by. “As hulle net vir ons gesê het: ‘Ons wil nog ’n seisoen van Will & Grace maak,’ sou ons almal geantwoord het: ‘Laat ons liewer nie met daardie betowering mors nie.’ ”

Die akteurs sê toe hulle die eerste dag van verfilming op die stel opdaag, het dit gevoel of hulle aangaan presies waar hulle opgehou het.

“Ons dinamika, ons vonk, was daar en ek wou net weer lag,” sê Debra.

EENDERS MAAR ANDERS

Een van die dinge wat aanhangers die meeste bekommer het, was wat die program se skrywers met die reeks beoog. Twaalf jaar gelede, aan die einde van agt seisoene, het hulle sake taamlik oortuigend afgesluit: Will en Grace was albei getroud met kinders, maar het ’n uitval gehad en nie meer met mekaar gepraat nie.

Maar binne minute ná die nuwe seisoen se begin blyk dit, tot die kykers se verligting, dat die neerdrukke­nde einde eintlik net een van Karen se dwelmdrome was. Al was Will en Grace inderdaad getroud, het albei ’n egskeiding beleef en bly hulle weer saam in sy ikoniese woonstel in Upper West Side.

Hoewel dit koel was dat hulle woonstelma­ats was en mekaar bygestaan het terwyl albei na liefde gesoek het, is dit terselfder­tyd ’n bietjie tragies noudat hulle, ’n dekade later, diep in hul 40’s is. Maar vir die program is dit komediegou­d.

En om hul ellendes te vererger, sal hulle in die nuwe reeks die vooruitsig die hoof moet bied dat hulle dalk stiefbroer en -suster kan word nadat Will se ma (Blythe Danner) halsoorkop op Grace se pa (Robert Klein) verlief geraak het.

IS DIE PROGRAM NOG RELEVANT?

Televisieb­ase het in 1998 ’n groot kans gewaag toe hulle dié program met sy openlik gay karakters bekendstel. Destyds is Ellen DeGeneres se sitkom, Ellen, van die lug gehaal nadat sy haar kassiekara­kter gebruik het om bekend te maak sy is lesbies.

Dit verklaar hoekom dit twee seisoene geneem het voor die program sy eerste soen tussen twee mense van dieselfde geslag (Will en Jack) gewys het.

Al het die tye verander, glo die akteurs daar is nog werk om te doen – veral met die konserwati­ewe Trump in die Withuis.

“Gay regte is nou meer onder skoot as ooit,” sê Eric. Will & Grace is Woensdae om 19:30 op M-NET.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOO HOOFFOTO en HEEL LINKS ONDER DER: Die fantasties­e viertal van die t televisier­eeks Will & Grace – (va (van links) Megan Mullally, Eric McC McCormack, Debra Messing en Sean Hayes – lyk nog net so goed soos 20 jaar gelede. LINKS: Mega Megan en Sean in aksie vir die herle herlewing van dié reeks. ONDER: Ná al die jare geniet Eric en Debra dit steeds om saam te werk.
HOO HOOFFOTO en HEEL LINKS ONDER DER: Die fantasties­e viertal van die t televisier­eeks Will & Grace – (va (van links) Megan Mullally, Eric McC McCormack, Debra Messing en Sean Hayes – lyk nog net so goed soos 20 jaar gelede. LINKS: Mega Megan en Sean in aksie vir die herle herlewing van dié reeks. ONDER: Ná al die jare geniet Eric en Debra dit steeds om saam te werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa