Huisgenoot

Gesigoorpl­anting ná vrou haar skiet

TToe KatieK ti h haarselflf d deur didie kken skiet, is sy erg vermink, maar ná ’n geskiedkun­dige gesigoorpl­anting wil sy voluit leef

- Saamgestel deur SANDY COOK BRONNE: NATIONALGE­OGRAPHIC.COM, NEWSROOM.CLEVELANDC­LINIC.ORG, CNN.COM, STANDARD.CO.UK

DRIE foto’s. Drie gesigte. Die eerste is pragtig: ’n tiener met donkerbrui­n hare, blink oë en ’ n lieflike glimlag.

Die tweede is moeilik om na te kyk. Waar die neus moet wees, is net ’n stuk vel. Die linkeroog kyk teen ’n hoek ondertoe, en die mond en ken lyk asof dit agterna vasgewerk is.

Die derde foto is van ’n ouer vrou met ’n ronde gesig en ’n hartseer uitdrukkin­g. Die oë, neus en mond is op die regte plek, maar die gesig lyk glad nie soos die een op die eerste foto nie. Tog is dit drie foto’s van dieselfde mens – ’n jong vrou wat so wanhopig geraak het dat sy ’n koeël deur haar ken geskiet het.

Dis ongeloofli­k dat Katie Stubblefie­ld (nou 21) die skoot hoegenaamd oorleef het. Dit het haar neus, mond, kake en ’n deel van haar voorkop afgeruk en haar byna blind gelaat.

Katie is nou vasbeslote om die lewe voluit te leef nadat sy ’n kosbare tweede kans – en ’n nuwe gesig – gekry het.

Die jong vrou van Missouri in Amerika is die wêreld se jongste ontvanger van ’n gesigoorpl­anting. Dit het plaasgevin­d in ’n operasie van 31 uur in Ohio.

Haar reis van wanhoop na hoop het pas verskyn in die jongste uitgawe van die tydskrif National Geographic.

Die artikel, The Story of a Face, vertel ook die verhaal van Katie en haar gesin se moeilike reis. ’n Groepie fotograwe het die afgelope twee en ’n half jaar foto’s van hulle geneem tydens haar moeisame pad na herstel. Die foto’s wys die liefde van haar familie en vriende, en ook die vaar

digheid van haar mediese span.

Dis byna ondraaglik om na van die foto’s te kyk, maar Katie het toestemmin­g gegee dat dit gepublisee­r word. “Ek wil hê mense moet weet hoe ongeloofli­k dié prosedure is en hoe fantasties die lewe is,” het sy gesê.

“Die punt is, ek wil mense help.”

KATIE het in Lakeland, Florida, grootgewor­d en was aanvanklik net nog ’n vrolike meisiekind met ’n aansteekli­ke humorsin.

Maar toe sy ’n tiener word, het haar ouers, Alesia en Robb, haar sien verander. Sy het ál meer druk op haarself geplaas om in die klaskamer en op die sportveld uit te blink. Toe sy 16 was, het die gesin na Kentucky verhuis en ’n jaar later na Oxford, Mississipp­i.

Katie was ingeskryf by ’n Christelik­e skool waar haar ouers onderwyser­s was. Sy het verlief geraak op ’n skoolmaat wat haar mooi bygestaan het toe sy gesondheid­sprobleme ondervind het.

Haar blindederm is in 2014 uitgehaal en weens spysverter­ingsproble­me moes haar galblaas ook later verwyder word.

Toe kom twee vreeslike terugslae. In Maart 2014 het albei haar ouers hul werk verloor, en later in dieselfde maand het Katie afgekom op boodskappe op haar kêrel se foon wat ’n ander meisie gestuur het. Toe sy hom hieroor konfrontee­r, het hy hul verhouding verbreek.

Sy het na haar ouer broer, Robert, se huis daar naby gegaan, sy .308-kaliberjag­geweer in die hande gekry en badkamer toe gestap. Sy het die loop onder haar ken gedruk en die sneller getrek.

Robert het aan National Geographic vertel hy het die skoot gehoor, badkamer toe gehardloop en sy kleinsus op die vloer sien lê. Dit was net bloed, been en hare. “Haar gesig was weg,” sê hy.

Katie is na ’ n hospitaal in Oxford gehaas en oorgeplaas na ’n hospitaal in Memphis, Tennessee. Daar het dokters ’n opening in haar lugpyp gemaak sodat sy daardeur kon asemhaal. Hulle het die oorblyfsel­s van haar kaak en wangbene gestabilis­eer, haar ooglede toegewerk sodat die korneas kon gesond word en ’n geskeurde breinmembr­aan toegewerk.

In die twee weke daarna moes haar skedel oopgemaak word om die bloeding op haar brein te verlig, en veloorplan­tings is op haar gapende wonde gedoen.

Maar haar lyf het die oorgeplant­e vel verwerp en sy is oorgeplaas na die Cleveland-kliniek, ’n spesialis- akademiese hospitaal. In die volgende twee jaar het die een operasie op die ander gevolg, maar sy is eindelik teen einde 2015 stabiel verklaar. In Maart 2016 is haar naam op die lys vir ’n gesigoorpl­anting geplaas.

Maar daar moes nog baie gebeur voor ’n oorplantin­g gedoen kon word.

Katie se oë was skeef en ver uitmekaar. Die dokters het metaalskyf­ies alkant van haar wange vasgeheg en dit met twee metaalstaf­ies aan mekaar geheg. Twee maande lank is dit daagliks verstel terwyl die bene van haar gesig nader aan mekaar gegroei het.

Teen die tyd dat sy eindelik reg was vir die oorplantin­g, het sy al 22 operasies ondergaan om haar gesig te herbou.

In Mei 2017 is ’n skenker gekry: Adrea Schneider, ’ n ma van een, wat op 31 weens ’n dwelmoordo­sis dood is.

Omdat Katie ná die oorplantin­g van haar skenker se gesig drasties anders as haar ou self sou lyk, het sy berading ontvang om haar daarop voor te berei.

Op 4 Mei 2017 was alles gereed.

DIE operasie was ’ n reuseonder­neming. Die dokters moes haar kopvel, neus, ’n deel van haar wange, haar bokaak, die helfte van haar onderkaak, haar voorkop, ooglede, oogkasse, spiere, vel en die meeste van haar gesigsenuw­ees vervang.

Die bloedvate van Adrea se gesig moes met Katie se gesig verbind word sodat bloed na die nuwe gesig kon vloei.

Elf chirurge en 15 spesialist­e, onder meer in die veld van tand- en oogheelkun­de, was by die operasie betrokke. Dit het 31 uur geduur.

Volgens dr. Brian Gastman, ’n chirurg van die Cleveland-kliniek, het die dokters voor die oorplantin­g 3D-drukwerk ingespan om Katie se onderkaak te herbou. Skandering­s van Katie se ouer suster, Olivia McCay, se gesig is gebruik om ’n vorm te druk vir die rekonstruk­sie.

Die operasie was ’n sukses. “Sy het ’n kans om weer haar plek in die samelewing in te neem,” sê Brian. “Die operasie kan haar haar selfvertro­ue teruggee.”

Katie, die 40ste mens ter wêreld wat ’n gesigoorpl­anting ondergaan het, is op 1 Augustus verlede jaar ontslaan.

Dis nou ’n jaar later en sy leer weer loop en praat en ook om braille te lees.

“Ek het ’n tweede kans op die lewe gekry,” vertel sy aan National Geographic.

Sy wil graag as ’n berader kwalifisee­r. Sowat 800 000 mense wêreldwyd probeer elke jaar hul eie lewe neem – een mens elke 40 sekondes, volgens die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie. Dis nou Katie se roeping om dit te help verander.

Haar fisieke stryd sal nooit verby wees nie. Sy moet nog operasies ondergaan en sal die res van haar lewe medikasie moet neem. Tog het die wanhoop van destyds plek gemaak vir nuwe hoop. “Wat ook al in jou lewe aangaan, jy kan anderkant uitkom,” sê Katie. “Die

lewe is ’n wonderlike gawe.”

 ??  ?? BO: Katie Stubblefie­ld wou haar eie lewe neem, maar haar storie is nou een van inspirasie en hoop nadat sy die wêreld se jongste ontvanger van ’n gesigoorpl­anting geword het. ONDER: Twintig dae ná die oorplantin­g het Katie ’n wandeling geneem saam met die fisioterap­eut Becky Vano (links) en ’n student, Nicole Bliss. Voor die oorplantin­g moes sy weer leer loop om haar beenspiere te versterk en die krampe te oorkom wat haar breinbeser­ing veroorsaak het. SO HET SY GELYK VOOR OORPLANTIN­G NÁ OORPLANTIN­G
BO: Katie Stubblefie­ld wou haar eie lewe neem, maar haar storie is nou een van inspirasie en hoop nadat sy die wêreld se jongste ontvanger van ’n gesigoorpl­anting geword het. ONDER: Twintig dae ná die oorplantin­g het Katie ’n wandeling geneem saam met die fisioterap­eut Becky Vano (links) en ’n student, Nicole Bliss. Voor die oorplantin­g moes sy weer leer loop om haar beenspiere te versterk en die krampe te oorkom wat haar breinbeser­ing veroorsaak het. SO HET SY GELYK VOOR OORPLANTIN­G NÁ OORPLANTIN­G
 ??  ?? DIE SKENKER Adrea Schneider was ’n orgaansken­ker en het sewe mense se lewe gered of verander met verskeie liggaamsde­le. Katie was een van hulle.
DIE SKENKER Adrea Schneider was ’n orgaansken­ker en het sewe mense se lewe gered of verander met verskeie liggaamsde­le. Katie was een van hulle.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: ’n Magdom spesialist­e was betrokke by die marathonop­erasie. Op die voorgrond is drukstukke van haar skedel. NAASLINKS: Die Septemberu­itgawe van National Geographic, wat op Katie se merkwaardi­ge reis fokus. REGS: Katie by haar ouers, Robb en Alesia.
LINKS: ’n Magdom spesialist­e was betrokke by die marathonop­erasie. Op die voorgrond is drukstukke van haar skedel. NAASLINKS: Die Septemberu­itgawe van National Geographic, wat op Katie se merkwaardi­ge reis fokus. REGS: Katie by haar ouers, Robb en Alesia.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa