Huisgenoot

KENDALL EN KHLOÉ SE JAGLIEFDE

-

Daar was geen teken van onenigheid toe Kendall Jenner en Khloé Kardashian onlangs saam met hul onderskeie basketbals­pelerkêrel­s, Ben Simmons en Tristan Thompson, in die son gebaai het nie.

Toe Kendall (22) en die Australies gebore Ben (22) in Mei begin uitgaan, was hy blykbaar nog in ’n verhouding met die R&B-sangeres Tinashe (25). Die 2 Onsangeres beweer Ben het in ’n stadium vir haar teksboodsk­appe gestuur terwyl hy en Kendall in ’n klub gekuier het, en haar broer het Kendall selfs in die sosiale media daarvan beskuldig dat sy sy suster se ou afgevry het.

Intussen was Khloé (34) en Tristan (27) in April in die nuus toe beeldmater­iaal uitlek waarin die Cleveland Cavaliers-speler met verskeie vroue vryerig was.

Maar bronne beweer dié twee, die ouers van ’n dogter, True (4 maande), het die skandaal oorkom. “Khloé en Tristan vaar oënskynlik baie goed,” hou ’n bron vol. “Dit lyk nie asof daar spanning of enige kwade gevoelens is nie.”

Die vier het beslis gelyk asof hulle al die drama agtergelaa­t het toe hulle saam ’n vakansie aan boord van ’n luukse jag in Cabo San Lucas, Mexiko, geniet.

Volgens ’n bron is dit nie die eerste keer dat dié twee pare saamkuier nie. “Hulle geniet dit blykbaar dat hul kêrels en vriende so goed oor die weg kom.”

Die liefde pas julle, meisies!

 ??  ?? REGS: Khloé, wat in April vanjaar die lewe geskenk het aan ’n babadogter­tjie, True, het met haar lyf gespog toe sy in ’n gewaagde eenstukswe­mbroek op die strand stap.
REGS: Khloé, wat in April vanjaar die lewe geskenk het aan ’n babadogter­tjie, True, het met haar lyf gespog toe sy in ’n gewaagde eenstukswe­mbroek op die strand stap.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa