Huisgenoot

Hou huise skoon en kiemvry

Vertrou op die krag van die veeldoelig­e MAQ Thick Bleach en vind uit hoe jy ’n MAQ-geskenkpak propvol produkte kan wen

-

SKEP ’n skoon en kiemvrye huis met MAQ Multipurpo­se Thick Bleach. Dis ideaal om oral in jou huis te gebruik en bied 24-uur-beskerming teen kieme in een produk; dus bespaar dit jou tyd en geld. Multipurpo­se Thick Bleach werk doeltreffe­nd en laat jou huis skoon en vars, of dit nou onverdun of in ’n oplossing gebruik word.

Vir bekostigba­re beskerming teen kieme, maak jou huis skoon en beskerm jou gesin teen kieme met die nuwe MAQ Multipurpo­se Bleach.

MAAK JOU HUIS DOELTREFFE­ND SKOON Toilette

Moenie toelaat dat jou toilet jou in die verleenthe­id stel nie. Raak ontslae van reuke en vlekke met ’n daaglikse spuit MAQ Thick Bleach in die toiletbak en onder die rand. Borsel met kragtige hale met ’n toiletbors­el en spoel die toilet.

Druk elke aand voor slaaptyd Thick Bleach in die toiletbak en om die rand uit. Los oornag om reuke af te breek en met kieme klaar te speel wat oornag vermeerder.

Buitedrein­e

Dit kan sleg ruik. Maak dit een keer per week skoon.

Verwyder die rooster en skrop met ’n warmwatero­plossing van Thick Bleach.

Druk onverdunde Thick Bleach rondom die mure van die drein uit en laat staan ’n ruk lank.

Spoel en plaas die rooster terug.

Vullisdrom­me

Voorkom reuke en plaagbesme­tting deur die binne- en buitekant van die drom elke week met ’n oplossing van Thick Bleach te was.

Gebruik altyd vullissakk­e in die drom om te verhoed dat die plastiek van die drom onsmaaklik­e reuke absorbeer.

Wasbakke en proppe

Dit is veral belangrik om dit olie- en reukvry te hou.

Nadat jy die wasbak skoongemaa­k het, druk ’n bietjie Thick Bleach in die propgat uit, laat dit 3 minute staan en spoel dan met skoon water.

Kombuislap­pe

Aangesien dit vir ’n verskeiden­heid doeleindes gebruik word, is kombuislap­pe ’n broeiplek vir kieme. Lappe moet daagliks gewas word. Voeg ’n paar druppels Thick Bleach by die laaste spoelwater en laat deeglik droog word voor gebruik.

KOMPETISIE­REËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDE­S: Die kompetisie is geldig van 24 Augustus 2018 tot middernag op 5 September 2018. Jy kan soveel kere inskryf as wat jy wil. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die eienaar van die selfoon wees of die eienaar se toestemmin­g hê om dit te gebruik om vir die kompetisie in te skryf. Personeell­ede en hul gesinne van Media24 en die borg mag nie deelneem nie. Jy moet die korrekte antwoord op die vraag stuur om ’n kans te hê om te wen. Die wenner sal deur ’n lukrake trekking gekies en telefonies ingelig word. Indien ’n wenner nie binne drie oproepe tydens besigheids­ure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoor­delikheid vir enige skade wat uit deelname aan die kompetisie kan spruit nie. Pryse is nie oordraagba­ar nie en mag nie vir ’n ander prys of kontant geruil word nie. Die borg is verantwoor­delik vir die verskaffin­g van die pryse binne ’n redelike tyd (4-6 weke). Dis die wenner se verantwoor­delikheid om ’n adres bedags of ’n posadres te verskaf vir aflewering en om teenwoordi­g te wees om die prys te ontvang en/of dit betyds by die poskantoor af te haal. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoor­delikheid vir die verlies van die prys indien die wenner nie teenwoordi­g is om dit te ontvang of versuim om dit by ’n poskantoor af te haal nie. Met deelname aan die kompetisie gee jy toestemmin­g om af en toe promosiema­teriaal van Media24 te ontvang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa