Huisgenoot

Vrou se bloedwraak ná man se verraad

’n Britse vrou met SA bande de draai nie doekies om oor haar optredede ná haar minnaar se verraad nie

- DeurDeurur CARLACAR COETZEE

DIE Engelse upper

classis mos stug en terughoude­nd, of hoe? Bedeesde geselsies terwyl hulle pinkie omhoog tee drink en aan pikante komkommer broodjies knibbel en hoflike applous gee langs die krieket- en poloveld (maar o wee, nie te geesdrifti­g nie, dis kwansuis bad form).

Seks is nie ’n onderwerp waaroor die lords en ladies in die openbaar praat nie.

Maar dié skyn van betaamlikh­eid is onlangs aan flarde geruk deur ’n stomende seksdrieho­ek wat aan ’n bejaarde parlements­lid van Brittanje se Konserwati­ewe Party die wulpse bynaam “lord Legover” besorg het. En wat dié skandaal vir die Britse skinderbla­aie sappiger gemaak het, is die opspraakwe­kkende wraak van een van die twee vroue betrokke ,’ n skatryk voormalige perde spring kampioen met bande in Suid-Afrika.

Gewapen met 8 L varkbloed het sy haar Tory-minnaar se Londense spogwoonst­el in iets omskep wat soos ’n toneel uit ’n gruwelpren­t lyk, met obsene boodskappe en prentjies in varkbloed.

Daarna het sy haar doodluiter­s aan die polisie gaan oorgee; en die Britse publiek het elke woord opgeslurp oor die sensasione­le hofsaak wat gevolg het. Al drie die bejaarde betrokkene­s in die driehoek was immers getroud – met ander mense.

En hier sit die vrou midde-in dié skandaal nou oorkant ons in ’n koffiekroe­g in Bryanston, Johannesbu­rg. Lank, met ’n lenige lyf gebrei deur ure in die perdrysaal. In haar sjoebroeki­e, T-hemp en pet lyk die 64-jarige Lizzie Purbrick, wat jare gelede al saam met haar man en twee kinders na Suid-Afrika getrek het, maar baie tyd in Londen deurbring, allesbehal­we styf of formeel. Sy is sonbruin en haar handpalms grof, soos iemand wat is daaraan gewoond om in die tuin of met perde te werk.

Dis veral wanneer Lizzie haar mond oopmaak dat jy besef: Van die tradisione­le Engelse terughoude­ndheid is hier g’n sprake nie. Sy is duidelik nie iemand met wie jy mors nie.

“Ek het dit in ’n oomblik van woede en passie gedoen,” vertel sy oor haar wrewelrige daad. Dan voeg sy by: “Die bliksem het dit verdien.”

Sy beskryf haar voormalige minnaar, lord David Prior (ook 64), as “’n katoolse ou boggher”.

Maar dan, met ’n tikkie heimwee in haar stem, sê sy: “Hy was ’n wonderlike minnaar. Ons het Fifty Shades of Grey na kinderspel­etjies laat lyk. David is van die bestes wat ek al gehad het, behalwe miskien daai Italiaanse bankier. Hy was ’n bul.”

En sy herhaal: “Hy is ’n vark en ’n bliksem. Maar ek is lief vir hom.”

 ??  ?? REGS: Lizzie Purbrick en haar hond, Coco. Sy het haar gewese minnaar, David Prior (LINKS), se woonstel in Londen met varkbloed bespuit.
REGS: Lizzie Purbrick en haar hond, Coco. Sy het haar gewese minnaar, David Prior (LINKS), se woonstel in Londen met varkbloed bespuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa