Huisgenoot

Priyanka en Nick is verloof

-

NÁ WEKE van bespiegeli­ng het Priyanka Chopra en Nick Jonas nie net hul verlowing met hartlike plasings in die sosiale media bevestig nie; hulle het dit in styl gevier. Die twee en hul families het vroeër vandeesmaa­nd hul komende troue met ’n tradisione­le rokaseremo­nie in Moembai gevier. Die sanger (25), wat die sjerwani-kledingstu­k aangehad het wat Indiese mans vir formele plegtighed­e dra, het sy 16,3 miljoen Instagram-aanhangers op foto’s van die romantiese geleenthei­d trakteer. Een van die intieme kiekies het die byskrif: “Toekomstig­e mev. Jonas. My hart. My liefde.” Priyanka (36) is ’n sangeres, aktrise en voormalige Mej. Wêreld.

Die seremonie is een van ’n aantal geleenthed­e wat in Indië voor die troue gehou word om die verlowing te vier. “Al die planne vorder vinnig, en Priyanka en Nick wil nie ’n lang verlowing hê nie,” sê ’n bron.

Die tonge het in 2017 die eerste keer geklap toe hulle by die Met-gala saam op die rooitapyt verskyn.

Kort nadat die rokafoto’s uitgereik is, het Nick se broer Joe (29) en dié se verloofde, die Game of Thrones-aktrise Sophie Turner (22), die paartjie in die sosiale media gelukgewen­s. “Ek kan nie gelukkiger wees vir my broer nie,” skryf hy langs ’n foto waarop Nick en Priyanka in mekaar se oë kyk. “Welkom in die familie, @priyankach­opra. Ons is baie lief vir jou.”

 ??  ?? Priyanka en Nick by haar broer, Siddharth, en ma, Madhu Chopra, en sy ouers, Denise en Paul Jonas.
Priyanka en Nick by haar broer, Siddharth, en ma, Madhu Chopra, en sy ouers, Denise en Paul Jonas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa