Huisgenoot

Eg Suid-Afrikaanse beskuit vir elke smaak

Nou wel nie met mos gemaak nie, maar smullekker, al is die suiker en botter heelwat minder.

-

LEWER 36 BOLLETJIES Bereiding: 30-40 min. Rys: sowat 1 uur Bak: 50 min. Uitdroog: oornag

DEEG 1,5 kg klipgemaal­de witbroodme­el

10 ml (2 t) sout

20 ml (4 t) anyssaad

20 g (2 pakkies) kitsgis

200 ml suiker

150 g botter

750 ml (3 k) louwarm water

250 ml (1 k) louwarm melk

SUIKERWATE­R

30 ml (2 e) suiker

30 ml (2 e) louwarm water

Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit 1 groot broodpan (36 x 13 cm) en

1 middelslag­broodpan (20 x 10,5 cm) met kossproei.

1 Deeg Meng die meel en sout. Voeg die anyssaad en kitsgis by en meng.

2 Meng die suiker, die helfte van die botter, die water en melk tot die botter gesmelt is.

3 Voeg die melkmengse­l by die meelmengse­l. Meng en knie 10 min. tot glad en elasties. Knie die res van die botter in. Bedek en laat rus 15 min. op ’n warm plek.

4 Knie af en verdeel die deeg in ewe groot bolletjies (100 g vir die groot pan; 70 g vir die kleiner pan). Pak styf teen mekaar in die panne sodat dit nie na die kante van die panne rys nie. Bedek en laat rys tot dubbel die volume.

5 Voorverhit die oond tot 190 °C. Bak 10 min., verlaag die hitte tot 160 °C en bak nog 30-40 min. of tot ’n toetspen skoon uit die bolletjies kom.

6 Suikerwate­r Meng die suiker en water en verf oor die warm kors. Laat staan sowat 5 min. en keer op ’n draadrakki­e uit. (Sit louwarm voor saam met botter.)

7 Laat heeltemal afkoel. Breek in bolletjies en droog uit by 100 °C. Bêre die beskuit in ’n lugdigte houer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa