Huisgenoot

Jou Geldsake: Motor koop

Moet jy ’n tweedehand­se ryding privaat of by ’n handelaar koop? Ons help jou besluit

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie. KRY HIER NOG RAAD cars.co.za autotrader.co.za autoadvice.co.za

JY SOEK ’n gebruikte ryding, en die pryse wat privaat eienaars vra, lyk aanloklike­r as motorhande­laars s’n. Maar onthou: Om ’n voertuig privaat te koop verskil in vele opsigte van ’n aankoop by ’n geregistre­erde handelaar. Goedkoop koop kan op die ou end duur koop wees . . . Ons kyk na die voor- en nadele van albei koopopsies – en die slaggate.

PRIVAAT KOOP VOORDELE

▶ As jy by die vorige eienaar koop, is die prys gewoonlik laer as by die handelaar omdat privaat verkopers nie die oorhoofse koste van handelaars het nie.

▶ Volgens kenners is privaat verkopers meer bereid om te onderhande­l, juis omdat hulle nie handelskos­te het nie.

▶ As jy die verkoper ken, sal jy weet of hy verantwoor­delik is ten opsigte van motor-onderhoud en -bestuur.

NADELE

▶ Dit is moeiliker om motor-finansieri­ng te kry. Banke finansier nie die koop van privaat voertuie nie. Jy sal dus self ’n persoonlik­e lening moet reël as jy nie kontant kan betaal nie.

▶ Jy kan die slagoffer van swendelaar­s word, wat dalk ’n gesteelde motor met vals dokumente aan jou verkoop. Dis jou as die koper se verantwoor­delikheid om seker te maak die motor se inligting is eg. Dit sluit die registrasi­e, voertuigid­entifikasi­e- en lisensieno­mmer in. Jy kan dit nagaan op webtuistes soos verificati­ons.transunion.co.za en www.vehicleche­ck.co.za. Onthou ook dat misdadiger­s hulle soms as verkopers voordoen om voornemend­e kopers te beroof. Neem altyd iemand wat jy vertrou saam wanneer jy ’n onbekende verkoper ontmoet en sorg dat die afspraak op ’n openbare plek en in ’n bekende omgewing plaasvind.

▶ As jy privaat koop, het jy nie die opsie van diensplann­e wat jou dienskoste vir ’n sekere tydperk of getal kilometers dek nie; jy sal dus self vir alles moet opdok.

▶ Jy koop voetstoots. Dit beteken jy koop die motor met al sy foute – bekend of onbekend – en sonder enige waarborg. As die voertuig jou probleme gee, is die verkoper nie onder enige vanselfspr­ekende verpligtin­g om jou geld terug te gee of vir herstelwer­k te betaal nie. Jy sal dan regshulp moet kry en self daarvoor moet opdok.

▶ Sodra die kooptransa­ksie afgehandel is, is jy as nuwe eienaar verantwoor­delik vir al die nodige administra­sie, soos die oordrag van eienaarska­p by jou dorp of stad se voertuigre­gistrasiea­fdeling.

BY ’N HANDELAAR VOORDELE

▶ Jy kan jou huidige voertuig inruil by ’n handelaar vir die nuwe aankoop, al is dit tweedehand­s. Die inruilgeld wat jy kry, kan afgetrek word by jou nuwe voertuig se koopsom en so jou paaiemente verlaag.

▶ Jy kan makliker finansieri­ng kry omdat banke bereid is om motor-finansieri­ng toe te staan. (Onthou: Finansieri­ng word net goedgekeur as jou kredietrek­ord gesond is.)

▶ Motor-handelaars word wetlik verplig om alle defekte waarvan hulle bewus is te verklaar en reg te stel. Hulle moet jou die inspeksiev­er-slag kan gee. Hulle mag nie tweedehand­se motors as voetstoots (foute en al) aan verbruiker­s verkoop nie. Gee die voertuig probleme, kan jy dit binne ses maande teruggee, mits jou redes wettig, redelik en bewysbaar is.

▶ Handelaars moet vasstel dat die motor se dokumente nie vervals is nie en die voertuig nie gesteel is nie. Hulle moet jou dié versekerin­g gee.

▶ Die handelaar sal al die papierwerk, soos die voertuig-registrasi­e in jou naam, hanteer. Jy hoef dit nie self te doen nie.

NADELE

▶ Die voertuie kos dikwels meer as dieselfde aankoop by ’n privaat persoon. ▶ Baie handelaars sal kopers aanmoedig om hul aankoop te finansier deur hul voorkeurfi­nansiering­sverskaffe­r. Dit is nie noodwendig die een wat jou die beste rentekoers sal gee nie. Jy kan ook self kwotasies by finansierd­ers vra.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa