Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Dit was ’n lieflike winterdag toe die aktrise, motivering­spreker en voormalige aanbieder van kykNET se gewilde werklikhei­dsreeks Boer Soek ’n Vrou, Nadia Beukes, en haar man, die sakeman David de Villiers, op Sondag 29 Julie ’n ooievaarsp­artytjie vir hul familie en vriende hou. Nadia en David se eersteling, Davey, word aan die einde van Augustus verwag. Die spesiale dag was anders as ’n tradisione­le ooievaarst­ee, waar net die vroue saamkuier, want Nadia en David wou die opwinding van hul eersteling met mekaar én hul hartsmense deel. “Ons is ongeloofli­k dankbaar dat alles so mooi in plek geval het vir die lieflike dag,” het Nadia eksklusief aan Huisgenoot gesê.

Sy en David het baie moeite gedoen om hul huis in Pretoria vir die spesiale dag in ’n blou-en-wit kleurskema te tooi. ’n Magdom ballonne het tot die vrolike atmosfeer bygedra.

“Die oggend van die geleenthei­d het ons ouers ook ingespring en met alles gehelp, van kolwyntjie­s versier tot koeksister­s ronddra,” het sy gesê.

“Die dag was werklik geseën. Ons is met wonderlike geskenke bederf . . . broeke, boeke en baie doeke! Maar die grootste geskenk was om die vreugde en vooruitsig van ons seuntjie saam te vier.” Van links is Soné Combrinck, Wilma Nel, Ansua Steyn-Ahlstrom, Marisa Drummond, Johrné van Huyssteen en sy vrou, Alet.

 ??  ?? BO: Die kleurryke tafel mmet ’n spesiale Dav Davey-teken. LINKS: Lek Lekker kolwyntjie­s! OND ONDER: Balloon Design was verantwoor­deli delik vir die pragtige ball ballonne. BO: (Van links) Melissa Swart, Chris Bishop, sy vrou, die televisie- en radioperso­onlikheid Rozanne McKenzie, en Tertius Swart was onder die gaste wat die dag saam met David en Nadia gevier het. Nadia Beukes straal in haar swangerska­p. By haar is manlief David de Villiers.
BO: Die kleurryke tafel mmet ’n spesiale Dav Davey-teken. LINKS: Lek Lekker kolwyntjie­s! OND ONDER: Balloon Design was verantwoor­deli delik vir die pragtige ball ballonne. BO: (Van links) Melissa Swart, Chris Bishop, sy vrou, die televisie- en radioperso­onlikheid Rozanne McKenzie, en Tertius Swart was onder die gaste wat die dag saam met David en Nadia gevier het. Nadia Beukes straal in haar swangerska­p. By haar is manlief David de Villiers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa