Huisgenoot

Nuut op die rakke

Rof-en-onbeskof en alte heerlike leesstof

- Deur ELNA VAN DER MERWE

KAT SE BLAD – STUITIGE STROKIES Deur PHILIP DE VOS en PIET GROBLER (Protea Boekhuis, R170)

Byna B het h t ek k ’n ’ flater fl t oorgekom k en dié boek op die kinderblad geresensee­r, maar dit kom daarvan as ’n mens ’n kinderlike tekening op jou voorblad sit. Binne-in is dit ’n heel ander storie met guitige strokies wat sprokies en ander praatjies verfomfaai tot iets wat beslis geen 0-18 is.

Daar’s die koning wat sonder klere die straat afstap en ’n seuntjie laat gil: “Boeliebief en pietersiel­ie / Ek sien die koninklike . . . / Gielie! Skree sy ma: Jou leë kop! / G’n wonder jy’t graad 1 gedop!” Daar’s Mabalel en Raka wat trou, Eugène Marais wat die toespraak lewer en Van Wyk Louw wat die bedankings doen. Daar’s Bybel en Babels: “Genesis, Eksorus, / hier kom goeters / wat maar gorus . . .”

Kat Se Blad is die eerste keer in 1999 uitgegee en is nou heruitgege­e “seker omdat dit hoog tyd was om nuwe en jonger lesers aan die stuitighed­e bloot te stel”, sê Philip de Vos (foto).

“My heel eerste strokie was Sonde met die Diere waarin ek die storie van Noag gebruik om te verduideli­k hoe die dinosourus­se uitgesterf het. Omdat ek en Piet Grobler toe reeds aan twee boeke saamgewerk het, is hy gevra om dit te illustreer. Dit sou net ’n eenmalige strokie gewees het, maar dit was so gewild dat ons dit daarna drie jaar lank maandeliks geskep het. Daarna is die strokies nog drie jaar in Insig voortgesit,” vertel Philip.

“Elke strokie het altyd uit presies 28 rymreëls bestaan. Sodra ek die teks geskryf het, het ek dit aan Piet gestuur. Ek het hom nooit ooit voorgesê wat om te teken nie. Hy weet blykbaar wat in my kop aangaan, maar hy het met sy sketse dikwels die strokies nog stouter gemaak as wat hulle reeds was. Ek besef die strokies is stout, maar hopelik nooit vulgêr nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa