Huisgenoot

RAAD Kry werk (deel 3): So maak jy gereed vir die onderhoud

In die derde van drie artikels oor hoe om werk te kry kyk ons na jou voorbereid­ing vir die allerbelan­grike onderhoud – en hoe om jou te gedra terwyl jy ondervra word

- Deur DENNIS CAVERNELIS

JY HET ’n goeie indruk gemaak met jou werkaansoe­k en CV, en nou wil jou potensiële toekomstig­e werkgewer jou van aangesig tot aangesig ontmoet. Die doel van so ’n ontmoeting is nie om jou uit te vang nie – dis om jou kwalifikas­ies en vaardighed­e te bespreek, te kyk of jy geskik is vir die pos en te ondersoek of jy by die maatskappy sal inpas.

In die derde afdeling van ons reeks oor hoe om vir ’n nuwe werk aansoek te doen gesels ons met kenners om uit te vind hoe jy jou beste voetjie tydens die onderhoud kan voor sit.

VOORBEREID­ING

Vind soveel moontlik uit oor die maatskappy en die persoon wat die onderhoud met jou gaan voer.

“Daar is so baie inligting aanlyn beskikbaar dat jy geen verskoning het om onvoorbere­id vir die onderhoud op te daag nie,” sê Lorna O’Brien van O’Brien Recruitmen­t in Kaapstad.

Sorg dat jy weet waar die onderhoud plaasvind – dit sal ’n slegte indruk wek as jy laat kom, waarsku Tamara Wolpert van Viv Gordon Placements in die Kaap. “Maak seker jy ken die roete en val vroeg genoeg in die pad.”

Lees weer die posbeskryw­ing sodat jy

weet waarop die onderhoudv­oerder gaan konsentree­r, sê Lorna.

Neem afskrifte van die dokumente wat jy ingegee het toe jy aansoek gedoen het, sê Celeste Stewart, direkteur van Bold Curiosity, ’n leer- en- ontwikkeli­ngsadviesb­uro.

“As daar enige vrae is oor die dokumente wat jy dalk al maande tevore ingedien het, is dit maklik om gou jou antwoord na te slaan.”

OEFEN JOU ANTWOORDE OP DIE VRAE

Die algemeenst­e vraag is: “Vertel ons meer oor jouself.”

Die geheim hier is om te onthou dat hulle nie soseer belangstel in wát jy sê nie, maar hóé jy die vraag beantwoord, sê Alexis Kitchen van Afrizan Personnel in Johannesbu­rg.

Hulle het reeds jou CV, maar wil nou bepaal hoeveel selfvertro­ue jy het en hoeveel passie en geesdrif vir die pos.

“Onderhoudv­oerders wil sien hoe goed jy jou woord kan doen en watter indruk jy sal maak op die mense met wie jy te doen kry in jou werk,” sê Alexis. “Die grootste fout wat jy kan maak, is om te stotter of te huiwer voor jy praat, want dit kan dui op ’n gebrek aan selfvertro­ue.”

Formuleer jou vrae vooraf, is Celeste se raad. Vrae soos “Vertel my van ’n keer toe jy ’n moeilike probleem opgelos het; wat het gebeur, en wat was die uiteinde?” sal beslis gevra word.

Baie mense word oorbluf deur sulke vrae, nie omdat hulle nie die antwoord ken nie, maar omdat dit hulle onkant betrap, sê sy.

Die oplossing? Dink vooraf na oor hoe jy wil antwoord, en oefen jou antwoorde. So sal jy weet wat om te sê sonder om oor jou woorde te val of langdradig te wees.” Ander algemene vrae is: Wat is jou sterk punt? Waar sou jy meer kon ontwikkel? Hoekom wil jy jou huidige werk verlaat? Wat kan jy aan ons maatskappy bied? Verduideli­k jou verantwoor­delikhede in jou huidige pos.

Vertel van ’n keer toe jy saam met ’n moeilike kollega gewerk het. Wat het gebeur en wat was die uiteinde?

Hoe hanteer jy druk? Vertel van ’n keer toe jy ’n spertyd misgeloop het. Wat het gebeur en wat sal jy volgende keer anders doen?

Om sulke vrae doeltreffe­nd te beant- woord, sê Alexis, sal jy vooraf moet dink oor die terugvoer wat jy al in jou loopbaan gekry het sodat jy goeie voorbeelde by jou antwoorde kan verskaf.

WAT JY NIE MOET SÊ NIE

Al gesels jy en die onderhoudv­oerder alte lekker, moet jy heeltyd profession­eel bly.

Boaan die lys is om niks slegs oor jou vorige werkgewer te sê nie, selfs al het jy goeie redes hiervoor, sê Alexis.

As jy nuwe werk soek omdat jy ’n slegte ervaring het of gehad het by jou vorige werk, is dit genoeg om te sê jul waardes het nie ooreengest­em nie of jy het gevoel dis tyd om iets nuuts te doen. Jy kan selfs sê jy wil nie graag jou werkgewer beswadder nie.” Moenie sê: Jy is bereid om ’n werk te doen wat geen verband hou met die pos waarvoor jy aansoek doen nie.

Jy hou nie van moeilike mense nie. Daar is oral moeilike mense.

Jy hou nie daarvan om in ’n span te werk nie. Spanwerk is ’n werklikhei­d.

Jou godsdienst­ige en politieke oortuiging­s is sus en so nie. Die meeste plekke streef na diversitei­t en verdraagsa­amheid; ’n onderhoud is nie die beste plek om dit te bespreek nie.

Moenie vra wat die maatskappy doen nie. Jy moes reeds self jou navorsing hieroor gedoen het.

Moenie vra wat die salaris, verlof en ander voordele is nie. Dit word nie in die eerste onderhoud bespreek nie. S S S S

WATTER PERSOONLIK­E INLIGTING MOET JY DEEL – EN WAT NIE?

Die algemene reël is om die vrae te beantwoord wat hulle vra – moenie te veel inligting gee nie.

“Soms as ’n mens op jou senuwees is, begin jy babbel en verklap jy dinge wat jy nie wou nie. Hou dus ’n wag voor jou mond,” waarsku Tamara.

“Laat jou lei deur die onderhoudv­oerder,” sê Celeste. Hulle sal sê as hulle meer inligting benodig.

“Jou gesin en persoonlik­e omstandigh­ede sal ’n impak op jou werk hê; daarom sal hulle sekere inligting wil hê,” voeg Alexis by. “Maar persoonlik­e inligting moet nie die onderhoud oorheers nie, want jy is daar sodat hulle jou geskikthei­d vir die pos kan bepaal.”

WANNEER VRA JY OOR DIE SALARIS?

Die salaris word gewoonlik eers by die tweede onderhoud bespreek.

Jy moet vooraf uitvind wat die bedryf gewoonlik vir jou soort pos betaal. “Kyk hoeveel ervaring jy het en watter waarde jy tot die maatskappy kan toevoeg,” sê Celeste. “Sy sê jy moet ’n benaderde salaris kan voorstel as hulle vra wat jou salarisver­wagtings is.

“As jy ’n werwingsma­atskappy gebruik, sal hulle gewoonlik die salarisges­prek hanteer,” sê Lorna.

“Moenie jok oor hoeveel jy verdien nie, want jy kan later gevra word om jou salarisstr­okie te wys,” sê Tamara. “Maak seker jy weet hoe jou salaris gestruktur­eer word. Ken die verskil tussen koste aan die maatskappy voor belasting en aftrekking­s en die nettobedra­g wat jy huis toe neem.

“Weet ook hoe die bonusstels­el werk en enige ander voordele wat jy ontvang het wat nie op die strokie aangedui word nie,” sê Tamara. “Dit moet alles in berekening gebring word wanneer jy oor jou nuwe salaris onderhande­l.”

HET JY SELF ENIGE VRAE?

Berei vooraf vrae voor; dit sal wys jy stel belang in die maatskappy en het jou navorsing gedoen, sê Tamara. Vrae wat jy kan vra, is: Hoekom is die pos vakant? Wat is die pos se grootste uitdagings? Wat is die maatskappy se beleid oor loopbaanon­twikkeling? Hoe werk prestasieb­estuur? Aan watter soort projekte werk die span?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa