Huisgenoot

ERTJIE-EN-HOENDER-FILOPASTEI­E

-

Die pasteie kan al ’n dag of twee vooraf gemaak en dan net voor ete in die oond gebak word. LEWER 6-8 PASTEIE Bereiding: 30 min. Verkoel: 15 min. Gaarmaak: 25-30 min. VULSEL 15 ml (1 e) olie 2 uie, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 2 brandrissi­es, gekap (opsioneel) 1 gaar hoender, bene en vel verwyder en gepluis 500 ml (2 k) bevrore ertjies 125 ml (½ k) natuurlike volroomjog­urt 10 g koljanderb­lare, gekap 1 wiel feta, gekrummel gerasperde skil van 1 suurlemoen 30 ml (2 e) suurlemoen­sap sout en vars gemaalde peper PASTEIE 500 g filodeeg 60 ml (¼ k) botter, gesmelt Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

1 Vulsel Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel en brandrissi­es, indien gebruik, by en roerbraai nog 1 min. 2 Roer die hoender en ertjies by en roerbraai tot deurwarm. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng deur. Haal van die hitte af en hou eenkant.

3 Pasteie Sny die filodeegst­apel in die lengte in die helfte. Plak 2 halwe velle op mekaar met die gesmelte botter. Skep van die vulsel in ’n reghoek aan die onderpunt en verf die res van die vel met botter. Vou die vulseldeel om, vou die kante in en vou die pastei toe tot bo. Plaas op die bereide bakplaat. Herhaal met die res van die deeg en vulsel. Verf die pasteie bo-op weer liggies met botter. 4 Verkoel die pasteie tot nodig of bak 15-20 min. in die verhitte oond tot goudbruin en bros.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa