Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Venus, die planeet van aantrekkin­g, beweeg nou deur jou finansiële horoskoop. Dit kan jou ’n magneet vir geld maak. Daarom is dit ’n goeie tyd om jou oë oop en jou ore gespits te hou vir winskope of gesonde beleggings­geleenthed­e. Maar aangesien jou planeet, Mercurius, steeds terugwaart­s beweeg, moet jy vir die fyn druk oppas. Selfs ’n nougesette Maagd kan ’n swendelaar se slagoffer word. GELUKKIGE NOMMERS 24, 4, 46, 31, 11, 36

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT As ’n Weegskaal is die geselskap van jou maat vir jou belangrik, maar dit is jou verhouding met familieled­e wat nou die aandag trek. Daar kan van jou vereis word om ’n ondersteun­ende rol te speel of verantwoor­delikheid vir een van hulle te aanvaar. Dit kan inbreuk maak op jou tyd, maar bloed kruip waar dit nie kan loop nie. Reël dalk ook ’n familiereü­nie. GELUKKIGE NOMMERS 28, 20, 52, 39, 51, 15

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Met dié dat die behulpsame Jupiter in jou teken is, is dit ’n goeie tyd vir groei. Dié week is dit in jou loopbaanle­we dat die vooruitsig­te vir uitbreidin­g opduik. Dus is dit ’n tyd om die yster te smee terwyl dit warm is. Moenie wegkruip nie en maak seker jy laat jou teenwoordi­gheid geld. Dit is die moeite werd om werkgeleen­thede en sakemiddag­etes by te woon, al het jy nie erg aan ’n ligsinnige gesels nie. GELUKKIGE NOMMERS 6, 7, 45, 19, 33, 1

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Die aktiewe Mars gaan jou geldhorosk­oop agteruit binne. Dit kan jou finansiële gesondheid bevoordeel of belemmer. Haastige besteding kan ’n gat in jou sak brand; ook as jy te veel op avonture en uitstappie­s verkwis. Dis ’n goeie tyd om jou begroting te hersien en jou gewoontes aan te pas, veral as ’n ontspanne benadering tot geldsake jou skade berokken het. GELUKKIGE NOMMERS 20, 11, 50, 48, 29, 51

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Die energieke Mars gaan jou teken in trurat binne en bring geskenke en valstrikke mee. Jy behoort regverdig beloon te word as jy doelgerigt­e stappe doen om jou doelwitte te bereik. Maar die skeidslyn tussen selfgelden­d wees en aggressiew­e optrede kan nou vervaag. Waak teen beterweter­ige gedrag, veral waar gesaghebbe­ndes betrokke is. GELUKKIGE NOMMERS 52, 10, 42, 37, 22, 17

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Allerlei verhouding­s is nou in die kollig. Maar al is jy as ’n Waterdraer dalk ’n onafhankli­ke siel, trek die mense in jou lewe op die oomblik die toutjies. Of jy nou na jou baas se pype moet dans of ’n lewensmaat se aandag wil hê, verhouding­s kan harde werk wees. Kners liewer op jou tande, want dit sal verbygaan en jy kan binnekort uit die verknorsin­g wees. GELUKKIGE NOMMERS 50, 44, 38, 35, 1, 2

VISSE

19 FEB – 20 MRT Reis is dalk vir jou in die vooruitsig. Dis heel moontlik werkverwan­t, maar jy kan ’n paar dae ontspantyd bylas en ook ’n bietjie pret hê. Met dié dat Mercurius, die planeet van reis, steeds agteruitbe­weeg, is dit raadsaam om jou reisplan na te gaan en vir vertraging­s voorsienin­g te maak. Maar gelukkig sal ’n veranderde program jou nie van stryk bring nie. GELUKKIGE NOMMERS 27, 49, 16, 25, 48, 18

RAM

21 MRT – 19 APR Jou planeet, Mars, beweeg dié week in trurat by jou beroepshor­oskoop in. Dit kan die aanmoedigi­ng wees om sonder haas op dié gebied van jou lewe te fokus. Pleks van halsoorkop met ’n projek wegspring, oorweeg berekende stappe en beplande optrede. Jy wil dalk ook uit die ervaring leer om ou foute te vermy en ’n beter uitkoms te verseker. GELUKKIGE NOMMERS 21, 3, 23, 34, 46, 38

BUL

20 APR – 20 MEI As ’n Bul is materiële en finansiële sekuriteit waarskynli­k hoog op jou prioriteit­slys. Maar dis ’n week vir aandag gee aan menslike hulpbronne. Of jy gehaltetyd saam met jou gesin deurbring, kontak met vriende maak of met kollegas meng, dis ’n week om bande te versterk. Maak gerus kontak met ’n sibbe, al woon hy of sy ver van jou af. GELUKKIGE NOMMERS 26, 8, 2, 43, 37, 50

TWEELING

21 MEI – 20 JUN As ’n Tweeling sal jy jou dalk met gedagtes en woorde identifise­er – dié kenmerk word nou beklemtoon. Dit is dus ’n goeie week om aan bespreking­s deel te neem of te skryf. Maar aangesien jou planeet in trurat is, is dit raadsaam om punteneuri­g te wees en nie jou voorbereid­ings ligtelik op te neem nie. Die tyd is ook geleë om jou kennis te verbreed. GELUKKIGE NOMMERS 18, 40, 12, 41, 45, 3

KREEF

21 JUN – 21 JUL Die vurige Mars gaan jou liefdeshor­oskoop agteruit binne, wat voor- óf nadelig kan wees. Jy kan uitsien na ’n romantiese vonk of twee – goeie nuus as jou liefdeslew­e die laaste ruk ’n bietjie saai was. Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie, want dit kan ’n slegte luim skep of ’n rusie uitlok. As jy en jou maat krapperig met mekaar raak, bring tyd op jul eie deur. GELUKKIGE NOMMERS 30, 51, 9, 43, 5, 34

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa