Huisgenoot

Madonna word 60!

-

Die popkoningi­n pak niks halfhartig aan nie. En toe Madonna besluit om haar 60ste verjaardag te vier, het sy dit met mening gedoen – met ’n uithangpar­tytjie in ’n paleis in Marokko wat vyf dae lank aangehou het.

Die sangeres, wat die afgelope meer as 30 jaar vele treffers gehad het, het interessan­te foto’s op Instagram gedeel van hoe sy die verjaardag­viering geniet. Daarop is sy in ’n lang pers-pienk rok van Gucci uitgevat.

Madonna het haar geliefdes omtrent bederf met verblyf in die weelderige El Fenn-hotel in Marrakesj wat aan Richard Branson se suster Vanessa behoort.

Al ses haar kinders, Lourdes (21), Rocco (18), David Banda (12), Mercy James (ook 12) en die vyfjarige tweeling Stelle en Estere, was op die makietie.

Om haar groot ses-nul te vier, het Madonna onlangs vir ’n fotosessie vir Vogue Italia poseer en in ’n openhartig­e onderhoud met dié tydskrif haar aanhangers ’n interessan­te kykie in haar lewe laat kry. Haar grootste onthulling? Sy het haar blyplek in Manhattan vir Lissabon, Portugal, verruil. Sy en haar vier jongste kinders, David, Mercy en die tweeling, woon nou in ’n huis in die Portugese hoofstad. Hoekom? Want David is mal oor sokker en wil ’n beroepspel­er word. En watter beter plek om in sokker te leer speel as in die tuisland van Cristiano Ronaldo?

“Ek was desperaat om vir hom plek in die beste sokkerople­idingsinst­ansie met die beste afrigters te kry,” het Madonna vertel.

“Maar die peil van sokker in Amerika is veel laer as in die res van die wêreld.

“Enige vrou wat ’n sokkerma is, kan vir jou sê dit verg dat jy op ’n manier jou lewe prysgee, want dinge verander van week tot week en naweek tot naweek. Dit is onmoontlik om veel planne te maak.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die popikoon, wa wat onlangs ha haar 60ste ve verjaardag ge gevier het, het he foto’s va van haar uitspattig­e ui ve verjaardag­p partytjie in Marokko op In Instagram g gedeel.
Die popikoon, wa wat onlangs ha haar 60ste ve verjaardag ge gevier het, het he foto’s va van haar uitspattig­e ui ve verjaardag­p partytjie in Marokko op In Instagram g gedeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa