Huisgenoot

Dokter se doepa help teen ekseem

Ná vier jaar van verskrikli­ke pyn weens kwaai ekseem het ’n Kaapse dokter se doepa vir ’n Britse dogtertjie verligting gebring – en sy suksesse word wyd besing

- Deur LESEGO MAJA en SARAH MOKOKA

‘Hoekom het almal met kwaai ekseem nog nie hiervan gehoor nie?’

ELKE aand was dit dieselfde storie: Hy het pas sy dogtertjie in die bed gesit wanneer sy weer wakker word en blou moord skree.

Dan krap sy haar vel so rou dat haar beddegoed die volgende oggend vol bloed is.

Hy het magteloos gevoel; hy kon niks doen om haar te help nie.

Chris Hall, ’n Britse webredakte­ur, het gevoel hy is vasgekeer in ’n nagmerrie wat nooit einde kry nie.

Ekseem is by sy dogtertjie gediagnose­er toe sy net drie maande oud was. Chris het baie mense geken wat aan ekseem ly, maar niemand se simptome was so erg soos dié van sy dogtertjie nie.

Hy en sy lewensmaat het elke behandelin­g denkbaar probeer: antibiotik­a, kortisoon, vogroom, kalamynmel­k, antihistam­ien . . . Maar niks het verligting gebring nie.

“Sy was van kop tot tone oortrek van blase en het heeldag gekrap aan haar rooi, ontsteekte vel,” skryf Chris in ’n onlangse artikel vir die Britse dagblad The Guardian. Die dae was traumaties, maar die nagte nog erger.

“Sy het nooit deurgeslaa­p nie. Nie een keer nie,” onthou hy. “Sy het rondgerol en ontroosbaa­r gehuil.”

Teen die tyd dat sy vier jaar oud was, het sy en haar ouers nog nie een nag deurgeslaa­p nie.

Dit het hul hart gebreek om toe te kyk hoe hul kind swaarkry, vertel Chris in The Guardian.

Ten einde raad het die dogtertjie se ma, wat anoniem wil bly, op die internet gaan hulp soek – en dis hier dat sy op die Suid-Afrikaanse dermatoloo­g dr. Richard Aron (78) afgekom het.

Ekseemlyer­s het op aanlyn forums sy lof besing oor die verligting wat hy vir hulle gebring het. Hoewel hy in Kaapstad woon, doen hy aanlyn konsultasi­es met oorsese pasiënte, en toe Chris en sy lewensmaat hom kontak, was hy gereed om te help.

Nadat hy na foto’s van hul dogter gekyk en haar simptome ontleed het, het hy ’n spesiale mengsel voorgeskry­f wat ses maal per dag aangewend moes word. Dit was ’n mengsel van steroïede, antibiotik­um en vogroom wat hulle by ’n apteek laat meng het.

Chris was eers skepties, want hulle het al ander behandelin­gs beproef wat wondere beloof het, maar niks van gekom het nie.

Maar dié keer was dit anders. Hulle het binne ure ’n veranderin­g begin sien.

“Ons kon nie glo wat voor ons oë begin gebeur het nie,” skryf Chris in The Guardian.

“Ons kon eindelik vir die eerste keer haar normale vel sien. Daardie selfde nag het sy vir die eerste keer in haar lewe deurgeslaa­p. Die verligting was ongeloofli­k. Die volgende dag het haar vel reeds 80% normaal gelyk.

“Dié keer was dit ek en my lewensmaat wat wou snik van die huil. Hoekom het ons nie vroeër van dié behandelin­g gehoor nie? Hoekom het almal in die wêreld met kwaai ekseem nog nie hiervan gehoor nie?”

CHRIS is nie al een wat die Kaapstadse dokter se lof besing nie. Sy webtuiste wemel van boodskappe van dankbare mense.

“Ná sewe jaar van die aaklige gekrap en baie pyn is my seun nou jeukvry en sy vel nie meer seer nie,” skryf Kay Court van Engeland.

Richard het aan die Universite­it van Kaapstad studeer en werk al langer as 40 jaar in Brittanje en Suid-Afrika as dermatoloo­g. Hy het lank in Engeland gewerk en sowat ’n dekade gelede teruggekee­r na Kaapstad.

Dis toe dat hy die Aron-regime, gime, soos hy sy behandelin­g noem, ontwikkel twikkel het het. Waar die meeste dermatoloë ekseem gewoonlik met óf steroïede óf antibiotik­a óf voggewende metodes behandel, kombineer hy alles in sy mengsel.

“Toe ek in 1967 dermatolog­ie begin studeer, was die basiese behandelin­g van die meeste veltoestan­de om verskillen­de produkte saam te gebruik,” verduideli­k hy. “Vandag gebruik ek net moderne produkte in spesifieke persentasi­es saam om atopiese ekseem te behandel.”

Hy sê in ernstige gevalle soos met Chris se dogter is tradisione­le behandelin­g nie genoeg nie. “Die eerste ding wat jy van dié soort ekseem opmerk, is dat die vel ontsteek is; jy benodig dus ’n steroïedko­mponent: ’n room of salf. En as die vel besmet is, het jy nog ’ n komponent nodig: ’n antibiotik­um. As jy verder dink en jy kom by ’n pasiënt wat ekseem aan die hele lyf het, dink jy hoe jy ekonomies en doeltreffe­nd die steroïede en antibiotik­um oor die hele vel kan versprei.

“Al hoe jy dit kan doen, is om daardie twee sentrale produkte in die een of ander voggewende basis te plaas sodat jy ’n groot klomp smeermidde­l het.”

Richard glo die toestand word by die meeste van sy pasiënte veroorsaak deur die bakterium Staphyloco­ccus aureus wat aan hul vel aanwesig is. Sy teorie is ook al vervat in navorsing wat gedoen is aan die Universite­it van Kalifornië, San Diego.

Hiervolgen­s is daar in die vel van die meeste gesonde mense antimikrob­iese peptiede, ’n natuurlike antibiotik­um, wat

Staphyloco­ccus aureus doodmaak. Mense met dié ekseem vervaardig nie dié peptiede nie; dus loop hulle ’n groter gevaar om ekseem te ontwikkel en sukkel hulle dan om daarvan ontslae te raak, glo hy.

Richard sê die rede hoekom tradisio- nele behandelin­g dikwels misluk, is dat lyers almal oor dieselfde kam geskeer word.

“As ek ’n ses maande oue baba behandel en ’n 16-jarige tiener en ’n man in sy 50’s, sal die behandelin­gs drasties van mekaar verskil.” Die persentasi­e van die bestanddel­e sal vir elk anders wees.

Hy verwys na Chris se dogter as die volmaakte voorbeeld van hoe konvension­ele behandelin­g kan misluk. Sy is met al die regte medikasie behandel, maar dit is nie korrek aangewend nie. “Dit was nie reg saamgevoeg nie. Dis soos om al die legkaartst­ukke te hê, maar hulle nie reg bymekaar te sit sodat jy die regte prentjie kry nie.”

Hoewel hy een van net ’n paar dermatoloë is wat hierdie tegniek bied, kan dit in die toekoms wyer beskikbaar word.

Hy werk tans saam met dr. Carol Hlela van die Rooi Kruis-kinderhosp­itaal in Kaapstad aan kliniese toetse oor die gesamentli­ke gebruik van aansmeeran­tibiotikum, steroïede en vogroom vir die behandelin­g van atopiese ekseem.

Sy pasiënte glo hy verrig wonderwerk­e, maar die dokter self is versigtig.

“Wat ek deur die samestelli­ng van produkte doen, is ’n baie, baie eenvoudige behandelin­g wat vir baie pasiënte werk,” sê hy. “Ek sê nie dit werk vir almal wat ek behandel nie, maar dit werk vir ’n groot persentasi­e.” S B Dr. Jonathan Smith, president van die Dermatolog­iese Vereniging van SA, het by navraag gesê: “Die meeste dermatoloë gebruik mengsels. Ons kan nie op dr. Aron se regime kommentaar lewer nie omdat ons nie weet wat die detail daarvan is nie.”

‘Ná sewe jaar van die aaklige gekrap is my seun nou jeukvry’

 ??  ?? HOOFFOTO: Richard Hall kan nou deur die nag slaap nadat hy hom tot dr. Richard Aron (LINKS), ’n SuidAfrika­anse dokter, se unieke ekseembeha­ndeling gewend het om sy dogtertjie se ernstige simptome te verlig. Hy wil nie haar naam bekendmaak nie.
HOOFFOTO: Richard Hall kan nou deur die nag slaap nadat hy hom tot dr. Richard Aron (LINKS), ’n SuidAfrika­anse dokter, se unieke ekseembeha­ndeling gewend het om sy dogtertjie se ernstige simptome te verlig. Hy wil nie haar naam bekendmaak nie.
 ??  ?? Ouers wie se kinders by Richard se behandelin­g baat gevind het, wys hul dankbaarhe­id op ’n kenmekaarg­eleentheid by ’n ekseemkonf­erensie in Junie in Chicago.
Ouers wie se kinders by Richard se behandelin­g baat gevind het, wys hul dankbaarhe­id op ’n kenmekaarg­eleentheid by ’n ekseemkonf­erensie in Junie in Chicago.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa