Huisgenoot

MEXIKAANSE RAFELVLEIS

-

Moenie net varkboud vir Kersfees gaarmaak nie. Dis die ekonomiess­te snit en ’n mens kan soveel daarmee doen. Ons kook rafelvleis wat heerlik is in tortillas, taco’s, burrito’s en selfs in slaai.

SNIT: VARKBOUD

GENOEG VIR 10 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 3 uur SPESERYSME­ER 45 ml (3 e) olyfolie 30 ml (2 e) tamatiepas­ta 15 ml (1 e) sojasous 60 ml (¼ k) bruinsuike­r 15 ml (1 e) fyn komyn 10 ml (2 t) droë origanum 10 ml (2 t) sout 5 ml (1 t) elk brandrissi­e, knoffel- en uiepoeier 2,5 ml (½ t) elk paprika en peper VARK 15 ml (1 e) olyfolie 1 ui, gekap 3 knoffelhui­sies, fyngedruk 3 kg varkboud, oortollige vet en swoerd afgesny brandrissi­e 2 lourierbla­re 60 ml (¼ k) lemoensap 30 ml (2 e) lemmetjies­ap ’n bietjie bruinsuike­r AFRONDING

125 ml (½ k) gekapte koljanderb­lare 1 klein rooi-ui, gekap 1-2 jalapeño-brandrissi­es, ontpit en gekap

VIR VOORSIT 10 meeltortil­las

GUACAMOLE 1 avokado, fyngemaak ’n halwe klein ui, fyngekap suurlemoen­sap na smaak AVOKADOSAL­SA 1 avokado, in blokkies gesny suurlemoen­sap 1 klein rooi-ui, fyngekap 60 ml (¼ k) heel pitmielies 4-6 kersietama­ties, in stukke gesny ’n hand vol koljanderb­lare, gekap

1 Speserysme­er Meng al die bestanddel­e vir die speserysme­er en smeer die varkboud goed daarmee in.

2 Vark Verhit die olie in ’n groot plat gietysterp­ot en braai die ui en knoffel daarin tot sag. Voeg die vleis by en braai tot bruin buite-om. 3 Voeg die brandrissi­e, lourierbla­re, lemoen- en lemmetjies­ap by. Voeg sowat 500 ml water by, bring tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek en laat prut sowat 3 uur tot die vleis van die been af val. 4 Plaas die vleis op ’n plank en trek die vleis in rafels met twee vurke. 5 Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die vleis op ’n uitgevoerd­e bakplaat, giet van die pansappe oor, sprinkel ’n bietjie bruinsuike­r oor en oondbraai 15 min. tot effens bros. 6 Afronding Meng al die bestanddel­e by die vleis in. 7 Vir voorsit Verhit die tortillas in ’n pan tot sag. 8 Guacamole Meng al die bestanddel­e. 9 Avokadosal­sa Meng al die bestanddel­e. Smeer van die guacamole oor die tortilla, pak van die vleis bo-op en skep van die salsa oor. Rol op en geniet. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa