Huisgenoot

GNOCCHI MET ERTJIEPEST­O

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 15-20 min. PESTO 500 ml (2 k) bevrore ertjies 50 g kasjoeneut­e of geblansjee­rde amandels 1 knoffelhui­sie, geskil 125 ml (½ k) gerasperde pecorino of enige ander harde Italiaanse kaas ’n hand vol roketblare sap van 1 suurlemoen sout GNOCCHI 2 x 500 g-pakke gnocchi sout 30 ml (2 e) botter 2 knoffelhui­sies, in skyfies gesny VIR VOORSIT p e c o rin o skaafsels sout en vars gemaalde peper ’n paar peulertjie­s, in die lengte gehalveer (opsioneel)

1 Pesto Giet kookwater oor die ertjies en laat 5 min. staan. Dreineer en hou eenkant. 2 Plaas die neute in die bak van ’n voedselver­werker. Pols tot fyn en voeg die knoffel by. Pols tot glad. 3 Voeg die res van die bestanddel­e asook 375 ml (1½ k) van die ertjies by en pols tot die roket fyngekap is. Geur met die sout na smaak.

4 Gnocchi Bring gesoute water in ’n groot kastrol tot kookpunt. Kook die gnocchi tot dit begin dryf. 5 Verhit die botter in ’n groot pan en braai die knoffel tot geurig. Skep die gaar gnocchi uit die water direk in die botter. Roerbraai 1 min liggies. 6 Voeg die helfte van die pesto by en roerbraai 1 min. Giet ’n bietjie van die kookvloeis­tof by as die gnocchi te droog braai. Voeg die orige ertjies by. 7 Vir voorsit Skep die gnocchi op ’n groot opdienbord. Sprinkel die pecorino oor en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Garneer met die peulertjie­s indien verkies en sit voor. S

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa