Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

TIENERTRAU­MA

V: Wat noem ’n mens twee mense wat jou verleë maak voor jou vriende?

A: Ma en pa. L. SAAYMAN, SABIE

LASTIGE BETTY

Die ou oom en tannie sit op die stoep en koffie drink. “Bliep-bliep,” maak die oom se selfoon. Hy haal die foon uit sy sak om te kyk van wie die SMS kom. Die tannie vra: “Van wie is dit?”

“Betty Louw,” antwoord hy. “Maar ek ken nie ’n Betty Louw nie,” en hy sit die foon terug in sy sak.

Ná ’n paar minute hoor hulle weer “bliepbliep” uit sy sak. Hy kyk weer en sê: “Ai, dié Betty Louw is lastig!”

“Gee jou foon hier,” sê die tannie agterdogti­g. Sy bekyk die foon en sê toe: “Dis nie Betty Louw nie. Die ding sê: Battery low!” LITA SCHOON

NES IN JAPAN

Delise: “Ek lees in die koerant mans in Japan het die gewoonte om hul skoene uit te trek voor hulle die huis binnegaan.”

Saartjie: “Die mans hier doen dit ook, maar eers ná middernag.” WOLLIE, PRETORIA

REGSADVIES

Griet storm by die skeiprokur­eur in.

“Ek wil weet of ek gronde het vir ’n egskeiding,” sê sy. “Is jy getroud?” vra die prokureur. “Natuurlik!” sê Griet. “Dan het jy gronde,” sê die prokureur. F.H. HORNE, HARTENBOS

GOEIE DIPLOMAAT

V: Wat is diplomasie? A: Dit is om iemand op so ’n mooi manier hel toe te stuur dat hulle na die reis uitsien. LEON KRUGER

BLONDE BOUWERK

Twee blondines timmer vir hulle ’n houthuis aanmekaar. Die een is knaend besig om spykers op te tel, na hulle te kyk en dan van hulle weg te gooi.

“Vir wat gooi jy so baie spykers weg?” vra die ander blondine.

“Want hulle is verkeerdom,” verduideli­k die eerste een. “Hul kop sit aan die verkeerde kant.”

“Ai tog, vriendin,” sug die eerste blondine, “daardie spykers is vir die ander kant van die huis bedoel.” LIELA, PAARL

WATERSTAD

Oom George keer terug van sy eerste oorsese reis. Hy was beïndruk met Venesië en sy inwoners en vertel hoe optimistie­s almal daar is: “Alles is onder water, maar hulle hou aan sing.” DENISE, PRETORIA

MET PENSIOEN

Ek gaan aftree en van my spaargeld leef. Ek weet net nie wat ek die tweede week gaan doen nie. HESTER, RICHARDSON

VERKEERDE VRAAG

Twee ouens in ’n kroeg kla teenoor mekaar oor hul vroue. “My vrou is weer kwaad vir my,” sê die eerste een. “Hoekom?” “Ek het netnou in die kroeg hier oorkant die straat sit en drink, toe kom soek sy my.” “Wat het toe gebeur?” “Toe vra ek haar haar telefoonno­mmer.” AREND KIRKMAN, ALBERTON

RAAISEL

V: Hoekom het die fortuinver­teller opgehou om mense se fortuin te vertel?

A: Sy het geen toekoms daarin gesien nie. L. SAAYMAN, SABIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa